BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 368

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Verwoesting van die vaste vorm – Begin van die ontwikkelingsgang

2915 Die wil om diensbaar besig te wees bevry die gees uit die vaste vorm, uit die hardste materie en ontsluit die moontlikheid om homself positief te ontwikkel. En die bevryding uit die vorm is `n ontwikkelingsproses wat steeds duidelik aan die lig kom en wat gewoonlik verbind is met geweldige manifestasies van natuurkragte, wat God gebruik om die harde materie te verwoes. Die gees word dan na `n eindelose lang tyd uit die eerste omhulling bevry. Die vorm word oopgebreek, sodat die gees in ontelbare partikeltjies verstrooi kan word. Hy bly nog wel in dieselfde materie, waaraan `n dienende funksie nou egter toegeken word, óf weer as materie vir nuwe skeppings deur mense, óf ook in die kleinste verkleining om deur plante opgeneem te word, na gelang die aard van sy hoedanigheid en die sterkte van die wil om te dien. Dit is in `n sekere sin die begin van ontwikkeling, wat nou in `n veranderde uiterlike vorm plaasvind.

Die werk van verwoesting is God se wil, wanneer dit sonder menslike inwerking gebeur, of daar word `n verwoesting van materie uitgevoer om dinge te kan vorm, wat `n dienende doel sal vervul. Dit is dus eerstens van God se Wil afhanklik, wanneer die gees die weg van ontwikkeling sal begin. Want die gees het dan uit eie beweging laat blyk dat hy dienend besig wil wees.

Maar die gees in die vaste vorm kan ook deur mensehande en mensewil vrykom, deur ontginning van die aarde, deur die uitgrawing van skatte wat binne die aarde is. En hierdie bevryding uit die materie is God se wil. Maar steeds geld die voorwaarde dat hierdie ontginning vir die welsyn van die mensdom sal wees, dat die opgegrawe skatte dus bestem sal word om die mens te dien, hul lewensbehoeftes te dek en dat dit dus van lewensbelang sal wees. Dan sal die bevryding van die gees uit die vaste vorm soortgelyk wees aan die gebeurtenis van `n verwoesting deur natuurkragte, deur uitbarstings, wat die binneste van die aarde loswoel en na die oppervlak voer.

Sulke uitbarstings sal gewoonlik plaasvind waar mensehande nie kan kom nie. Daar sal deur sulke uitbarstings dikwels eers `n gebied ontstaan wat deur mense bewoonbaar gemaak kan word, sodat die gees wat nou hulle bereidwilligheid toon, die geleentheid gebied kan word om `n dienende funksie te vervul. Steeds sal die gees in die laaste stadium van sy ontwikkeling, naamlik mens, in direkte verbinding wees met die gees wat nou sy lewensweg op aarde begin het. Die eerste het die laaste nodig en daardeur ontstaan die moontlikheid om hulself positief te ontwikkel.

Gewoonlik bring aarduitbarstings die mense in nood, wat hulle uitermate werksaam laat word. En so word daar meer moontlikhede gegee sodat die vrygeworde gees in nuwe vorme verblyf kan neem, want die werk van die mense is nodig om dinge vorm te gee, wat weer `n dienende doel vervul.

Maar ook deur die goddelike Wil kom die gees, waarvan die omhulling nie deur mensehande toeganklik is nie, tot sy dienende bestemming. In die natuur is hulle steeds onderling diensbaar, want oral word geleenthede deur God geskep, sodat die gees in enige vorm volwasse kan word, soos wat hy die wil om te dien, te kenne gee. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205