BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 422

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Werk vir die koninkryk van God - Missie

3284 Mense wat deur die Gees van waarheid deurdring is, word gekies om hierdie waarheid te versprei, en dit is `n verantwoordelike taak op aarde, want die ontvangs van die waarheid is ook `n verbintenis om dit verder uit te dra. Aanhoudende aktiwiteit word van hulle verwag, aktiwiteit vir die koninkryk van God wat die waarheid aan die wêreld moet oordra deur hierdie mense. Maar die harte van diegene wat gekies het om dit te doen, moet in staat wees om lief te hê, anders sou die Gees van God nie in staat gewees het om `n uitwerking op hulle te hê nie. En die vermoë om lief te hê, maak die verspreiding van die goddelike waarheid `n vreugdevolle taak, waaraan hulle gretig en gemaklik voldoen. Sodra `n persoon gevul word deur die goddelike waarheid, verloor hy ook die sin vir genot en wêreldse goed; hy kry slegs vreugde uit geestelike kennis en dus word geestelike werk sy doel in die lewe.

En dit is `n verantwoordelike taak as hy in gedagte hou dat hy die geleentheid het om tallose siele op die regte weg te lei, op die weg van besef, en dat hy in elke opsig die meeste van hierdie geleentheid moet maak. As `n verteenwoordiger van God word hy in `n veld van aktiwiteit geplaas waar hy uiters suksesvol kan werk, maar dit vereis `n vaste wil, groot liefde, geduld en deursettingsvermoë, dit vereis die gewillige aktiwiteit van liggaam en siel, want albei moet toegee aan die drang van die gees, wat voortdurend aanspoor om hierdie werk te doen.

Dus moet die mens homself geheel en al tot God se beskikking stel, Wie hom deur sy Gees sal inlig waaruit sy werk bestaan. Solank as wat die siel nog op twee gedagtes hunker, kan sy nie die stem van die Gees duidelik genoeg hoor nie en moet sy poog om hierdie toestand te verdryf deur haarself onvoorwaardelik aan God te oorhandig en `n beroep op Hom te doen vir Sy korrekte leiding in elke opsig, sy moet nie angstig spekuleer en redeneer nie, maar moet haarself volledig en vertrouend oorhandig aan die Gees se leiding en dit sal altyd die regte weg wees, dan sal alle gebeure in die lewe haar so nader, dat sy haar geestelike werk kan doen, sodat sy kan werk vir die koninkryk van God.

Hierdie werk sal aanvanklik nie duidelik wees nie, want die tyd het nog nie aangebreek vir die werk van die arbeiders van God nie, Sy werkers word nog in stilte voorberei en hul aktiwiteit is ook beperk, maar hulle sal selfs in die stilte aktief wees, totdat die tyd aanbreek waar daar `n groot aktiwiteit sal begin vir die redding van die siele wat in groot nood sal verkeer. Maar die gees in die mens sal hom lei na die plek waar sy werk nodig sal wees. Want weer en weer sal siele voorberei word wat ook verantwoordelik sal wees vir die werk van die koninkryk van God, want baie arbeiders sal benodig word in die wingerd van God.

Voor dit sal die goddelike waarheid aan hulle oorgedra word, sodat hulle bevoegde arbeiders sal wees en in staat om vir God te werk gedurende die komende tyd. Want hulle sal deur ontelbare siele benodig word wat nog in geestelike duisternis talm en nie in staat is om die weg na die lig te vind nie, maar daar waar die goddelike waarheid sal wees, dit is waar die lig sal skyn, en as die lig op die regte manier aan mense gegee word, indien die waarheid met liefde vir hulle aangebied word, sal baie harte oopmaak en hulself laat verlig. Om siele te red vir die ewigheid is `n saligmakende missie, dit is `n missie wat voortdurend vergesel word deur God se seën, en elke arbeider in die wingerd van God kan verseker wees van goddelike hulp deur bloot gretiglik te strewe om namens die koninkryk van God op aarde te praat, want dan sal hy altyd deur geestelike kragte ondersteun word en sy werk sal geseën word. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205