BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 424

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Versoekinge van die wêreld

3290 Julle sal oplettend moet wees, sodat julle, wat nog nie sterk genoeg in die geloof is nie, nie die slagoffers word van versoekings van die wêreld nie. Want die aanvalle van die wêreld sal julle heel besonder teiken. Hy probeer julle vir homself te wen en julle oor te haal om van God afvallig te word. En daarom moet julle julself bewapen met die skild van geloof, en dit vooraf sterk maak, sodat dit kan standhou.

Wie nog swak is, moet worstel vir die krag van geloof. Hy moet nie ophou om te bid vir krag en genade nie en sy wil moet steeds op God gerig wees. Hy moet homself oefen in liefde, omdat krag daardeur in hom sal oorvloei en hy sal dan kan standhou teen alle versoekinge van die wêreld. Dus is die liefde steeds die vernaamste. Onophoudelike werksaamheid in liefde sal julle laat groei in insig. Julle sal `n oortuigende geloof verkry en dit sal `n krag bevat wat onwankelbaar sal wees. Die liefde is `n wapen wat alles oorwin en laat die sterkste vyand swig, omdat God Self in die mens werk wat in liefde werksaam is.

En steeds weer moet daarop gewys word dat die komende tyd julle ryklik geleentheid sal gee om naasteliefde te beoefen en dat julle dit nie sal kan weier as julle die verskrikkinge van die tyd wil deurstaan nie, as julle ongedeerd aan liggaam en siel deur hierdie laaste stryd heen wil gaan. Niks anders kan vir julle die krag van die liefde vervang nie en niks anders kan hierdie krag oplewer as werksame naasteliefde nie, as daadkragtige sorg vir siel en liggaam van jul medemens nie.

Beoefen jy dit, sal die tyd van benoudheid jou nie vreesagtig maak nie, want dan sal jy die krag in jou hê om alle weerstande baas te raak. Maar wanneer die liefde by jou ontbreek, sal jy ook wankelrig word in die geloof, omdat die geloof sonder liefde dood is en `n dooie geloof sonder oortuiging, kragteloos is. Dan sal die wêreld maklik daarin slaag om jou ontvanklik te maak vir haar verlokking. Die aardse lewe sal vir jou baie aantreklik voorkom, want jy kan niks daarteenoor stel wat jou gelukkiger sal maak nie, ook nie die van `n diep verbinding met God deur saligmakende liefde nie. Dan sal jy val en verlore wees vir die ewigheid, want die laaste beslissing is voor die deur en dit sal jy net reg kan neem as jy diep en onwankelbaar glo.

En daarom waarsku God julle baie nadruklik teen die versoekinge van die wêreld en maan Hy julle steeds weer aan tot liefde. Hy wys julle voortdurend die weg wat julle sal moet gaan om in die laaste periode van stryd seëvierend te voorskyn te kom. Maar daar is maar net een weg, die pad van die liefde. En as jy hierdie weg begaan, hoef jy niks te vrees wat ookal mag kom nie. Maar sonder die liefde is die weg moeilik, of - as jy haar verlaat - vol gevaar vir jou siel.

En steeds is die gebed tot jou beskikking. As jy dreig om swak te word, roep God dan aan vir Sy bystand. Lê jou nood aan Hom voor en vra Hom vir genade en krag. En Hy sal jou gebed waarlik nie onverhoord laat as jy bekommerd is oor jou sieleheil en jou toevlug tot Hom neem nie. En die krag sal na jou toevloei om werksaam te wees in die liefde. Benut dit dan op die regte wyse.

Dink steeds daaraan dat jy nie sonder liefde salig kan word nie, maar in die liefde volledige vervanging sal vind vir alles wat die wêreld jou kan bied, want dit is slegs skyngoedere wat jy begeer. Gee nie ter wille daarvan die goedere van die ewigheid op, wat jou diep gelukkig en tot vrye, geluksalige wese sal maak nie. Stry daarom die kort stryd saam met God. Dit wil sê: Bly in die liefde teenoor jou naaste en in voortdurende verbinding met God en jy sal as oorwinnaar uit die stryd tree en ewig in jou oorwinning juig. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205