BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 324

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Ontstaan en vergaan – Dood - Die binnegaan in die geesteryk

2554 Lewe en sterwe, ontstaan en vergaan, dit is die ewige kringloop volgens God se wyse plan. Eers wanneer die mens geestelik verlig is, word hierdie groot geheim duidelik, wat in hierdie ewige kringloop sy oplossing vind. Wat is, moet vergaan om weer te ontstaan en steeds weer word die dinge nuut gevorm, omdat `n ewige bestaan in die materiële wêreld nie moontlik is nie. En wat is, moet vergaan, omdat dit nog onvolmaak is en dit moet weer opnuut ontstaan om volmaakter te word, want slegs die uiterlike omhulsel val uiteen. Maar wat die omhulsel bevat, is iets geesteliks, d.w.s. iets onverganklik, wat die omhulsel ontvlug om `n nuwe omhulsel te bewoon. En die gees moet volmaak word.

Dit is die grondslag van al die ontstaan en vergaan. En daarom kan niks in die materiële wêreld onveranderd bly nie, want dit bevat niks volmaak nie, omdat dit tog net ontstaan het om die onvolmaakte die moontlikheid te bied om volmaak te word. As die gees die graad van volmaaktheid bereik het, dan kan hy die materiële wêreld, die aarde, verlaat en ingaan in die geesteryk. Ontstaan en vergaan is dus noodsaaklik vir die positiewe ontwikkeling van die gees en daarom moet als wat vergaan verwelkom word en alle ontstaan die mense gelukkig maak.

Die vergaan van die vorm beteken `n oorwinning vir die daarin gebonde gees, en oorwinning is `n sege. As die mens tot hierdie insig gekom het, dan sal niks hom meer bangmaak nie. Dan sal hy ook die dood slegs as `n brug na die geesteryk sien, want nou verlaat die gees, die siel, haar laaste omhulsel om die geesteryk onbesorg binne te gaan. Maar een ding moet eers gebeur, naamlik `n bewuste strewe na volmaaktheid van die siel gedurende die aardse bestaan. Sodra die blik van die mens daarop gerig is, sodra hy op hoogte is van die sin en doel van die beliggaming op aarde, dan sal hy bewustelik opwaarts streef. Hy sal volmaak wil word, sodra hy God erken en sy herkoms en sy doel ken en vir hom beteken die dood `n oorwinning van die laaste vorm op aarde, wat die siel nou definitief gaan ontvlug en gevolglik ook die materiële wêreld. Die omhulsel vergaan, maar die gees ontwaak tot `n nuwe lewe, tot `n lewe wat vir ewig sal duur. Maar die mens kan ook `n lewe lei, sonder om van sy doel bewus te wees, en dit uit eie skuld, as hy die materie te veel waardeer en elke geestelike gedagte wat hom bewus sou maak van sy eintlike taak op aarde, daardeur verstrik. Dan gebruik hy sy laaste uiterlike vorm nie meer met die doel om sy siel volmaak te laat word nie. En dan is die dood die einde van sy ontwikkelingsgang op aarde en die positiewe ontwikkeling in alle ander skeppings ondervind in hierdie laaste fase van die aardse lewe stagnasie; die ontwikkeling kom dus tot stilstand.

En dan is die binnegaan in die geesteryk geen ontwaking tot die ewige lewe nie, maar `n toestand van dood. `n Toestand van leweloosheid word die lot van hierdie siel. Aan die ontstaan en vergaan op aarde het vir hierdie wese `n einde gekom. Hy het alle stadiums deurgegaan in `n langsame positiewe ontwikkeling, maar in die stadium as mens het hy gefaal. Hy het self sy ontwikkeling onderbreek, omdat die mens gedurende die stadium van sy vrye wil, het hy sy vrye wil misbruik. En die binnegaan in die geesteryk sal dan vir hom begryplikerwys groot kwellinge en ontnugtering beteken, want slegs die volmaakte het die reg op die ewige geluksaligheid. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205