BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 131

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Voortydige verwoesting –Die vry word van die gees

1408 Grenselose verwarring van denke, waaraan hebsug en heerssug die grondslag vorm, laat die wantoestande hand oor hand toeneem en die gebod van liefde word totaal verontagsaam. Hierdie demoon het homself van die wêreld meester gemaak, almal jaag na besit en ontsien geen lis en gemeenheid om dit te bereik nie. Daar is geen eerlike strewe waarmee die mens hom besig hou nie, niks is regmatig vir God nie en God kan nooit meer Sy Seën gee oor dit gee wat die wêreld nastreef nie, want die wêreld streef slegs na aardse mag, `n behaaglike lewe en besit. En dit alles is deel van die bose en daarom bedien die mens hom ook slegs van die hulpbronne van die bose, naamlik geweld, leuens, huigelary en bedrog.

Maar God se Wil is om mekaar in liefde te dien, niks te eis nie, niks af te dwing nie, maar om te vra en te gee. Die mense moet in vrede langs mekaar lewe en hul aardse bestaan gebruik om vir hul siele te sorg. Maar hoe kan daar aan die siel gedink word, wanneer die mens maar net leef om aardse goedere te wen? Hy wend al sy krag aan om die materie te vermeerder, wat hy tog moet oorkom, en hy onttrek hierdie krag vanuit die siel, wat dit nodig het vir haar positiewe ontwikkeling.

Die enorme nood van die siel word nog vergroot deur die wederregtelike in besit neem van aardse goed, wanneer dit op onwettige wyse verwerf word, want die geestelike in die materie kom in opstand teen die siel, wat wederregtelik besit daarvan neem. Want die gees voel al die onreg en sy verontwaardiging bring as te ware die siel van die mens in die noute, ofskoon sy nie duidelik bewus word hiervan nie.

Daarbenewens sal ook die onryp geestelike, wat deur gewelddadige verwoestings vry word, wat nie deur God gewil is nie, hom by hierdie verontwaardigde geestelike in die materie voeg en die siel dus ook belas. Daarom sal goedere wat wederregtelik toegeëien is, nooit seën bring aan diegene wat nie die goddelike gebod van liefde ag nie en uit eiebelang en gierigheid daarteen sondig.

God het aan elke skeppingswerk sy tyd gestel, om die geestelike wat daarin geberg word, tot volwassenheid te bring. Alle maatreëls van menslike kant, wat uit selfsugtige motiewe `n gewelddadige voortydige verwoesting daarvan ten doel het, is te veroordeel, want dit het `n vrywording van die geestelike in onryp toestand tot gevolg, wat `n skadelike uitwerking op die mensdom sal hê, as God die mense nie teen die invloed daarvan beskerm nie. Vir `n sekere tydsduur sal hierdie invloed merkbaar word, totdat die onryp geestelike weer in `n uiterlike vorm verban word en dit weer die moontlikheid gegee word om ryp te word. Maar die siel van diegene wat deur liefdeloosheid skuld het aan soiets, sal eendag swaar moet boet hiervoor, want sy ontwikkeling is beperk en kom dikwels selfs heeltemal op losse skrede te staan. Die tyd op aarde word nie deur hulle gebruik om hulself positief te ontwikkel nie, inteendeel, maar net tot vermeerdering van die materie; tot vermeerdering van dit wat hom vasgehou het deur eindelose tye heen. Die siel verlos haar nie daarvan nie, en begeer dit eerder weer opnuut en dit is haar geestelike agteruitgang. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205