BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 205

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Wil – Genade - Insig (aanvulling op nr 1937)

1939 Die gang deur die aardse bestaan is die enigste moontlikheid om die wese so ver te vorm dat hy in die stadium as mens vir God kan leer ken en dus in staat kan wees om vir homself iets wesenlik voor te stel en hom met hierdie Wese in verbinding te stel. Hierdie vermoë moet die wese nou ook gebruik om die verbinding met God tot stand te bring. Om te kan insien en te wil aanvaar, dit is die doel van die verblyf van die wese op die aarde. Die eerste is `n geskenk van God se genade. Maar die wese as mens moet self die Godheid wil aanvaar. Daarvan kan God hom nooit onthef nie, anders sal die doel van die aardse bestaan nagelaat wees, wat immers in die aktief word van die wil bestaan.

Maar die insien van die oorsprong en die bestemming laat die wil ook aktief word. Gevolglik is die genade van God wel indirek die mens behulpsaam, ook om te wil. Maar die kleinste weerstand hierteen maak dat die goddelike genade sonder uitwerking raak, en weerstand is `n verkeerde wil. Die wil sal homself steeds in die beliggaming as mens uiter, net dikwels andersom, d.w.s., in `n aan God teenoorgestelde sin, ofskoon alles wat die mens omgewe, getuig van `n goddelike Skepper en dit dus voldoende moet wees om ook die wil op die regte manier aktief te laat word.

Sou die genade van God hierdie wil ook kon rig na die goddelike ordening, dan sou die wêreld verlos gewees het, want daar sou dan waarlik geen wese meer bestaan het aan wie die goddelike liefde nie hierdie genade sou wou laat toekom nie. Dus sou alle mense gedurende hul lewe op aarde tot hierdie besef moes kom en alle mense sou moes aanstuur op God, óf anders sou die oorgrote liefde en barmhartigheid van God ontken moet word, soos Hy die een of ander wese sou laat val, die wesens dus nie daartoe sou bring om die regte ding te wil nie.

Daar ontstaan dikwels sulke verkeerde opvattings onder die mens, en dit is baie moeiliker om so `n dwaling uit die wêreld te help, as om dit in die wêreld te versprei. Maar om God te kan ken, moet die leuen, die dwaling, absoluut uitgeskakel word. Want `n verwarde denke van die mens dra nie daartoe by om die wil op God te rig nie. God moet as oneindig liefdevol, wys en almagtig erken word. Dan eers is die geloof teenwoordig, dan eers word die liefde vir hierdie hoogs volmaakte Wese aktief en vanuit hierdie liefde ook die liefde vir sy skepsels. Dan staan die mens uit eie beweging in die regte insig en die regte wil teenoor God en dan eers kan hy homself heeltemal bevry uit die gebonde toestand, wat die gevolg was van sy verkeerde wil. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205