|
BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE BERTHA DUDDE
Hoofstuk 70
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511. |
|
|
Vrees vir die dood - Die nutteloosheid van die lewe
762 Die nutteloosheid van die lewe is telkens te oorweeg wanneer die lewe nie juis gebruik word nie en so is menige dwaling die aanleiding daartoe. Die siel sal haar in die grootste nood bevind wanneer die tyd op aarde sonder enige geestelike resultaat verbygaan. Dan maak `n angsgevoel hom van die siel meester. Sy sien die einde van haar lewe op aarde steeds naderkom en voel onbewustelik die folterende toestand van nutteloosheid.
En dit kom dan tot uitdrukking in `n angsgevoel vir die dood. En tog is hierdie vrees vir die dood dikwels weer die laaste middel om tot insig te kom. Wanneer die mens alle aardse doelstellings gerealiseer het, wanneer hy ook naderhand geen werklike bevrediging in die vervulling van sy begeertes kan voel nie, wanneer hy ondanks `n materiële welsyn diep in sy hart `n leegheid voel, dan probeer hy die rede van hierdie onbevredigende gevoel aan die lig te bring en moet hy insien dat die gedagte aan die voortlewe na die dood hom nie tot innerlike rus laat kom nie. Hy moet insien dat alles, wat hy tot nou toe na streef, `n einde het. En hierdie gedagte gee hom geen gevoel van sekerheid nie, eerder van ongemak, omdat hy in die diepste van sy hart geen werklike antwoord kan gee op wat hom na sy sterwe te wagte is nie.
En die nadenke en kommer bring dikwels teweeg dat hy hom in geestelike vrae verdiep, sodat hy helder van gees skielik die verganklikheid en onwaardigheid van al die aardse leer insien en meer aandag skenk aan die ondeurgrondelike. Dan word sy gees aktief tot dieselfde mate as wat sy verlange na die aardse afneem. En die vrees vir die dood het dit teweeggebring en die siel is gehelp deur die worstelende goeie geestelike kragte om hom. Die gedagte aan die dood kan dus `n onuitspreeklik seënryke uitwerking hê op diegene wat altyd en maklik vervulling gevind het in wêreldse begeertes. Aan die wêreld en die gevare daarvan waarvan hy voortdurend meester was, skenk hy nou geen aandag nie. Maar hy staan magteloos en kragteloos teenoor die dood. En die besef van sy eie swakheid word dan die angs, wat die wil aanspoor om `n weg te soek om die verskrikkinge van die dood te oorwin. En hierdie weg is die verbondenheid met die ewige Skepper, aan wie die lewe en die dood onderworpe is.
Wie tot insig gekom het, vrees nie die dood nie, want sy siel het die weg na die ewige lewe gevind. Dood beteken duisternis en nag. Die luste en begeertes van die wêreld omhul die gees in duisternis en hierdie toestand is dieselfde as die ewige dood. Slegs hy wie die verlange na die wêreld oorwin het, sal uit die nag na die lig kom. Hy sal uit die dood ontwaak tot lewe en hy sal sonder enige twyfel die vrees vir die dood oorwin. Daarom is die loslaat van die wêreld die heel eerste voorwaarde om die gees uit die kettings van die materie te bevry. En elke tree deur die aardse lewe sal dan begunstiging van die siel beteken en geestelik `n positiewe ontwikkeling tot gevolg hê. As die mens die doel bereik het om in die lig van hierdie waarheid te staan en nie die verskrikkinge van die dood hoef te vrees nie, dan sal hy aan die einde van sy lewe kan sê: "My lewe was waarlik nie nutteloos gewees nie". Amen.
|
|
|
|
|