BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Dwalende siele in die eter van die uitspansel - Lig en duisternis - Die hiernamaals - Lig

203 Weereens is ons om jou vergader om aan jou die brood van die hemel te gee, om jou te versterk en die goddelike barmhartigheid met jou te deel. So gou as wat ons voel dat dit jou hartsbegeerte is om die Wysheid van God te hoor, is ons in kontak met jou en luister ons na elke roering van jou hart.

Begin dus: Kyk, daar is `n chaotiese wanorde van soekende en dwalende siele in die eter van die uitspansel, en die gevaar van eensaamheid is die ergste wat kan gebeur met hierdie siele, maar God stuur geestelike wesens na hulle wat hul bes doen om vir hierdie siele te wys dat hulle ook na volmaaktheid in die hiernamaals moet streef, en dit is waar die eerste liefdesarbeid reeds vir hierdie siele begin. Deur ten nouste met hierdie goedaardige geestelike wesens te verbind, streef hulle stadig op die weg omhoog.

God se goedheid en liefde heers oral, en in die geringste gebeure en prosesse, beide op die aarde en in die hiernamaals, is goddelike Wysheid en goddelike leiding altyd vir alle wesens verborge. Die effek op hierdie soekende siele, sodra hulle `n sprankie van die insig oor hul situasie en hul doel uitvind, is onbeskryflik. Dan streef hulle onvermoeid daarna om hoër te beweeg. Onvermoeid wy hulle hulself aan al die take wat van hulle verwag word, en op hulle beurt probeer hulle weer om die nog minder ingeligte siele te help. Dit is `n aktiwiteit van liefde vir mekaar om die hoogste doel te bereik.

As julle op aarde begin om geestelik te streef, sal julle begroet word deur die helderste lig wanneer julle die ewigheid ingaan en julle sal verstaan en weet, en julle sal die swakheid in die duisternis met al sy gevegte gespaar word. Hoe nader julle aan die Verlosser op aarde is, hoe meer stralende glans sal julle eendag omring. Dit sal julle ongelooflike bevrediging gee om te weet dat julle reeds God gedurende die stryd van die lewe gevind het, en sonder om twee keer te dink, sal julle deelneem aan die liefdeswerk in die hiernamaals en die diepste begeerte voel om altyd nuwe siele met onvermoeide liefdevolle aktiwiteit na God te lei en om hulle die weg na die lig te wys. Die lewe van `n persoon wat dit in gedagte hou terwyl hy nog op die aarde woon, sal ryklik geseën word, want elke gedagte, handeling en prestasie van hom sal vrugte dra in die ewigheid, en elke siel sal daarby baat indien sy onwrikbaar opwaarts streef na die ewige lig. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205