BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 164

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die siel - die geesvonk in die mens

1618 Die siel van die mens bestaan uit die vereniging van tallose sielesubstansies, d.w.s. die versamelpunte van geestelike krag wat as houers die Gees uit God opneem. Elkeen van hierdie tallose sielesubstansies was tevore êrens in iets anders beliggaam, d.w.s. omhul met `n vorm wat ten doel gehad het om die gees te ontwikkel en die moontlikheid te bied vir `n latere vereniging met dieselfde substansies: Die siel van die mens het dus in haar opgeloste sielspartikeltjies wat deur alle skeppingswerke gegaan het en dus as’t ware volmaak geword het vir haar allerlaaste beliggaming op hierdie aarde en sy neem ook steeds dieselfde vorm aan as die uiterlike omhulsel wat haar omsluit.

Dit sou diegene wat met geestelike oë kon sien, `n geweldige bekoorlike en menigvuldige beeld bied wanneer hy die siel van die mens in haar samestelling kon sien. Want hierdie skeppingswerk van God is nie vir die mens sigbaar nie, maar onbeskryflik, sowel in haar opbouing, asook in haar doelmatigheid. Die beskrywing van die gedaante van die siel sal die denke van die mens slegs verwar, want die mens begryp nie welke tallose wonderwerke die menslike liggaam in homself berg nie.

Dit is die algehele skepping in die miniatuur wat onder die siel van die mens te verstaan is, want die siel is die binneste van die mens en bevat die algehele skepping. Sy is bestem om in die aardse lewe volmaak te word om met lofprysing tot God, die geluksaligheid van die Hemel te geniet, want die siel berg ook die goddelike Gees in haarself. Die Gees is trouens die oersubstansie van die siel in al haar ontwikkelingsfases, maar die goddelike geesvonk plaas God Self in as die menslik geïnkarneerde siel. Hy blaas Sy asem in die mens, Hy plaas die goddelike in die mens, Hy gee die siel die opdrag om te kies vir die goddelike of die menslike, gedurende haar laaste bestaan op aarde.

A die siel nou, “naamlik die gees uit God wat haarself eertyds teen Hom gedraai het”, inwillig om haarself te verenig met die goddelike Gees, dan begin die verheerliking van wat eens van God vervreemd was en word dit weer “lig” in die menslike siel. Sy verenig haarself met die goddelike Gees, wanneer sy al die menslike begeertes wat die liggaam aankleef as verleiding, tot beproewing van die wil, standvastig oorwin het, wanneer sy teen alles ingaan wat die liggaam as sodanig van haar eis en haarself vrywillig onderwerp aan dit wat die goddelike Gees van haar verlang, want dan gee die siel haar vorige weerstand vir goed op en beslis sy vir God. Sy stel haarself nie meer bewustelik op teen die goddelike nie en neem die liefdesuitstraling, die krag uit God aan om die gees in haarself te vergroot, om die vereniging van die gees in haarself met die gees buite haarself te veroorsaak en sy streef sodoende bewustelik tot toenadering met God.

As die liggaamlike begeertes egter oorheers, dan sluimer die goddelike geesvonk in die diepste omhulling in die mens en kan geen “lig” uitstraal nie. Die siel bly in diepe geestelike duisternis en leef haar aardse lewe sonder enige resultaat, want die gees in haar is veroordeel tot `n werklose toestand. En dan dien die aardse lewe geen weg tot hoëre ontwikkeling vir haar nie, maar as `n tyd van stilstand, of selfs agteruitgang. Dan het die goddelike geesvonk onopgemerk gebly en kan homself nie uiter nie, waardeur die krag van die goddelike Liefde die wese nie kan toestroom nie en die vereniging met die Vadergees van Ewigheid dus ook nimmermeer kan plaasvind nie.

En hierdie liglose toestand wat die siel op aarde self gekies het, neem sy saam hierna in die ewigheid in. Sy oordink daar in eindelose kwelling van berou die onbenutte tyd op aarde en moet nou `n veel swaarder stryd voer om haar duister toestand na `n ligvoller toestand te verander. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205