BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 156

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die werking van die leuenvors op die denke van die mens

1580 Kyk na die werke van die mensdom. Hulle word deur die leuengees beheer en dit rig ondenkbare verwarring aan. Steeds meer sal die menslike denke hom verwyder van die waarheid, want die mens neem die leuen gedagtes aan en hy gebruik sy eie vermoë om te beoordeel en gevolglik word die gevoelslewe van die mens ook op dwaalweë gelei.

En dit is dan begryplik dat die omhulsel om die geestelike in die mens steeds dikker word, dus die mens steeds meer en meer van die waarheid verwyder, omdat die gees in hom, homself nie kan uiter nie, d.w.s. die siel is nie in staat om geestelike waarheid in haar op te neem nie.

Sodra die denke van die mens dan `n verkeerde rigting inslaan, klink die stem van die gees in hom steeds sagter en word einde ten laaste nie meer gehoor nie. Die gevolg daarvan is `n mensdom wat in totale onwetendheid verkeer, wat heeltemal ander doeleindes nastreef as wat oorspronklik aan hulle gestel was en die aardse lewenswandel word derhalwe heeltemal vrugteloos, want solank as wat die mens in dwaling leef, kies hy die kant van die mag waarvan hy hom eerder moet losmaak.

En nou gebruik die mag, wat God vyandig is, die wil wat na hom gekeer is en spoor die mens aan tot handelinge wat teen God gerig is, om so alle verbinding met Hom te vernietig en die mens heeltemal onderdanig aan hom te maak. En hierdie toestand kan nou duidelik onder die mensdom herken word. Die aardse lewe word heeltemal onafhanklik van God geleef, selde word daar nog gedink aan Hom uit Wie alles voortgekom het, of alle gedagtes wat die geestelike betref word angstig geheim gehou.

Waar daar tenminste nog aan God gedink word, word Hy nie meer openlik bely nie. Dit is alles sigbare tekens van die aktiwiteit van die kragte wat God vyandig gesind is, want hul invloed word des te sterker, hoe kragteloser die mens word. En omdat die mens hom steeds meer van die ewige Godheid verwyder, word sy krag ook steeds geringer om die kwade invloed te weerstaan.

Daarenteen word nou die krag van die mag wat teen God is, na hom gestuur en dit steun hom in al sy aardse strewes. So word aardse sukses juis deur hierdie krag gewaarborg en daarom dra die aardse sukses nog meer daartoe by om hulle heeltemal van God los te maak, want die mens het dus geen goddelike krag meer nodig nie, en dus roep hy God ook nie meer aan nie, maar ontken Hom.

En dit is steeds die bedoeling van die teenstander, naamlik om die mens heeltemal weg te vat van hul denke aan God, want dan het hy hulle heeltemal in sy mag. Hy het dus oorwinnaar geword oor die wese aan wie dit vry gestaan het aan wie hy die oorwinning wou gee. Hy het egter die teenstander gekies en sodoende sy aardse weg heeltemal verkeerd begin stap.

Maar tog laat God hierdie mense nie verlore gaan nie. Hy wil hulle wys dat al die aardse wat nagestreef word, ook aan Sy Mag onderworpe is, dat Hy dit kan vernietig as dit Sy Wil is. Dit is geensins `n doellose vernietiging van dit wat vir die mens begerenswaardig lyk nie, maar die werk van vernietiging sal, geestelik gesien, ook van die grootste voordeel wees vir tallose wesens. Dog die mens wat nie die diepe betekenis hiervan insien nie, word die hardste daardeur getref, want hulle sal alles verloor wat hulle tot nou toe begerenswaardig in hul lewens geag het. En nou sal hulle weer voor die besluit staan om of weer dieselfde na te streef, of om die verganklikheid daarvan te herken en nou vir hulle onverganklike goedere te versamel.

Gedurende die tyd van vernietiging verloor die teenstander mag en wanneer die mens dan sy onmag besef, is dit moontlik dat hy insien dat daar `n ander Meester bo hom staan en dat hy homself dan na Hom wend. Aardse goedere is `n deel van die bose mag, want dit berg die onverloste gees in haarself. En die mens mag nie verlang na dit wat vir homself `n verblyfplek deur ewighede heen was nie. Hy moet dit nie nastreef nie, juis omdat hy eindelose lang tye nodig gehad het om dit te oorwin. En so moet die waardeloosheid daarvan aan hom bewys word, sodat hy hom daarvan afwend en hom wend tot die dinge van die hiernamaals. Hy moet die aardse opgee en die geestelike begeer, dan sal hy ook die laaste vorm oorwin en hom bevry vanuit alle kettings.

Die gees is egter iets wat sal bly bestaan en behoort derhalwe tot die ryk van die waarheid. Die aardse daarenteen is verganklik en maak dus deel uit van die ryk van die duisternis, die leuen, want dit gryp slegs onvolmaakte gees aan wat die waarheid nie insien nie en wat daarom verban was.

En so kan die mens nooit in die waarheid wandel solank as wat hy aardse goedere begeer en die vors van die leuen mag gee, deur juis dit te begeer nie. En hy sal solank deur die leuen beheer word as wat hy aardse goedere begeer. En hy sal verkeerde gedagtes hê, want die vors van die leuen probeer eers om op die denke van die mens in te werk, om hom heeltemal van die waarheid af te bring. En daarom is die toestand van die mens uitermate bedenklik en dit kan alleen opgehef word wanneer God Self die mag van Sy teenstander breek, deurdat Hy aardse besit vernietig. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205