BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 210

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Innerlike stem - Gedagte - Daad

2020 Dit waarteen die mees innerlike van die mens hom verweer, wanneer die wil om God te dien hom daartoe bring om te dink en te handel, stem nie altyd ooreen met die wil van God nie. Die mens word blootgestel aan die mees veelsoortige pogings vanaf die kant van die teenstander. Hy gebruik elke swakheid van wil om die mens skade te berokken. Maar `n mens wat God toegedaan is, sal ook die fynste opwelling voel wat teen Sy wil gerig is. En daarom sal dit, wat vir die mens in die diepste van sy hart positief is, altyd korrek wees, en dit wat hom onbehae inboesem en wat daarteenoor staan, verkeerd. Selfs dit wat dienstig is vir die welbehae van die liggaam, sal `n sagte onrus in hom wakkermaak, vir sover dit nie met die goddelike wil strook nie, maar met die wil van die teenstander. En daarom moet die mens agslaan op die sagte stem in sy hart en steeds daarna luister. Elke handeling het sy oorsprong in die gedagtes. En `n gedagte is die inwerking van goeie of slegte kragte op die mens. Die gedagte is `n geestelike toevloei van die mag aan wie die mens hom oorgee. En uit die gedagte volg, met gebruikmaking van die krag uit God, die daad.

Word die korrekte gedagte aan die mens oorgedra, d.w.s. neem hy dit in ontvangs wat deur goeie wesens oorgedra word, dan kan die mens nie anders as om hierdie gedagtes te laat realiseer nie, deurdat hy die krag wat in hom aanwesig is, sal gebruik en sy wil aktief maak. Hoe minder weerstand goeie geestelike kragte by die mens ondervind, des te vlytiger raak die mens in sy werke en des te meer gedagtes sal hy benut. En dit is onvermoeide werk, dit is om onophoudelik besig te wees. En wanneer die mens hierdie goeie gedagtes op hom laat inwerk, luister hy na die goeie geestelike wesens, en dan kan hy ook maar net goeie dade verrig.

Maar gewetenlose mense neem ook dit aan wat deur bose kragte oorgedra word. En hulle laat hul wil dan ook aktief word, deurdat hulle bose dade pleeg. Maar hulle word nie daarin gehinder nie en as hulle nie luister na die innerlike stem nie, dan sal elke poging van die goeie wesens ook tevergeefs wees. Hulle invloed sal minimaal wees en gevolglik trek hulle hulleself solank van hierdie mens terug, totdat die mens uit eie beweging weer vir God soek en Hy Hom ook deur hom laat vind. Indien die mens se strewe na voltooiing groot is, dan sal hy ook die innerlike stem herken wat hom korrek sal aanmaan en bespeur hy dan ook wat hy moet verwerp, want God gee die korrekte insig aan die mens wat op Hom aanstuur. En hy hoef slegs ag te slaan op die mees innerlike stem in homself, want hy sal reg gewys word, vir nou en vir altyd. Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205