BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 427

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Vernietiging van skeppingswerke en gevolge

3300 Alles wat vir julle oë sigbaar is, getuig van God se liefde, dit is geskep om die gevalle substansie te help, om hulle weer uit hul gevalle toestand omhoog te lei en daarom kan elke skeppingswerk beskou word as `n uitvloeisel van die goddelike liefde en moet dus ook so geag en gewaardeer word. Niks wat God geskape het, mag moedswillig vernietig word nie, omdat die bestemming daarvan, die vervulling van sy doel, verhinder word. En ook mag geen mensewerk, waaraan daar ook `n bestemming toegewys is, naamlik die funksie van hulpvaardigheid, moedswillig vernietig word nie. Want aan elke skeppingswerk, wat deur God se wil ontstaan het, is hierdie funksie toegewys, andersins sou dit nie die hoër ontwikkeling van die substansie kon bevorder nie. En menslike skeppings word ook beoordeel in verhouding tot hulle funksie. Solank as wat hulle die taak vervul om nuttig te wees, solank as wat hulle op die een of ander wyse die medemens of selfs ook andere skeppings dien, dra hulle ook by tot die ontwikkeling van die substansie en vervul hulle hul doel.

Wanneer sulke skeppings vernietig word, het dit tot gevolg dat die gees se vordering van ontwikkeling onderbreek word en dit kan nooit voor God geregverdig word nie, soos wat alle vernietiging van materie gemotiveer moet word deur liefde en geregverdig moet wees voor God. Gevolglik, as vernietiging plaasvind met die doel om voorwerpe te produseer wat nuttig is vir mense, wat ’n nuttige doel het, is die vernietiging geregverdig vir die liefde tot ander mense. Enige ander vernietiging is egter ’n vergryp, ’n vergryp teen ander mense en teen God, Wie se krag voorwerpe geskep het wat waarlik ’n ander doel gehad het as om die prooi te word van die menslike wil van vernietiging. En hierdie vergryp wreek homself baie erg.

Wanneer die dryfkrag van haat en liefdeloosheid tussen mense materie vernietig, dan moet die mens ook daarvoor boet, - materieel, want hulle het dinge verloor wat ’n nuttige doel vervul het, - sowel as geestelik en laasgenoemde op ’n besondere pynlike wyse, want die gees was teen sy wil en voortydig vrygelaat en hierdie gees ontstig alle substansies in sy omgewing, maar veral die mens, deur aanhoudend voor sy sielsoog te verskyn, dus om aanhoudend sy gedagtes te vul met hierdie verlore voorwerpe. Dit is uiters skadelik vir die siel, omdat dit haar ontwikkeling strem. Sy word teruggehou van geestelike aspirasies, haar sintuie word aanhoudend gerig na materiële dinge en daarom kan die skeppings ’n mens stilletjies treiter wanneer dit onbereikbaar raak vir hom, wanneer dit ten prooi geval het aan die menslike wil van vernietiging.

Elke skeppingswerk van God, of deur ’n mens wat maar net konstruktief werksaam wil wees, moet gerespekteer word. Die vernietigende beginsels wys na die dade van God se teenstander en op hierdie moment woed hy in die wêreld. Hy spoor mense aan tot God-opponerende gedrag teen Sy skeppings, hy het die vernietigende drang in mense laat ontwaak, want hulle het geen liefde nie en verstaan nie meer die betekenis en doel van die skepping nie. En dit sal lei tot ernstige gevolge. God sal hierdie vernietigingswerk van die mens teenstaan, wat die invloed van bose krag is, met ’n baie groter werk van vernietiging, maar wat heeltemal geregverdig is binne God se liefde.

Hy sal die gees, wat gewillig is om die weg van diensbaarheid te gaan op aarde, vrymaak van eindelose tye van gevangenskap. Hy sal die vaste materie vrymaak, sodat die mens se vernietigende wil sal stop en die mens sal leer om aardse skeppings te sien vir wat hulle werklik is, naamlik middele vir ontwikkeling, solank as wat hulle hul nuttige funksie kan vervul. Die goddelike vernietigingsaksie sal mense baie meer ernstig affekteer, maar dit is egter noodsaaklik, sodat hulle kan terugkeer na die korrekte denke, sodat hulle elke skeppingswerk kan respekteer en waardeer, sodat hulle weereens hulle funksie kan verstaan en hulleself konstruktief sal besighou. Want dit en slegs dit is die goddelike orde: Naamlik dat alles wat bestaan sal vorder en dat elke menslike skeppingswerk ’n waarborg sal wees vir die ontwikkeling van gees, solank as wat dit sy nuttige doel sal vervul, solank as wat die menslike wil om behulpsaam te wees, dit voortgebring het. Amen.

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205