BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 257

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Selfsug, God se ingryping is die laaste uitweg

2223 In hul ondenkbare selfsug sal die mensdom hulself vernietig as God nie `n effektiewe teenvoeter gebruik om hierdie selfsug te verminder nie. Die mens dink net aan homself en die lot van sy medemens laat hom in die algemeen onaangeraak. Sy denke en gedrag is gevolglik net altyd die berekening van die grootste moontlike voordeel vir homself, wat geestelik `n geweldige nadelige uitwerking het. Daarom word elke dag wat gespandeer word aan die strewe na aardse voordele, tevergeefs geleef. En huidiglik hou slegs `n klein aantal mense in die wêreld hulle geestelike vordering in gedagte. Hulle ignoreer nie hul medemens se nood deur onverskillig te wees nie. In plaas daarvan, probeer hulle om dit waar moontlik te verlig en maak self opofferings, want hulle oorweeg ander mense se swaarkry meer as hul eie swaarkry. En dit is om hulle onthalwe dat God steeds aarsel om die laaste uitweg toe te pas, want Sy liefde wil mense onuitspreeklike lyding spaar en hulle waar moontlik oorreed om liefdesdade te doen.

God se ingryping sal egter lei tot groot lyding, want hierdie lyding is bedoel om mense se harte te verander, en in die lig van hul naaste se ellende en teenspoed is hulle veronderstel om hul eie swaarkry te vergeet. Dus sal hulle teen hul selfsugtige liefde en strewe moet veg, slegs om hul medemens se ellende te verlig. Slegs dan sal hulle aardse lewe vir hulle geestelik suksesvol raak. Maar ongelukkig, veral nou, het mense baie duidelike aardse begeertes, hulle begeer die goedere van hierdie aarde. Elke gedagte het slegs betrekking op hoe hulle dit kan bekom.

Gevolglik neem hulle geen kennis van wêreldgebeure nie en selfs minder van die tekens wat die werking van God aankondig. Hulle gee geen aandag aan die gebeure wat die geestelike verval vergesel nie. Hulle sien nie die oortredings wat reeds aanvaarbaar is nie, ook gee hulle nie aandag aan die verkeerde konsepte van "reg" en "geregtigheid" nie, en daarom maak hulle ook nie beswaar teen die gees van die tye nie, naamlik die opposisie teen alles wat betrekking het op godsdiens. Hulle is eerder van mening dat alles korrek is, wat duidelik teruggevoer kan word na die teenstander se invloed.

En dit is waarom God Sy invloed handhaaf, d.w.s. Hy werk so duidelik teen hierdie geestelike oppervlakkigheid dat dit gesien kan word deur enigeen wat wil sien. Want Hy neem alle mag. Hy maak mense magteloos, Hy laat hulle voel dat hulle self nie in staat is om God se ingryping te verhoed nie, dat hulle dit sal moet verduur sonder om in staat te wees om dit in die geringste te verander. En dan sal hulle slegs in staat wees om hul karakter te verander, indien hulle bereid sal wees om dit te doen. Hulle sal voorsien word met eindelose geleenthede om die liefdesvonk in hulself te ontsteek, om dit te voed tot `n vlam en dan toepaslik liefdevol aktief te word.

As hulle nie van hierdie laaste moontlikheid gebruik wil maak nie, sal hulle nie meer op aarde gehelp kan word nie, want diegene wie se selfsug te groot is, sal dan nie in staat wees om hul werklike funksie te herken nie, hulle sal vrees vir hul lewe en hul besittings en indien moontlik, probeer om te vervang wat hulle verloor het. In daardie geval sal God se ingryping vir hulle tevergeefs gewees het. Dan sal hulle die gevolge van hul vleeslike toestand moet dra, want dit is wat hulle wou gehad het, want hulle kan nie met geweld losgemaak word van hulle eie selfsugtigheid nie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205