BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 86

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Denkend besig wees - Hart - Brein

962 Verenig julle in die geloof en slaan ag op my Woorde, want die gees in julle sal My Wil duidelik kenbaar maak en jul lewe onherroeplik na die doelwit voer, wanneer julle hierdie Wil van My vervul. Die gedagtes is geestelike krag, dit plant homself voort en dit is gevolglik die beste bewys dat dit nie dood is nie, naamlik dat dit lewe en laat lewe en in voortdurende verbinding staan met die denke van die mens.

Eintlik is die denkend besig wees van die mens `n telkens terugkerende voeding deur geestelike krag. Die mens is in staat om hierdie stroom van krag op te neem, en om dit in `n sekere sin te herlei na die hart, wat as opnamestasie van alle geestelike krag, onafgebroke die na haar toekomende voeding verwag en verwerk en dan teruggee aan die harsingsentrum, en die meganisme van die mens as te ware in beweging sit.

Dit is `n proses wat vir die mens nog heeltemal onbegryplik is. Vandaar dat hy tot nou toe die verkeerde mening as waar beskou dat slegs die brein sy organiese werksaamheid uitoefen, maar die res van die liggaam voorlopig niks daarmee te doen het nie, totdat die wil hom laat geld en die denke nou ook die liggaam tot insig aanspoor. Dat die hart egter die ontvangstasie is en `n eliminasie eers daar plaasvind, in hoeverre die mens die geestelike krag aanvaar d.m.v. die gedagtes wat van die hart opgeneem word, dit is nog skaars bekend. En hierdie proses geskied op die wyse dat die liggaam, saam met die brein as orgaan, die ontvange geestelike behou as geestelik kennis, of ervaar dit net as `n vae impuls wat dadelik weer verwerp word.

Om hierdie rede gebeur dit so dikwels dat weerstand gevoel word wanneer `n besonder insigvolle en gewillige ontvanklike siel, dit wat deur die hart ontvang is, ook aan die brein wil oordra. Die brein weier dikwels om dit heeltemal aan te neem en stuur dit daarom weer terug na die menslike hart, waar dit weer met hartseer ontvang word, maar dit word steeds weer na die brein gestuur, totdat die brein se weerstand afneem en hy nou so optree soos wat hy moet, omdat hy nou gelei word deur die krag van die Gees, wat des te sterker word hoe minder die weerstand van die brein. Denkende aktiwiteit kan slegs op hierdie manier volkome verklaar word en dit verklaar die vraag waarom dieselfde wyshede, op dieselfde manier aan mense meegedeel, heeltemal verskillend opgeneem word, d.w.s. geglo word. En nou word dit verstaanbaar dat dit enkel en alleen van die wil van die mens afhang in hoeverre hierdie geestelike goedere wat deur die hart ontvang word, opgeneem en verwerk word en of hy weerstand sal bied deur die aktiwiteit van die organe, wat slegs die geestelike krag benut vir hul noodsaaklike aktiwiteit, dus vir suiwer aardse denke.

Om egter geestelike probleme op te los, is samewerking tussen die hart en die denkorgane onvermydelik, omdat alle geestelike eers die weg na die hart van die mens neem, alvorens dit verder gelei word, en dan moet dit ten volle aangeneem word deur die organe wat verantwoordelik is vir die denkvermoë. En weereens, `n hart wat in die liefde leef, sal ontsaglik ryk bedeel word met geestelike krag en gevolglik sal die persoon wat liefde koester in homself sy geestelike kennis vermeerder en hy sal lewe vanuit die helderste insig. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205