BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 136

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Liefde tussen twee persone

1459 Wat julle mense liefde noem, is `n gevoel van samehorigheid wat God wil hê en hoef dus nie voor Hom ontken te word nie. God Self het hierdie gevoel in julle harte geplaas om julle gelukkig te maak, sowel as om Homself nader aan julle te bring, omdat diep gevoelde liefde vir `n ander mens gelyktydig liefde vir God moet wees, omdat die ander persoon God se lewende skepping is en dus is nie net die lewende skepping die doel van hierdie diepe liefde nie, maar ook die Skepper Self. So bewys julle dus die Ewige Skepper dieselfde liefde wat julle gee aan Sy lewende skepping. Hierdie liefde moet egter gee en nie begerig wees nie, of die begeerte behoort dieselfde te wees as die liefde.

God het Sy lewende wesens geskep vir wedersydse geluk, die een moet die ander dien, m.a.w. aan die ander gee wat hy wenslik ag vir homself, en as hy liefde vra van hom, moet hy ook liefde gee. Dit is wat God wil hê, Wie daarvan hou om op dieselfde manier Sy liefde aan Sy mense te gee en Wie ook vra om deur hulle bemin te word.

As die mens slegs na wêreldse voordeel kyk, sal sy liefde nie waar wees nie, aangesien dit as gevolg van selfsug ontstaan het, wat nie van goddelike oorsprong is nie. In daardie geval sal die teëstander die gevoel in julle harte plaas om julle wil te verswak en kennis te neem van julle liggame se begeertes. Dan sal almal probeer om te neem, maar nie om te gee nie en dan sal die liefde geen positiewe uitwerking hê nie. Want dit is die liefde vir die wêreld, die liefde van die sintuie, dit is nie `n gevoel wat God wil hê nie, maar die weg van die teenstander om julle te laat val. Dan sal julle verkeerdelik aan die instink wat oorheers die naam liefde gee, maar in plaas daarvan is dit begeerte en selfsug en nie onselfsugtige liefde wat verblydend is nie.

Diegene wat uit God ontstaan het, moet mekaar weer vind en gesamentlik streef na God om mekaar te ondersteun en te lei op die weg na omhoog. En hierdie liefde moet haarself uitdruk in die verlange na mekaar, die mens moet die ander persoon se teenwoordigheid as God se mees genotvolle geskenk met stralende geluk ervaar. Sy hart, vol van dankbaarheid, moet die Skepper loof, Wie aan hom `n straal van Sy lig van liefde sal stuur. En hulle onderlinge liefde sal aanleiding gee tot goeie gedagtes en sal goeie werke veroorsaak. Hierdie liefde is heeltemal in ooreenstemming met God se wil, sy veroorsaak geluk en uitgelatenheid, sy eis nie maar gee, sy is uit God en lei terug na God, sy ken geen grense nie en sal voortgaan om vir ewig te bestaan.

Want as sy van God is, kan sy nie vasgehou word nie, sy sal altyd en ewig geluk en vreugde beteken en onveranderd bly, omdat sy iets geestelik is wat uit God straal, wat nie die liggaam affekteer nie, maar die mens se siel raak en so sal sy nie deur die liggaam gevoel word nie, maar deur die siel. Liefde is die krag wat tot voordeel van die eenwording van die geestelike wesens is en dra daarom God se volledige goedkeuring. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205