BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 417

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Wedergeboorte, Gees - Genade

3266 Die begenadiging van die geestelike wedergeboorte is `n bewys dat die vrye wil reg gebruik is, want die goddelike wil bewerkstellig nie hierdie wedergeboorte nie, anders sou geen mens in die duisternis van gees gebly het nie, omdat God elkeen van Sy skepsels liefhet en hierdie Liefde nooit afkoel nie. Die geestelike wedergeboorte is egter `n teken van vooruitgang. Dit is `n stap omhoog na volmaaktheid en kan slegs in vrye wil bereik word.

Tog is die geestelike wedergeboorte `n daad van genade. Dit wil sê, die goddelike genade het dit teweeggebring, want sonder genade is die mens nie in staat om ook maar `n tree verder te kom op die pad na volmaaktheid nie. Dus het die vrye wil die goddelike genade wat die mens ter beskikking staan, op die korrekte wyse benut. Hy het dit op homself laat inwerk. Die vrye wil het dit begeer en in ontvangs geneem en die uitwerking van die goddelike genade is die geestelike wedergeboorte.

Slegs diegene wat sy wil bewustelik op God gerig het, kan dus wedergebore in die Gees wees, wat op Hom afgestuur het en met Hom in verbinding getree het deur innige gebed en wat hom daarom oopgemaak het vir die ontvangs van Sy genadegawe, van Sy Woord en met die krag van Sy Woord. En gevolglik is die opwekking van die gees in die mens `n begenadiging, `n sigbaar word van die goddelike Liefde, wat Haar nou aan die mens deur sy gees openbaar. Sonder die wil van die mens kom die opwekking van die gees nie tot stand nie, tensy die siel gebind word deur `n sterk mag van die Satan wat hom teen sy wil beheer.

Dan kan God die mag van Satan breek en die gees in die mens bevry sonder sy bewustelike toedoen, omdat hy in sy besete toestand van sy vrye wil beroof is. Tog het die siel dan al `n sekere volwassenheid bereik en is nie meer teen God wederstrewig nie. Sodra hierdie mens dus weer oor sy wil kan beskik, wend hy hom ook na God. Dan word die genade van God nog duideliker, omdat tesame met die opwekking van die gees, `n siektegenesing verbonde was wat steeds as barmhartigheidsgeskenk van God gesien moet word. Maar wanneer die geestelike wedergeboorte plaasgevind het, dan moet die wil van die mens voortdurend aktief bly. Die mens moet voortdurend om die toevoer van genade vra. Hy moet homself voortdurend vir hierdie genade oopstel en dit benut. Want die opwek van die gees beteken eintlik `n voortdurende ontvangs van dit wat die Liefde van God die mens laat toekom om volmaaktheid te bereik. En dit alles is genade, maar kan eers deur die mens in ontvangs geneem word wanneer hy hom in volledige vrye wil daarvoor oopstel.

Die vrye wil vra om genade, die vrye wil neem dit in ontvangs, die genade wek die gees tot lewe en die doeltreffendheid van die gees is weer die oordrag van genadegawes. Want al die goddelike, as dit vir die mens toeganklik gemaak word, is genade, omdat die mens in sy lae toestand van volmaaktheid nie waardig is om met goddelike gawes in aanraking te kom nie. Maar die Liefde van God skenk geen aandag aan die onwaardigheid van die mens nie en verleen aan hom goddelike gawes, sodra die mens gewillig raak om dit aan te neem.

Die wil word deur gebed en deur werke van liefde getoon. Want die laaste is die direkte verbinding met God wat aan die mens versterkte genade oplewer. As die mens geestelik wedergebore is, dan het die genade van God by hom werksaam geword en dan bly die mens ook in Sy genade. Want die Gees stuur en lei hom nou en spoor hom voortdurend aan om werksaam te wees in liefde, met die gevolg dat die genade van God hom voortdurend toestroom. En daarom kan iemand wat geestelik wedergebore is, nie meer val nie. Hy kan homself nie meer van God verwyder nie, omdat die goddelike genade dit verhinder, naamlik die Liefde van God wat die mens vashou en voortdurend voorsorg.

Die mens verdien waarlik nie die oordaad van genade wat hom ter beskikking staan nie. Want hy is, solank as wat hy op aarde vertoef, nie so goed en volmaak dat hy met reg aanspraak sou kan maak op die genade nie. Maar hy kan wanneer hy die genade benut. Want dit is die hulpmiddel wat die mens ter beskikking staan om volmaak te word. Alles wat daartoe bydra om die mens positief te ontwikkel, kan genade genoem word.

En so is leed ook `n genade, wat as dit reg gebruik word, oneindig baie seën kan bring en die siel verseker van geestelike vooruitgang. Ook die mens wie se gees tot lewe gewek is, wat dus geestelik wedergebore is, moet leed op homself neem. Want die leed moet hom heeltemal volwasse laat word en moet hom louter, omdat geen siel - ook nie van die geestelike wedergeborene nie - al so helder en rein is dat hy geen louteringsproses meer nodig sou hê nie. En daarom word leed ook as genade beskou, soos alles wat ook die geestelike opgewekte help om homself positief te ontwikkel. Want die doel van die een wat geestelik wedergebore is, moet wees om die grootste moontlike volmaaktheid op aarde te verkry.

Maar hierdie doel kan hy nie sonder die genade van God bereik nie. Maar met Sy genade is hy tot alles in staat. Maar God laat dit aan hom oor hoeveel genade hy wil hê, welke mate van genade hy vra en wil ontvang deur homself daarvoor oop te stel. Maar die geestelike wedergeborene sal nie in die gebed verslap om toesending van genade nie. En daarom sal hy voortdurend op God aanstuur en deur Sy Liefde vasgehou word, wat hom nou nooit as te nimmer meer sal laat val nie, maar wat sy siel onophoudelik sal help om opwaarts te gaan. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205