BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 418

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Naasteliefde die gebod - Eieliefde

3272 Deur die gebod van naasteliefde moet daar `n halt geroep word aan die eieliefde, want dit is die dood van die siel. Die mens mag in `n geringe mate van homself hou. Dit wil sê, dat hy in soverre noukeurig met die barmhartigheidsgeskenk van God moet omgaan, dat hy sy lewe sal beskerm teen moedswillige skade en alles sal doen om hierdie lewe in stand te hou, omdat dit hom nie as nutteloos gegee is nie. Sodra hy egter besonder baie van homself begin hou, kom hy nie die eintlike lewensdoel van sy lewe na nie. Want eieliefde veredel die mens nie, inteendeel, dit trek hom af. Maar die naasteliefde moet onvermydelik die eieliefde kleiner maak en wel in dieselfde mate as wat die liefde tot die naaste beoefen word. En omdat die mens die moontlikheid het om op die mees omvangryke manier naasteliefde te beoefen, sal dit die eieliefde spoedig veelvoudig kan oortref. Maar daarvoor is `n oorwinning nodig, naamlik om aan die naaste goed te doen, wanneer die liefde in die hart van die mens nog nie tot `n helder vlam ontbrand het nie. En daarom het God die gebod van naasteliefde gegee, maar die mens wat egter liefde in homself het, het die gebod nie nodig nie.

Waar die eieliefde egter nog die oorhand het, moet die mens deur die gebooie aangespoor word om teen eieliefde te veg. Hy moet in `n sekere sin daaraan gewoond raak om minder aandag aan homself te skenk ter wille van sy medemens. Dwing hy homself tot werksame naasteliefde - al is dit in die begin ook sonder innerlike drang - dan sal dit spoedig die liefde in hom laat ontbrand en hy sal dan die werke van liefde verrig uit ’n innerlike aandrang om te help en gelukkig te maak. En dan word die eieliefde kleiner en bewys hy aan homself die grootste daad van liefde, want hy red sy siel, maar sonder selfsugtige gedagtes, want hy werk in liefde ter wille van die liefde en die goeie. En dus groei die liefde tot God ook in hom, wat in die liefde tot die naaste tot uitdrukking kom, want om God lief te hê met jou hele hart is om Sy gebooie na te kom. En sy gebooie verg liefde. Liefde vir alles wat God geskep het, op onbaatsugtige wyse, want die eieliefde soek net eiebelang en is derhalwe nie goddelike liefde nie. En as die mens nie die eieliefde bestry nie, sal hy voortdurend agteruitgaan in sy ontwikkeling, want die goddelike liefde bly dan vreemd vir hom. Maar slegs naasteliefde bring aan hom verlossing.

Die eieliefde wil alles besit, en dit soek slegs aardse goedere en verhinder derhalwe die ontwikkeling van die siel, want slegs hy wat gee, sal ook kan ontvang. Wie egter meer van homself hou as van sy naaste, sal ook niks wil uitdeel nie en daarom ook niks kan ontvang nie. Maar omdat God uitdeel, beantwoordend aan die wil van die mens om te gee, moet die mens eers deur die gebooie aangespoor word om te gee. En soos wat hy nou die gebooie nakom, so word hy ook deur God beloon. En daardeur word hy stadig opgevoed tot liefdadigheid, wat dan ook steeds onbaatsugtiger kan word, hoe meer die mens die eieliefde bestry. En dan eers sal hy ook die seën van naasteliefde besef, omdat dit hom des te gelukkiger maak, hoe meer dit die aandrang van sy hart raak. En des te meer sal die mens ontwaak tot lewe, terwyl die eieliefde hom verdoem om `n geestelike dood te sterf.

Die liefde moet beoefen word, as die gees in die mens lewendig moet word. En daarom het God hom die gebooie gegee, want die mens bly voortdurend in gevaar om teen die vyandige krag te verloor, wanneer eieliefde die oorhand het, terwyl hy steeds nader aan God sal kom, hoe meer hy homself verraai, dus die eieliefde oorwin. Want die liefde vir die naaste gee aan hom die onverdeelde Liefde van God, wat hom sal vashou en wat Homself met hom sal verbind en wat hom die gelukkigste wese op aarde sal maak en eendag tot in die ewigheid. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205