BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 331

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Maak jou hart oop

2762 Maak jou hart wyd oop en wees bereid om My in die Woord op te neem. En laat jou wil daartoe aktief word, want slegs as jy ernstig wil dat Ek by jou vertoef, sal jy ook sterk wees om jou so te ontwikkel soos wat dit nodig is vir my teenwoordigheid by jou. My Woord getuig van My Liefde en Ek wil dat My Liefde jou gelukkig maak, dan sal jy ook vol liefde wees.

Jou hart moet vol liefde vir My klop en vurig na My verlang. Dan eers kan Ek in die Woord by jou vertoef. Ek kan dan met jou as My kind praat en jou deur My nabyheid gelukkig maak. Open daarom jou hart. Wil dat Ek nader aan jou kom. Maak jou gereed om My te ontvang en word liefde. Niks anders kan jou met My laat saamsmelt as slegs die liefde nie. Want as jy in die liefde leef, pas jy jou aan by My, die Liefde Self. Liefde moet jou hele hart vervul. In die liefde vir jou naaste moet die liefde vir My tot uitdrukking kom. Dan is Ek ook met al My Liefde by jou en sal jy vir ewig Myne wees. En dit is jou taak op aarde, dat jy jou tot liefde omvorm, dat jy jouself oefen in deemoed, sagmoedigheid, vredeliewendheid en geduld. Dat jy altyd `n voorbeeld sal neem uit My lewenswandel op aarde en My dus sal navolg deur `n lewe te lei, soos wat Ek dit gelei het, naamlik in barmhartige naasteliefde. Dit is jou taak op aarde. En daarvoor gee Ek jou die krag wanneer jy daarvoor vra en jou oopmaak vir die vloei van krag wat deur My Woord na jou sal vloei, deur My goddelike genadegawe wat ewig en altyd aan My skepsels oorgedra word, wat hulle tot liefde omvorm, deur hulle wil op My te rig en om naby My te wil wees en dit te laat blyk deur werke van liefde.

My Woord is die onoorwinlike kragstroom wat na julle mense afvloei. En wie My Woord het, wie dit in homself tot lewe wek, sal met My krag deurstroom word. En hy sal nou poog om met al sy sinne by My uit te kom. Hy sal doen wat Ek hom deur My Woord te doene sal gee. Hy sal my gebooie vervul en sy siel sal meer volwasse word. Want nou ontbreek dit haar nie aan krag nie, omdat sy dit voortdurend van My in ontvangs sal neem. En My Liefde vir jou ken geen grense nie en daarom droog die kragstroom ook nooit op nie. Daarom sal Ek ewig en altyd in die Woord na die mens kom om hulle deur die krag van My Liefde, deur die krag van My Woord, na My omhoog te trek. Want wie My Woord het, die kom My tegemoet, omdat die Liefde ook in hom is, wat `n deel van My is en wat Haarself met My wil verenig.

Open jou hart wyd en verleen toegang aan My Liefde. Berei `n woning vir My in jou, sodat EK my intrek daarin kan neem en in jou kan werk, en jy sal al op aarde gelukkig wees. My Liefde sal jou iets bied wat onvergelykbaar mooier is as wat die wêreld jou kan bied. My Liefde maak jou vry van alle gebondenheid. My Liefde skenk jou `n ewige lewe in alle krag en heerlikheid. Maar jy sal hierdie Liefde van My moet wil ontvang, omdat Ek jou nie kan beloon sonder jou wil nie, omdat Ek vrye skepsels my eiendom wil noem en nie deur dwang op jou kan inwerk ter wille van jou geluksaligheid nie.

Verlang daarom vurig na My met al jou sinne. Strewe nie na die wêreld en haar vreugdes nie, maar soek jou ware lewe, jou ware vreugde by My, wat jou oorvloedig kan beloon wanneer jy My toegang verleen tot jou hart. Laat My tot jou spreek in die Woord en aan jou krag gee. Laat My in jou woon en as voortdurende begeleier naby aan jou wees, en jy sal nooit meer die las van die aarde voel nie. Jy sal deur My op veilige paaie gelei word, die ewige Vaderland - die ryk wat Ek vir jou berei het - tegemoet. Amen.

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205