BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 429

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die aflossing van sondeskuld deur kinders en kindskinders

3315 Die gevolg van sonde is straf. Dit moet so verstaan word dat elke sonde gevolge het wat weer `n verderf brengende uitwerking vir die sondaar sal hê, om welke rede dan van `n regverdige straf gepraat kan word. Maar hierdie straf is dan nie deur God aan die mens opgelê nie, inteendeel het hy dit self na hom toe getrek, omdat hy die onmiddellike aanleiding daartoe gegee het.

Die uitwerking van sonde kan egter `n langer tyd neem, maar dit sal onherroeplik kom, egter net dat dit dan nie die mens self tref nie, maar sy kinders en kindskinders, dat hulle dus `n straf moet dra wat geslagte gelede veroorsaak is.

Dit is `n skynbare onregverdigheid van God, maar dit gaan steeds oor siele wat volwasse moet word en veral moeilike lewensvoorwaardes nodig het en wat vir hulself besonder moeilike lewensomstandighede gekies het. Hulle dra m.a.w. onverdiende leed en staan ook in geestelike verbinding met die siele van hulle wat hierdie leed veroorsaak het. Hulle word dus deur die siele beïnvloed om `n skuld af te los wat hulle in die ryk hierna sou moes gevolg het en waarvan die tot niet maak in die hiernamaals uitermate baie tyd sou vereis. En God neem die voldoening deur kinders en kindskinders aan.

Wanneer die mens sy skuld self op aarde kan aflos, dan is daar ontelbare moontlikhede daarvoor, d.w.s. die mens moet met die gevolge van sonde klaarkom, hy sal dan in `n sekere sin dieselfde lot moet ly as wat hy vir ander berei het, hy sal die leed moet dra wat hy ander aangedoen het, die sonde in sy uitwerking sal homself tref en hy sal hom nie daarteen kan verweer nie. Maar dan sal hy sy nageslag al hierdie lyding spaar wat hyself veroorsaak het. Maar gaan hy met hierdie skuld die geestelike ryk hierna in, dan sal hy daar geen rus vind nie, totdat hy die mense wat op die aarde noue bande met hom gehad het, daartoe beweeg het deur beïnvloeding van gedagtes, om vir sy vroeëre sonde op die aarde te boet, wat vandag `n aardse lot oplewer wat die sondes van die vaders duidelik laat sien.

Van kinders en kindskinders word die versoening vir die begane sonde aangeneem om in die mense die verantwoordelikheidsgevoel te wek, wanneer hulle die omvang van `n skuld onderskat. Die sondaars in die hiernamaals ly buitengewone kwellinge, wanneer hulle die mense op aarde vir hulle skuld sien boet en daarom word die skuld tweevoudig uitgeboet en in ooreenstemming daarmee vinniger afgelos, soos omgekeerd `n mens wat op hoogte is van die sondes van sy voorvaders, nie so swaar hoef te ly onder die straf nie, omdat dit vir hom regverdig voorkom en sy siel daardeur vinniger rypword op aarde.

Maar uitermate maklik is dit vir `n sondaar om van sy skuld verlos te word as hy dit in diep geloof voor Jesus Christus se voete lê, as hy Hom innig om vergifnis vra, nadat hy ernstig berou daaroor het en sy bes doen om homself te verbeter. Dan sal die gevolge van sy sondes wegbly, hy sal nie bang hoef te wees dat sy skuld deur sy nageslag afgelos moet word nie. Hy sal vrykom van sy skuld, ter wille van Jesus Christus, Wie vir die sondes van die mense aan die kruis gesterf het. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205