BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 175

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Voortekens van die wêreldkatastrofe

1795 Voor elke wêreldkatastrofe is daar tekens wat dit voorafgaan, sodat die mensdom die nadering daarvan kan herken, want God het alles vir almal tydig verkondig deur Sy woord. En wanneer julle sal ag slaan op Sy aankondigings, sal julle weet dat die tyd nou gekom het en dat julle julleself moet voorberei, sodat julle nie die volledige ondergang tegemoetgaan nie. Alles wat God doen en ook nou oor die aarde laat kom, hang van die menslike wil af, d.w.s., die menslike wil bring weliswaar nie die katastrofe teweeg nie, maar gee deur sy totale verkeerdheid aanleiding daartoe. Die menslike wil word sodanig misbruik dat `n wêreldkatastrofe die onafwendbare gevolg daarvan moet wees, want hierdie verkeerd gerigte wil kan net nog deur iets buitengewoon, - in `n sekere sin iets onnatuurlik -, in die regte baan gebring word.

Hoe meer die menslike gedagte die verkeerde rigting inslaan, des te dringender is die goddelike ingryping nodig, want kosbare aardse tyd gaan verby sonder om die noodsaaklike hoër volmaaktheid aan die wesens te bring. Die misbruikte wil kan egter nooit `n hoër ontwikkeling begunstig nie, maar kan dit slegs verhinder.

Die gebeurtenisse van die tyd, die steeds toenemende liefdeloosheid, die antichristelike strewes en die uitverkose verkondigers van Sy woord, behoort julle te vermaan dat die tyd gekom het waaroor Jesus op aarde gespreek het. En daarom moet julle ywerig wees en aan die heil van julle siele dink, al lyk dit vir julle nog so ongelooflik dat `n natuurkatastrofe oor die aarde sal uitbreek. Weet dat geen ding by God onmoontlik is nie en alles kan gebeur wanneer God dit wil en dat God se wil gebaseer is op die gedrag van die mensdom, deur die verkeerde houding teenoor Hom. Die mense is op die aarde geplaas vir `n bepaalde doel, maar as hulle nie in ooreenstemming met daardie doel wil lewe nie, laat hulle `n goddelike barmhartigheidsgawe verbygaan en God waarsku nou nog eenmaal met onverbiddelike woorde wat niemand sal kan ignoreer nie. Die menslike wil is dus aanleidend tot `n vernietigingswerk van onvoorstelbare omvang en toe Jesus dit voorspel het, het Hy alreeds die verkeerde wil van die mense voorsien. Maar Sy bedoeling is om die misleide mensdom terug te wen en Hy wend daarom die laaste moontlike middel aan wat skynbaar `n daad van onbeskryflike wreedheid is, maar wat tog net die goddelike liefde en barmhartigheid as beweegrede sal hê, want talryke mense sal nog daardeur tot insig kom en hulle sal dan gered wees vir alle ewigheid. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205