BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 345

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Omvang van verwoesting – Natuurkatastrofe

2828 Die mense kan geen voorstelling vir hulleself maak van die wyse waarop God Homself sal uiter nie, omdat daar `n werk van verwoesting sal plaasvind wat `n omvang sal hê wat nog nooit voorheen plaasgevind het nie. En daarom sal die voorspellings geen geloof vind nie en ook sonder uitwerking bly, want die mens wil nie iets buitengewoons aanvaar nie en `n ingryping van God, wat die skepping verwoes, sluit hulle totaal uit. Maar God uiter Homself op `n wyse wat ongewoon is, omdat die doel verwoesting is om mense uit die daaglikse lewe weg te ruk en in ander lewensomstandighede te plaas, wat hul denke en lewenswandel moet verander. En daarom sal God Sy Mag en Sy Krag aan die mense bewys deur die kragte van die natuur. Hy sal Hom hiermee in ongebreidelde uitbarstings aan die mense openbaar, sodat hulle hul tot Hom sal wend om hulp, sodat hulle Hom in hulle harte sal bely en Hom aanroep om hulp. Dit sal `n gebeurtenis wees wat die mensdom sal skok, want die woede van die kragte van die natuur sal geweldig wees. So geweldig, dat hulle sal dink dat die einde van die wêreld aangebreek het.

En die mense sal nie weet watter omvang die natuurkatastrofe aangeneem het nie. Hulle sal maar net hul onmiddellike omgewing kan sien en sal niks weet van die eintlike omvang van die verwoesting nie, omdat alle verbindings met die wêreld verbreek sal wees. Dit sal verskriklike ure wees, ure van die grootste nood en diepste vertwyfeling, omdat geen mens teen die kragte van die natuur opgewasse is nie, omdat elkeen oor hom moet laat kom wat deur God aan hom opgelê is.

Die goddelike Stem sal hoorbaar wees vir elkeen, want dit sal so kragtig klink, dat niemand sy oor daarvoor sal kan sluit nie. Dit sal vrees en verskrikking bring. En tog is dit die Stem van Liefde wat met die mens praat. So hard, omdat daar geen ag geslaan was op die sagte Stem nie, en omdat die mens geroep moet word, as hy nie wil ondergaan deur die lewenswyse wat hy lei nie, naamlik sonder God en sonder geloof aan `n voortbestaan na die dood nie.

Hierdie duidelike uiting van God sal nie deur die meeste mense erken word as dit wat dit is nie en `n God wat regeer en die lot voorbestem, sal deur baie verwerp word. Maar die geweldige natuurgebeure sal die mense daartoe bring om na te dink. En dan sal die wil van elkeen afsonderlik bepalend word, in hoeverre sy denke in ooreenstemming sal wees met die waarheid en hoe hy nou die gedagtes wat in hom opkom, op hom sal laat inwerk. Hy kan tot ware insig kom as hy hom nie afsluit vir die draers van die waarheid nie, wat poog om deur middel van gedagtes onderrig te gee, en ook wanneer hy die mense aanhoor wat aan hom die Liefde van God en die sin en die doel van die lewe op aarde sal verkondig. God gee alle mense die geleentheid om tot die regte insig te kom. En slegs die verlange na waarheid is nodig om hulle die verskriklike belewenis tot nut te maak. Maar slegs weiniges sal dit verlang en hulle sal nie andersins gehelp kan word nie, wanneer hierdie natuurkatastrofe ook by hulle sal verbygaan sonder om indruk te maak.

God sal die uiterste middel gebruik vir die finale skeiding. Hy sal nog eenmaal poog om die denke van die mens te verander. Hy hou hulle die verganklikheid van die aardse voor oë en laat hulle in omstandighede beland waarin hulle Hom sal soek en na Hom sal verlang om hulle by te staan. Derhalwe sal Hy `n werk van vernietiging laat plaasvind, wat egter terselfdertyd `n verlossing beteken vir die gekluisterde geestelike in die vaste vorm.

Die onwetende mense sal maar net die oorweldigende verwoesting sien, maar die wetende mense sal op hoogte wees van die noodsaaklikheid en die seën van sulke verwoestings vir die geestelike ontwikkeling van die wesens. Hulle sal ook die gevaar ken waarin die mensdom homself bevind, omdat hulle hul Skepper nie erken nie en onverantwoordelik voortleef en hulle nie hul hoogste doel van die lewe op aarde vervul nie. En hulle sal weet dat God nou sy geweldige Stem laat weerklink het, omdat Hy medelye het met die mensdom wat sy bestuur en werksaamheid nie ken nie. Hulle sal weet dat God slegs die dwalende siele wil help, sodat hulle Hom sal herken wanneer Hy deur die kragte van die natuur tot hulle spreek. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205