BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Bron van liefde – Gevare - Krag van die liefde

210 Kyk na binne en besef dat alles wat God aan jou stuur jou sal voorsien met geestelike kennis en `n steeds dieper band met die hemelse Vader. Ons onderrig slegs diegene wie se hart verlang na hemelse voedsel en wie se bereidwilligheid om te help vir die Heer welbehaaglik is. Baie mense loop onverskillig verby die bron van Christus se liefde, wat hulle verfrissing en troos kan gee, maar nog honger en dors want hierdie verfrissings is onbekend aan hulle. Om te voldoen aan hul wêreldse wense is genoeg vir hulle. Om hierdie rede gee ons al hoe meer aan diegene wat streef na krag en ondersteuning deur God self.

Dit is `n teenstrydigheid dat God lyding stuur aan Syne ten einde hulle daarna te verfris met Sy barmhartigheid en liefde, maar dit is slegs `n teenstrydigheid vir diegene wat nie die Wysheid van God se handelinge en leiding verstaan nie. Volkome vertroue en uiterste toewyding sal sodanige kennis aan jou openbaar, sodat jy graag alles sal opoffer en slegs goddelike Wysheid sal begeer. Moet daarom nie vroegtydig iets oneindig kosbaar verloën nie, `n doel sal gou genoeg vir jou gestel word, want die lewe is kort. Kom dus steeds nader aan ons, en gee ook aandag aan vandag se woorde wat ons met liefde aan jou gee: Jou standpunt vir die waarheid is nie sonder gevaar vir jou nie, die teëstander sal sy versoekings in gelyke mate stuur om jou te konfronteer met struikelblokke op die weg wat jy neem en hy sal nie wegskram van enigiets nie, indien hy sodoende sy doel kan bereik. Jou innerlike stryd gee bewyse van die gevaar waarin jy is. Maar gebed sal jou help en geen kind kan val wie se begeerte vir die Vader so sterk is soos joune nie. Jy sal die liefde in jou hart voel, jy sal besef dat die gees van liefde van goddelike oorsprong is, wanneer al die gedagtes duidelik en suiwer is en almal `n poging aanwend om vir mekaar te sorg en te werk.

Die krag van die liefde word nog nie deur enige van julle herken nie, dit oortref tyd en ruimte, die oorsprong is dikwels onbegryplik en tog is die onvermydelike gevolg `n korrekte besef. En dit laat herleef met so `n krag dat eeue nie in staat sal wees om dit te verminder nie.

Die lewe op aarde is net `n kort stukkie van die tyd in die ewigheid, liefde was egter effektief selfs daarvoor en sal effektief wees vir alle ewigheid. Op hierdie manier het God verseker dat diegene wat van dieselfde gesindheid is, wat Jesus Christus erken as hulle Heer en Hom wil dien met liefdevolle toewyding verenig word op die aarde, en alhoewel hulle almal verskillende paaie neem, bring hul aktiwiteit van liefde hulle saam, hulle gee aan mekaar uit hierdie liefde en voel die opregte begeerte om elke een van hul medemense die weg na die hemelse Vader te wys. Deur salige geestelike kennis te absorbeer, deur aktiewe werke van liefde deur middel van konstante strewe na volmaaktheid, bereik die mens `n vlak wat hom in staat sal stel om `n vorm van lig aan te neem na sy vertrek en wat hom sal verwyder van die swaar van die aarde.

Besef jy watter barmhartigheid dit is om lyding en bekommernis te oorwin? God neem jou lewe om dit terug te gee aan jou met onverwagte volheid van lig en van ongekende saligheid. Kyk, My kind, dit is ons voortdurende strewe om dit vir jou te bereik. Ons wil graag aan jou die weg wys, maar is slegs in staat om jou te leer as jou wil dit sal akkommodeer. Daarom moet jy doen wat jy kan om ons die geleentheid te bied. Ons wens dat jy nie sal moeg word vir jou werk nie, dat jy voortdurend sal bid en werk vir God se liefde en barmhartigheid. Hoe sterker die krag van gebed, hoe meer word ons met jou verenig en hoe dieper sal jy geaffekteer word deur ons Verlosser se onderrig, Wie dit vir jou in liefde berei het. En as teenkanting in jou ontstaan deur die donker magte, moet jy nog meer bid, sodat jy te alle tye oorwinnend uit hierdie stryd sal tree. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205