BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 206

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Verlos die siele - Draers van lig - Kennis - Lig

1947 Sodra die mens God gekies het, het hy reeds sy aardse taak vervul, want van daardie oomblik af het hy die wil om God te dien en Sy gebooie te onderhou, selfs as is hierdie wil nog swak en die persoon nog dikwels oortree. Maar met sy begeerte om te voldoen aan die goddelike wil, het sy laaste weerstand teen God nietig geword, hy het sy oorsprong herken en begeer om terug te keer daarna en sy vrye besluit is geneem. Van nou af sal hy gesteun word deur kragte wat sy wil sal versterk en sy kennis verhoog, en aangesien hierdie kragte reeds een met God is, word hy gevolglik deur God Self in besit geneem en kan hy nie meer neerdaal in sy vorige sondeskuld, naamlik die sonde van rebellie teen God nie.

Hy het homself vrywillig oorhandig aan God en sal vir ewig lojaal bly aan Hom. Terugval sal onmoontlik wees, want die mens streef nou bewustelik na die doel van finale eenheid. En dan is elke uur op die aarde net `n saak van volwassewording, `n toename van lig en kennis, en dit manifesteer in groter dade van liefde, in verlossende liefde. Sodra die mens homself vrygemaak het van die vyand se wil, gaan hy voort met aktiewe werk van verlossing van sy medemens, alle ander aardse werk blyk nutteloos en betekenisloos te wees vir hom en al sy gedagtes en bedoelings is om sy medemens se siel te help. En slegs dan sal hy die mees waardevolle werk doen. Hy sal aansluit by die aktiwiteit van die ligwesens van die hiernamaals en sal op `n verlossende manier werk. Maar almal wat reeds deelneem aan die daad van verlossing op aarde, werk saam met God, vir Hom en sy wil, sowel as sy werk, sal geseën word. Hoewel dit dan groot barmhartigheid vereis, sal dit nogtans oorgedra word aan die persoon sodat hy daarna in staat sal wees om aan te gaan met elke taak wat aan hom gestel word. Om die siel te verlos, beteken dat die persoon se, tot hiertoe, duister toestand verander in lig. Geestelike duisternis is onkunde, lig is egter kennis.

Gevolglik moet daar aan die onverloste siele kennis gebied word, ten einde hulle in hierdie toestand van lig te plaas. Hierdie taak kan dus nie vervul word deur iemand wat nog nie self `n ligdraer is nie, selfs al het hy groot aardse kennis tot sy beskikking.

Die graad van wêreldse kennis van `n persoon wat verlossingswerk op aarde wil doen, is dus heeltemal onbelangrik. Die kennis wat hy wil oordra het niks in gemeen met wêreldse kennis nie. Daar word van hom verwag om goddelike Wysheid aan sy medemens oor te dra, maar dit kan slegs ontvang word deur `n persoon wat homself eers gevorm het op `n manier dat hy lig en krag van God kan aanvaar.

Dan sal hy waarlik `n arbeider in die wingerd van God wees, want hy sal probeer om `n braakveld in vrugbare grond te verander. Net so sal hy probeer om die siele ook ontvanklik te maak vir die krag vanaf God, hy sal poog om geestelike kennis aan hulle oor te dra en so die toestand van duisternis onder die mensdom verander in helder lig. En aangesien dit die uiteindelike doel is van die beliggaming op aarde, moet alles wat bydra tot die verspreiding van lig onder die mense, verstaanbaar, goed en reg wees. Dit is die rede waarom die besluit om hierdie groot taak te bereik, geseën sal word. Dit sal versterk en verlewendig word, sodat die persoon die taak wat hy homself opgelê het, kan bereik.

Die ligwesens in die hiernamaals word ook opdrag gegee om hul hulp te verleen waar dit nodig is, deur krag aan die persoon wat op die aarde is te gee en altyd sy gedagtes te rig op hierdie groot opdrag, sodat die aardse ligdraer nie moeg sal word vir sy werk nie, want die verlossing van die siel is die rede en doel van lewe op aarde. En God, in Sy Wysheid, ken elke persoon se geestelike toestand, Hy sal waarlik iemand wat verlossende werk wil doen, met Sy krag voorsien en barmhartigheid oor hom uitstort, want sy wil om met God verenig te wees, stel hom in staat om die soort werk op aarde te doen wat ooreenstem met die goddelike wil. Sy Gees sal deur hom vloei, en hom toerus met lig en krag, met kennis en mag, hy sal opgewasse wees vir sy finale aardse taak en siele bring na God, so sal hy in waarheid werk as `n arbeider in die wingerd van God. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205