BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 305

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Bekoringe van die onderwêreld - Stryd

2455 Wie homself opwaarts wil ontwikkel, is ook aan besondere bekoringe van die kant van die onderwêreld blootgestel, want die stryd van die duisternis teen al die ligvolle en die wat na die lig strewe, word met volharding gevoer en verg `n taai weerstand.

En daarom moet die mens elke geestelike stryd beskou as `n bewys dat hy ook behoort aan hulle wat hulself positief wil ontwikkel en dat hierdie gevegte maar net sy wil beproef en hom ook sterker sal laat word. Geen mens wat worstel, sal sonder hulp gelaat word nie en sy siel sal deur ligwesens behoed word, wat hierdie stryd goed kan sien en steeds bereid is om hulp te bied, omdat hulle op hoogte is van die swakhede van die mens, maar wat ook deur hulle eie wil die swakhede moet kan bemeester. Ook het hulle die verlange om na waarde geskat te word vir hulle hulp, maar hulle wil egter meer gee as wat hulle van die mense ontvang, hulle verlang egter slegs opmerksaamheid om hulle kennis oor te bring wat gelukkig maak.

En andersyds dra die kennis by om hom teen die kragte van die onderwêreld te kan stel, dus as oorwinnaar tevoorskyn te kom in die stryd teen bose kragte. Want teenoor `n mens wat weet is die wapens van die bose magte sonder uitwerking, want hy besef hulle lis en kan met sukses daarteen optree. Daar bestaan egter `n gevaar as onverskilligheid homself van die mens meester maak en hy versuim om hierteen te stry en dit is juis gevaarlik, omdat die teenstander van God dadelik bereid is om die onverskilligheid van die wil van die mens in sy greep te kry en dan sal die stryd wat die mens moet voer, dan steeds moeiliker word. Want dit is die sterk kant van die mens dat hy homself dadelik oorgee aan God en Hom om beskerming vra en hy hierdie weg sal gaan deur die kennis wat hy ontvang het. Daarom het die teenstander van God slegs geringe vooruitsigte om `n siel wat na God streef, vir homself te wen, ofskoon sy (die siel) gekonfronteer word met verleidinge in die vorm van geestelike neerslagtigheid en depressie, wat steeds voorkom wanneer die mens homself sterk genoeg waan en minder beroep doen op die hulp van God.

God wil altyd geraadpleeg word, Hy wil die mens steeds as Leier bystaan onder alle omstandighede van die lewe, maar Hy wil ook altyd aangeroep word en as die mens dit nalaat, trek God homself skynbaar van hom terug en laat hom in die nood raak om hom daardeur weer aan Homself te bind, om weer uit die diepste van die hart aangeroep te word, omdat die kragte van die onderwêreld deur die aanroep verdring word en die opwaartse klim nou sonder moeite kan voortgaan, want God wil dit vir die mense maklik maak, maar die swakheid van die wil bemoeilik vir hulle die weg omhoog. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205