BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 236

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die mens is tot niks in staat sonder goddelike genade nie - Gevaar

2136 Die mens word bewus van die gebrek aan krag sodra hy gelowig is. Want dan sien hy homself as `n swak skepsel sonder die genade van God. Gevolglik hoef `n eie swakheid nie spesiaal aan `n gelowige mens voorgehou te word nie, want hy sal homself selde in staat ag om met eie krag by God te kan uitkom. Die gelowige mens sien in God die mees verhewe en mees volmaakte Wese en is bewus van sy eie geringheid en swakheid. Hy sal dus steeds die krag vir sy aardse lewenswandel, vir sy weg omhoog, van God afsmeek. Hy sal God vir genade vra, omdat hy weet dat hy nie sonder die goddelike genade opwaarts kan gaan nie.

Ontbreek dit die mens egter aan geloof, dan beskou hy homself nie as `n kragtelose skepsel nie. Hy is eerder vas daarvan oortuig dat dit van hom alleen afhang om dit te bereik wat hy hom voorgeneem het, hetsy aardse- of geestelike sukses. Gewoonlik streef hy net na aardse resultate en `n geestelike strewe vind hy onbelangrik. Maar vir hom is dit `n direkte gevaar wanneer `n geestelike resultaat slegs met die skenk van genade gemotiveer word. Want omdat hy homself as kragtig beskou, het hy geen twyfel dat hy nie in staat sou wees om hom na God se wil te vorm nie. En daarom maak hy sy geestelike volmaakwording daarvan afhanklik of God hom uitverkies, d.w.s. hom sy genade laat toekom, dus hom bestem het om gered te word. En gevolglik skakel hy sy vrye wil uit wat hom toelaat om te bid om genade. Hy het geen diep geloof nie en kan en wil daarom nie hierdie leerstelling glo wanneer sy kragteloosheid aan hom voorgehou word nie. Maar aan die ander kant wag hy op die goddelike genade, wat hom sonder sy toedoen vashou asof dit goddelike wil is.

Die korrekte geloof laat die mens op die korrekte manier bid, vol nederigheid en oorgawe aan die wil van God. Maar steeds is dit sy eie wil wat hom aanspoor om te bid, terwyl die ongelowige mens self nie aktief word nie, maar wag op dit waarvoor hy moet bid, d.w.s. wat hy van God moet vra. En hierdie instelling kan die gevolg daarvan wees dat die mens geleer word dat hy tot niks in staat is sonder die gawe van goddelike genade nie. En daarom doen hy ook niks om hierdie genade waardig te word nie.

Die leer dat die mens uit eie krag tot niks in staat is nie, bring hom nie tot die vra om toesending van krag nie, inteendeel, dit bring hom daartoe om passief te wag. En daarom is dit beter om slegs die swakheid van wil aan hom voor te hou, sodat hy sy bes kan doen om hierdie swakheid op te hef en nou in die gebed om versterking van sy wil te worstel. Want hierdie krag kan deur God aan hom gegee word, maar die wil kan nie onder dwang tot aktiwiteit aangespoor word nie. Hy moet uit eie aandrang op God afstuur, dan word die goddelike genade ook na hom toe gestuur en sal hy sy swakheid teenoor die ewige Godheid insien. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205