BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 420

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Het Jesus Christus alle mense verlos of is alle mense verlos?

3277 Die mense lees die woord, maar hulle verstaan nie die betekenis daarvan nie en so ontstaan verkeerde lering weens verkeerde interpretasies van die kant van hulle wat My wil dien, as hulle hulself nie vooraf met My verbind en eers vra vir ’n verklaring nie en wanneer hulle dit ontvang, hulle dit sonder weerstand sal aanvaar.

Die mense kom My woord doelgerig na dat Ek die mensdom van sonde verlos het deur My kruisdood, maar hulle verstaan nie die essensie van die woord nie, hulle verstaan nie die betekenis van die daad van verlossing nie. Gevolglik verstaan hulle ook nie wat die mens self moet doen om by die skare aan te sluit wat deur My Bloed van sondeskuld verlos is nie.

Ek het vir alle mense gesterf, met voorbehoud dat hulle My verlossingswerk sal wil aanneem. Ek het geen beperkings gestel nie, maar die mens stel grense waar My verlossingswerk nie erken word nie. En hulle sluit hulself buite die kring van diegene vir wie Ek aan die kruis gesterf het. Gevolglik kan slegs die sonde vir hulle vergewe word wat hulself toelaat om verlos te word deur hulle geloof in My en My dood aan die kruis, terwyl die ander wat My en My verlossingswerk verwerp, se sonde nie vergewe kan word nie, omdat hulle hulself nie deur My Bloed skoon laat reinig nie en omdat hulle nie tot diegene wil behoort vir wie Ek gesterwe het nie.

Weereens is die vrye wil van die mens deurslaggewend en Ek sal hierdie vrye wil eerbiedig. Indien die mense wie sonder geloof in My en My daad van Liefde, se sondeskuld vergewe moes word, dan sou die mens teen sy wil in `n toestand van vryheid geplaas wees. Maar dit is teen My ordening, want dan werk dit teen My geregtigheid sowel as My Liefde, aangesien die mens nie hierdie toestand sal gebruik om met My te verbind nie, ook sal hy nie berou hê oor sy sonde nie.

My woord is waarheid en nooit kan een onwaarheid daarin gevind word nie in die feit dat Ek vir alle mense gesterwe het, dat Ek alle mense verlos het van hulle sonde. Maar hulle vrye wil moet besluit of hulle verlos wil word, of hulle My werk van Liefde wil aanneem, want die wil bepaal Ek nie. Daarom kan die hele mensdom vry kom van sondeskuld, as hulle maar net in My verlossingswerk wil glo, soos wat hulle egter ook in diepste duisternis en onderhewig aan hulle sondes is en sal bly as hulle My verwerp as Verlosser van die mensdom.

En om hierdie rede lewe die grootste deel van die mensdom nou in sonde, hulle is sonder vergifnis, omdat hulle My nie meer erken nie en daarom het My daad van Verlossing ondoeltreffend geword vir hulle. Gevolglik mag die “vergewing van sonde” nie verkeerd verstaan word nie, dit is nie van toepassing op hulle wat heeltemal apart staan van My nie, nie dat Ek hulle van My af wegdruk nie, inteendeel, hulle plaas die afstand tussen My en hulle en hulle vlug van My af weg, Wie hulle steeds nader en aanhoudend smeek om hulle siele. Ek stel `n geskenk van genade tot hulle beskikking wat hulle kan vrymaak van hulle sonde en skuld, maar as hulle dit verwerp, affekteer dit hulle nie en hulle skuld word hulle nie vergewe nie, want hulle behoort by diegene wat vir My teenstander stry teen My en wie daarom nog deur hom beheer word, totdat hulle hulself toelaat om deur My verlos te word.

En daarom is dit foutief om My verlossingswerk so voor te stel, as sou alle mense voordeel trek van dit wat hulle vrye wil wel kan verwerf, maar wat hierdie vrye wil netso kan weggooi deur verwerping deur heeltemal ongelowig te wees. Slegs die persoon wat My geskenk van genade aanneem, sal bevry word van sy sonde, want vir hom het Ek die skuld gedra, vir hom het Ek gely en die kruisdood op My geneem.

Alhoewel Ek wel vir almal gesterf het, neem almal My nie aan nie. Ek het elkeen se skuld op My skouers geneem, maar nie almal voel skuldig en plaas hulle las op My nie. En dus sal hulle ook nie van hulle skuld gereinig kan word nie, want dit is te enorm vir hulle om dit self te doen, omdat hulle nou ook nog hulle skuld byvoeg deurdat hulle My Liefde verwerp. Maar hoe kan hulle hoop dat hulle sondes vergewe sal word? Hoe kan die mense glo dat hulle van alle skuld verlos kan word, sonder hulle eie bydrae, sonder hul eie wil?

My Liefdesoffer aan julle, naamlik die reiniging van alle sonde deur My bloed, is ’n onbegryplike beduidende seëning vir julle mense, maar julle moet ook hierdie Liefde van My wil ontvang, julle mag dit nie verwerp nie, andersins sal dit geen effek op julle hê nie, andersins kan Ek nie die skuld van sonde verlos nie, andersins sal julle sonde by julle bly totdat julle van plan verander en My erken as julle goddelike Verlosser, Wie aan die kruis gesterf het om julle te verlos. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205