BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 377

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

God se ingryping - Einde van die stryd

3143 Hoe meer die wêreld verstrik raak in dwaling, des te meer verwyder hulle hulself van God en des te liefdeloser is die werke en denke van die mense wat gerig is op die wêreld. En die vergrote liefdeloosheid spoor die mense ook aan tot dade, wat alles oortref wat voorheen gebeur het. En so bring die mense self die ingryping van God na hulle toe. Die mense sien nie meer die onreg in van dit wat hulle doen nie. Die wêreldgebeure gaan in so `n rigting dat daar aards geen redding meer te vinde is nie. Die denke van die mense is verkeerd en staan heeltemal buite die waarheid. Die goeie word vervolg, die bose geër en so word die goddelike ordening omvergegooi, wat `n totale verval tot gevolg moet hê. En so kom die dag steeds nader wat `n einde aan die chaos sal maak, want die toestand van die mensdom is so rampsalig, dat God `n einde daaraan moet bring.

En hierdie einde is naby. Die einde van die woede van die mense teen mekaar, die einde van die stryd tussen nasies, wat nooit die goedkeuring van God kon kry nie, omdat dit `n stryd om mag is, waaraan geen edele motiewe ten grondslag lê nie. Haat en liefdeloosheid van die mense het dit teweeggebring, maar hulle het niks geleer in hierdie stryd nie. Hulle het liefdeloser as ooit geword en hulle haat het gegroei en bring skanddade tot stand, wat nie meer kan vererger nie.

En God sal `n einde maak aan hierdie doen en late op `n wyse dat Hy daardeur herken sal word. Hy sal `n ontsettende verdrukking oor die mense laat kom, wat hulle nie sal kan afwend nie. Hy sal hulle verskrik en hulle sal hul eie magteloosheid voel, omdat die elemente van die natuur hulself van hul kettings sal bevry, en die mense sal magteloos daaraan oorgelewer wees.

En hierdie dag sal nie lank meer op hom laat wag nie. Dit sal so skielik en onverwags kom, dat dit `n skielike verskrikking teweeg sal bring. Dit sal slegs ure neem en tog sal dit van so `n ingrypende betekenis wees, dat alles daarna sal verander en die rampspoed sal eers mettertyd tot die mense deurdring, wanneer hulle die goddelike ingryping in sy totale omvang besef.

Want God wil Homself aan die mense openbaar deur Sy ingryping. Hy wil hulle laat sien dat Hy self die einde sal bewerkstellig, en dat die mens niks daaraan kan doen nie, omdat hulle mekaar eerder wil doodmaak as om dit te wil erken en daardeur die onuitspreeklike nood beëindig.

En daarom sal die einde anders wees as wat die mense hulself voorstel. God sal Sy Mag bewys en die wapens uit die hande van die aardse maghebbers wring. Hy sal besluit en die verloop van die stryd tussen nasies sal daardie mense ontnugter, wat deur geweld dit wou bereik wat hulle nie toegelaat was nie en sal daarom hul magteloosheid herken.

Want dit is God wat uiteindelik die wêreldgebeure bepaal, selfs wanneer die menslike wil dink dat hy dit stuur. En God se Wysheid sien ook die mees doeltreffende middel vir die mense en Hy gebruik dit om die chaos te beheer, wat die gevolg is van die liefdeloosheid wat derhalwe na hul ondergang gelei het, as God dit nie sou beëindig het nie.

En die tyd van oorlog sal gevolg word deur `n nuwe tyd van konflik, wat egter nie oor wêreldse mag sal uitbreek nie, maar oor geestelike heerskappy sal ontbrand, want die einde is naby en hierdie geestelike stryd sal nog geveg moet word, die stryd wat gaan oor die geloof in Jesus Christus, die goddelike Verlosser en sy Leer. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205