BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 444

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Nuwe geestesrigting - Mense werk

3366 Dit sal die doel van diegene wees wat God nie meer sal herken nie, as gevolg van hulle liefdelose lewenswandel, om mense in `n heeltemal nuwe geestesrigting te dwing. Hulle sal die ou geloof verwerp en sal poog om dit te vervang met ’n nuwe leer, want hulle voorneme sal wees om mense se denke te verwar deur te probeer om alles te weerlê en deur teenwerping twyfel in hulle te wek, ten einde hulle voor te stel aan `n nuwe geestesrigting, waarmee hulle met lis en dwang gewerf sal word. Want hulle sal nie terugdeins om hul doel met oneerlike middele te bereik nie, hulle sal streng optree teen mense wat aan hul ou geloof getrou sal bly en sal diegene eer en bevorder wat hulle terwille sal wees, deur die verspreiding van die nuwe leer. En hierdie leer sal mensewerk wees. Daar sal geen wysheid of liefde daarin geleë wees nie. Die doel van hierdie leer sal wees om die mense minder geestelik te maak en sal aan die mense die verkeerde idee gee oor die doel van hul aardse lewe, want dit sal nie afkomstig wees vanuit die geesteryk nie, want dit sal alle geestelike aspekte ontken en sal slegs wêreldse doelwitte laat geld.

En hierdie leerstellings sal so vir die mense aangebied word, dat niemand hul van die invloed daarvan durf onttrek nie, sodat die daaglikse lewe as te ware afhanklik sal wees van die aanneem van hierdie leer, sodat mense ernstig voor die keuse gestel sal word om dit aan te neem of te verwerp. En hierdie geestesrigting sal oral goedkeuring vind, want dit sal die mens se wêreldse ingesteldheid in ag neem, wat by die meeste mense deurslaggewend sal wees, want die mensdom sal toenemend materialisties word en sal heeltemal afgewend wees van die geesteryk. Hulle sal dit aanneem wat van menslike kant aan hulle gegee word, maar sal nie enige geestelike gawes as sodanig herken nie. Hulle sal God se Woord bespot en belaglik maak en sal elke waarheidsgetroue opheldering verwerp.

Aan die ander kant voldoen die menslike strukture en menslike idees, wat liefdelose mense poog om te versprei, aan die goedkeuring van die meeste. En so sal daar `n geestesrigting ontwikkel wat volkome in stryd sal wees met die suiwer waarheid. Dit sal `n geestesrigting wees wat niks in gemeen sal hê met die leer van Christus nie, want Christus se leer van die liefde sal verbied word. En omdat die liefde nie as die vernaamste geleer sal word nie, sal hulle verkoel. En ook die wysheid, wat ondenkbaar is sonder liefde, sal ook tot `n einde kom.

Mense se denke sal selfs meer vals raak, minder en minder sal mense hul toevlug tot God as die Oerbron van alle wysheid neem en dit sal ook nie meer moontlik wees om die suiwer waarheid aan hulle oor te dra nie. Ook sal die waarheid nie langer herken word nie, terwyl dwaling daarenteen haarself sal handhaaf, aangesien die mensdom nie langer in staat sal wees om waarheid van valsheid te onderskei nie, as gevolg van hul liefdeloosheid. En so sal hulle hulself laat verdring en toelaat om al hoe dieper in `n insiglose toestand te daal. Daar sal geestelike duisternis vir die mensdom wees. Dit sal nag wees onder die mense en niemand sal na die lig verlang nie. En daarom sal die teenstander `n maklike spel hê. Die stryd teen die geloof sal op alle vlakke van die samelewing gevoer word, want liefdeloosheid sal oral oorheers en mense se insig belemmer. Maar menslike werk sal nie bly bestaan nie. Dit sal vergaan, soos alles wat nie uit God is nie, nadat `n enorme chaos in werking gestel is, want wat hom teen God rig, sal nie vir lank bestaan nie en sal derhalwe deur God Self vernietig word wanneer die tyd van ontbinding aangebreek het. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205