BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 292

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Komende gebeurtenis - Ingryping van God - Nood

2388 Die nasies sal genadeloos teen mekaar woed en die grootste moontlike skade aan mekaar doen. Die mense sal nadelig daardeur beïnvloed word en lyding en sorge sal hul voortdurende metgesel wees. Die harteloosheid van mense sal baie groot wees en sal selfs groter word en so sal hulle die goddelike ingryping steeds nader aan hulself trek. Daar is nie meer baie tyd oor vir dit om plaas te vind wat God aan die mense deur Sy Gees geopenbaar het nie en tog sal die mense verras word, want in hul ongeloof sal hulle nie glo dat hulle self daardeur beïnvloed sal word nie. Hulle sal nie glo dat hul geestelike hardheid so is dat dit hierdie ingryping sal verg nie en dat die tyd daarvoor aangebreek het nie, want hulle poog nie om mekaar te verstaan nie, elkeen wil slegs sy eie voordeel bereik en daardeur berokken hulle hul medemens skade. En dit sal die begin wees van `n ondenkbare tyd van skaarste. Ideale sal verlore gaan en nie weer vervang kan word nie. Die tyd sal dan aangebreek het waarvan die Heer op aarde gespreek het en die bogenoemde ingryping sal die verskriklikste lyding veroorsaak, sodat die mens nie sal glo dat hulle die komende tyd sal kan oorleef nie.

En tog sal niemand dit kan ontkom nie, maar in vrees vir hul lewe, sal elkeen die stem van God hard en duidelik hoor spreek met die mensdom. Die omvang van die vernietiging sal baie mense ewe arm maak, groot eise sal gestel word in die liefde van mense, want slegs aktiewe naasteliefde sal hierdie ellende kan hanteer, terwyl die lae geestelike vlak terselfdertyd verhoog sal word, want `n liefdevolle persoon sal nie sy medemens sonder hulp laat nie en hierdie aktiwiteit van liefde sal lei tot geestelike groei. Elke dag tot dan moet waardeer word en daar is nie meer baie van hulle oor nie. Die dag sal verrassend spoedig kom, wat `n groot verandering in menige opsig sal beteken en te midde van groot benoudheid, sal slegs gelowige mense kalm bly en die ware stand van sake herken. En in hul besef van die geestelike ontbering van die mensdom, sal hulle probeer om hul medemens ook daartoe te bring om te glo, want die gebeurtenis vind plaas terwille van hulle siele en as `n persoon dan werk aan sy siel, sal God se ingryping ook vrug gedra het. Tog sal daar slegs enkeles wees, want hul geestelike blindheid sal die mens verhinder om te verstaan.

(29ste Jun 1942) Slegs weinig mense sal uit hierdie gebeurtenis voordeel trek vir hul siele, wat homself drie keer met kort tussenposes sal herhaal. Dit sal mense van hul denkvermoë ontneem, want so reusagtig sal dit wees, dat alle oorweginge sal wegval en alles sal in `n chaotiese verwarring ontaard. Slegs Sy kinders sal sigbaar deur die Heer beskerm word, want Hy sal hulle later nodig hê om vir hom te werk. Hulle wat vooraf gelowig om krag en steun tot Hom gebid het, sal ook krag en steun van hom ontvang wanneer hulle dit vereis. Selfs wanneer dit sal lyk asof alles verlore is, sal Hy nog steeds alle gebeurtenisse reël. Hy weet waarom Hy so `n ramp sal toelaat om oor die mensdom te kom en Hy sal ook `n einde daaraan maak wanneer die tyd daarvoor reg is. Die krag van geloof sal dit self in daardie tyd wys. Want hierdie gebeurtenis sal aan die godvrugtiges `n bevestiging van die goddelike Woord wees en dan sal hulle die geloof met uiterste versekering en oortuiging steun en hulle sal onoorwinlik wees. Hoe minder mense belas word deur aardse besittings, hoe ontvankliker sal hulle wees vir die goddelike Woord en daarom sal God alles vernietig wat hul weg van groei kan belemmer. Daarna sal daar onvoorstelbare ellende onder die mensdom wees en tog sal hulle dit vir hulself kan verminder as hulle bereid sal wees om mekaar te help.

En God sal alle aktiewe naasteliefde seën en hy sal mense help om die aardse ontbering te verdra. Want wat God wegneem, kan hy ook weer vervang as die mens dit nodig het. Maar tog sal hy sy hart daarvan moet losmaak, want hy moet nie aardse goed as die belangrikste dinge op aarde beskou nie, maar besef dat dit onbelangrik en verganklik is en dat die verbintenis met God die enigste krag en vertroostende middel is om selfs die grootste lyding te kan verdra. Hierdie gebeurtenis is vanaf ewigheid bestem en sal die laaste geleentheid van verlossing wees vir tallose mense wat op die verkeerde weg sal wees, wat slegs vir aardse goed lewe en daarom ernstig geskud moet word om die doel van die aardse lewe te oordink. Maar slegs `n klein fraksie sal voordeel daaruit trek, terwyl die ander die ou lewensomstandighede weer met groot ywer tot stand sal bring en enige middel sal gebruik om weer aardse goed te verwerf. En dit sal die tyd wees wanneer hierdie nuwe begin deur die Woord van God teëgestaan moet word, wanneer mense sal skei in hulle wat alles sal opgee om lojaal aan God te kan bly en hulle wat alle dinge van geestelike aard sal verwerp en in stede daarvan, die wêreld en sy goed met `n groter verlange sal begeer. En dan sal die magte van lig duidelik teen die magte van die duisternis veg. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205