BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 406

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Aansporinge (Joh. 14) - Intrek in die hartswoning

3238 Julle harte moet rein en vlekkeloos wees as julle My daarin wil opneem. En dus moet julle jul bes doen om edeler te word deur slegs goeie gedagtes in julle te hê, elke bose opwelling moet ver van julle af bly, julle moet mekaar in vreedsaamheid en liefde bejeën, geen wrok of haat in julle laat opkom nie, julle moet steeds tot hulp bereid wees en julle krag gebruik om in die liefde te werk; julle moet herhaaldelik versonke wees in gebed en ook aan die gestorwenes dink, julle moet barmhartigheid beoefen en in alle geduld die swakhede van die medemens verdra en nie wil uitblink nie, veel eerder in deemoed en sagmoedigheid diensbaar wees waar julle maar `n werk van liefde kan verrig. Want dan alleen sal julle na My aard, wanneer julle julleself sal inspan om My in alles na te volg, wanneer julle voortdurend sal werk aan julleself en alle foute en swakhede aflê. Dan kan Ek My Meester maak van julle harte en in julle woon en werksaam wees.

Dit is al `n bomatige groot geluksaligheid op aarde, want wanneer Ek Self by julle sal wees, sal daar geen nood meer bestaan nie, geen aardse leed en geen smart nie, want julle liggame sal niks meer voel nie, slegs vir die wêreld sal dit nog skynbaar gevoelig wees, terwille van die mense wat nog nie `n hoë graad van volmaaktheid bereik het nie, of wat nie My teenwoordigheid wil toelaat nie. En dus sal Ek ook nie duidelik herkenbaar wees nie, maar die mensekind wat hierdie voorwaarde nagekom het om My teenwoordigheid te geniet, sal My nabyheid voel en sal bomate geluksalig wees. Hy sal My hoor en sal gelukkig wees met My stem.

En elke mens kan hierdie geluk aan homself verskaf indien hy ywerig na volmaaktheid streef, indien hy alles sal doen om My welgevalle te verwerf en sy hart omvorm tot liefde, want dan trek hy My onvermydelik na homself toe en Ek sal dan My verblyf in sy hart neem en sal nooit meer van hom af weggaan nie. As julle egter gebreke het en julle julleself nie inspan om dit kwyt te raak nie, rig julle `n hindernis vir My en My werksaamheid op en Ek sal dan ewig onbereikbaar bly vir julle. Julle sal ernstig moet wil en van My die krag afsmeek om julle wil te realiseer en julle sal dan alles moet doen om vooruit te gaan in julle ontwikkeling, julle sal julleself moet ondersoek en julle foute bestry, julle sal in die goeie moet wedywer en steeds daarna strewe om julle te vervolmaak, dan sal My Liefde julle bystaan en krag sal julle toestroom en julle strewe sal resultate oplewer, julle sal Myself kan opneem in julle harte en dit beteken geluksaligheid, alreeds op aarde en in die ewige vereniging in die geesteryk.

Want die vereniging met My neem alle aardse node van julle af weg, dit maak julle vry en vol krag, dit onthef julle van julle gebondenheid aan die aarde en daar word `n kennis in julle ontsluit wat julle gelukkig sal maak en sal aanspoor om tot die uiterste toe werksaam te wees in liefde. Want My stem sal dan aanhoudend in julle weerklink en Ek sal julle onderrig en lei in al julle weë, julle dade, julle gedagtes en julle wil. Dog dwing Ek julle nie, maar julle hart, wat julle vrywillig vir My aangebied het, sal dieselfde wil in haar hê wat julle heeltemal onder My Wil sal plaas en daarom sal die mens nie meer anders kan dink en wil nie. Dit is dus die grootste saligheid om een te wees met My Wil.

Strewe daarom met alle ywer na hierdie vereniging met My, werk aan julleself en omvorm julleself tot liefde, sodat Ek in alle volheid by julle kan wees, sodat Ek My intrek in julle harte kan neem sodat julle nie meer eensaam en verlate sal wees nie, sodat My Liefde julle gelukkig kan maak en My krag julle kan toestroom, sodat julle die weg oor die aarde nie meer alleen hoef gaan nie, maar sodat julle in My `n voortdurende Begeleier kan hê. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205