BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 360

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Beliggaming van die ligwesens - Missie

2881 In die tydsbestek van `n ontwikkelingsperiode word die menslike siel slegs eenmaal beliggaam, tensy sy `n tweede lewenswandel op aarde uit vrye wil op haarself wil neem, met die doel om `n missie te vervul.

`n Herbeliggaming is dus slegs moontlik na afloop van `n ontwikkelingsperiode, as dit nodig is om die wesens, wat nog ver van God af staan en wat op aarde gefaal het, tog nog in die nabyheid van God te bring. Maar so `n herbeliggaming is sekerlik nie in ooreenstemming met die wil van die wese nie. Inteendeel, dit sou gevoel word as `n toestand van dwang, waarin die mens uit vrye wil nooit sou toestem nie. Die hernude beliggaming as mens vereis dan ook die gang deur al die skeppingswerke, wat `n ondenkbare foltering is.

Maar as `n ligwese bereid is om op aarde vir die geestelike ontwikkeling van die mense `n noodsaaklike taak te vervul, dan kan hy homself weer op aarde beliggaam en daardeur ook `n nog hoër graad van volmaaktheid bereik, dan val die gang deur die werke van die skepping weg en die siel inkarneer haarself dus van bo in `n vleeslike liggaam, om nou onder dieselfde voorwaardes as `n mens heeltemal volwasse te word, tot op die graad, wat dan die uitvoering van die sy gestelde taak moontlik maak. Sulke siele word ter beskikking gestel aan siele wat hulself in geestelike nood bevind, hetsy as leiers op aarde, hetsy as mense wat kennis oor God besit en die mense daardeur bystaan met hul geestelike ontwikkeling.

Hoe groter die geestelike nood, des te meer ligwesens beliggaam hulleself om te help. Hulle het egter nie meer die weg oor die aarde nodig om hul eers te omvorm tot ligwesens nie, maar hulle siele is ligsiele, maar sonder om op hoogte te wees van hul geestelike toestand en daarom ook vervul met die strewe na bo, omdat dit vir hul medemens van groot waarde is dat die weg wat omhoog lei, aangewys word. Van `n reïnkarnasie, met die doel om hulself te vervolmaak, kan dus nie gepraat word nie en daarom is die opvatting foutief, naamlik dat `n siel haarself na willekeur kan beliggaam, met die doel om verder te ontwikkel. Want slegs `n volmaakte siel, `n ligwese, neem vrywillig die materiële omhulsel aan, omdat sy liefde geword het en die liefde vir die gebonde wesens haar beweeg om terug te keer na `n kerker wat sy lankal al ontvlug het. Maar `n siel, wat nog ryp moet word, sou haar daarteen verset het om na die aarde terug te keer, omdat sy haarself ontruk voel van die las van die aardse bestaan, sodra sy al die insig het en ook weet van die geleenthede om haarself positief te ontwikkel in die geesteryk, sodat sy dit verreweg bo `n herhaalde lewe op aarde sal verkies.

Die ontwikkelingsmoontlikhede in die geesteryk word egter aangepas by die toestand van volwassenheid van elke siel. Hoe gewilliger die siel is, hoe meer sy daarna streef om positief te ontwikkel, des te werksamer is sy ook en des te meer vergeestelik sy. Sy het geen materiële skeppings meer nodig nie, en skep dit self deur haar begeertes, al is dit ook maar in haar verbeelding. Sy skei haarself steeds meer daarvan af en ook aardse begeertes raak dan meer en meer op die agtergrond. Dienooreenkomstig leef sy nou in `n geestesfeer, in `n omgewing wat maar net `n geestelike skepping genoem kan word. Elke moontlikheid om haarself positief te ontwikkel word haar aangebied en sy het waarlik nie weer `n verblyf op die aarde nodig nie en verlang ook nie daarna nie, omdat sy die aardse lewe as `n oorwonne stadium van haar ontwikkeling beskou, ongeag die feit of sy volwassenheid bereik het, maar wat wel vir die siel moontlik was om te bereik. Maar dit was vir haar `n gebonde toestand, waaruit sy nou bevry voel en waarna sy nooit meer sal streef nie. Maar dit is anders by `n nog heeltemal materiële siel, wat sonder hierdie insig van die liggaam skei en wat nog met al haar sinne aan die aarde gebind is.

Hierdie siele verlang wel terug na die aarde, maar nooit om geestelik volwasse te word nie, eerder om dit slegs suiwer liggaamlik te kan geniet, omdat die liefde vir die materiële wêreld en vir haar eie ek die siel vervul en haar verlange na die aarde steeds groter laat word. Maar hierdie siel moet die liefde vir die materie oorwin en sy moet dit doen in die hiernamaals, omdat sy dit op aarde versuim het. Deur haar begeertes skep sy vir haarself `n aardse wêreld in die geesteryk, sy sien en besit alles wat sy begeer, maar nie in werklikheid nie, slegs in haar fantasie, en wel vir so lank, totdat sy tot die insig gekom het dat sy slegs skyngoedere najaag en haar begeerte daarna oorkom. Dan eers verander haar omgewing en dan eers begin sy met haar taak in die geesteryk, wat aan haar `n positiewe ontwikkeling waarborg. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205