BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 463

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die verdere verloop van die nood- Oorde van vrede

3423 Die mense gee hulself oor aan valse hoop, indien hulle ’n verbetering gedurende die komende tyd verwag, want dit sal slegs vir weinig mense draaglik wees. Slegs die mense wat met My verbonde is deur gebed en werke van liefde, sal minder belas wees. Die ander sal daarenteen `n tyd moet deurmaak van losmaking, asook die swaarste stryd om te bestaan, om hulle sodoende op die laaste beproewing van hulle aardse lewe voor te berei, op die stryd teen die geloof.

Nood en droefenis vooraf moet maak dat hulle na My sal roep, sodat hulle My sal leer ken, sodat hulle My dan getrou sal bly en toetree tot die skare van My vegters. Sodra hulle met My verbind is, sal die nood en droefenis verlig word. Op grond van hulle geloof sal hulle alle swakhede kan oorwin en Ek sal hulle verligting gee, wanneer hulle die ellende ter wille van hul medemens sal moet verduur.

En daarom kan daar te midde van die grootste nood ook `n stil eiland van vrede wees. Te midde van menslike duiwels kan daar ook mense lewe wat met God verbind is, waaraan niks deur eersgenoemde gedoen kan word nie, want `n digte muur van beskerming, wat deur goeie geestelike wesens gevorm word, omgewe hulle. En daar sal dus oral oorde wees waar My Liefde en Genade sal heers, in teenstelling met die plekke waar My teenstander sal huishou en waar daar geen vrede en rus kan wees nie. Maar Ek sal Self die oorde van vrede vorm, omdat Ek Myne ken en te alle tye vir hulle die lewe draaglik sal maak.

En hierdie oorde moet ook deur die medemense herken word as oorde van vrede, omdat EK wil hê dat hulle wat in die nood verkeer, daarheen sal vlug om woorde van troos en versterking te ontvang van diegene wat self in vrede lewe en wat die Woord nou ook kan uitdeel, deurdat hulle My Woord sal oordra, deurdat hulle die geloof sal wek in My Wysheid, Liefde en Almag. Want hierdie geloof sal die kenmerk van die oorde van vrede wees. Dit sal egter baie min onder die mensdom voorkom en daarom sal daar ook maar selde `n toevlugsoord van vrede ontstaan, want die mensdom herken My nie meer nie en hulle is ver van My verwyder. En waar Ek Self nie kan vertoef nie, daar is geen vrede, geen geluk en geen lig nie.

En die wêreld sal haarself verder in duisternis en aardse nood bevind, ten spyte van die beëindiging van `n stryd fase, wat bitter lyding oor die mense gebring het. Want hulle sal self nie van voornemens wees om onderrig aan te neem van hulle, wat in hul verbondenheid met My, voortdurend wysheid opgedoen het nie. En daarom sal die tyd van nood nie so vinnig beëindig kan word nie, ofskoon die aardse stryd sy einde sal tegemoetgaan. Want slegs hy wat op My aanstuur, kan Ek beloon en aan hom `n makliker lewe besorg. Maar vir die grootste deel van die mensdom sal die lewe op aarde verder `n moeilike stryd bly, totdat hulle hul volgens My Wil sal skik en My Wil hulle s’n maak. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205