BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 397

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Hulpeloosheid in die hiernamaals – Die goddelike wet

3206 As die siel nie krag ontvang nie, sal sy onaktief bly. En hierdie toestand van traagheid kan slegs reggestel word deur dade van liefde, waarvoor die siel egter onwillig is wanneer sy haarself in hierdie hulpelose toestand bevind in die hiernamaals. Hierdie onwilligheid kan egter op aarde gestimuleer word deur die Woord van God. Die mens kan getoon word dat dade van liefde `n seëning vir hom sal wees en dat hy nou die woord van God ter harte kan neem, hy kan daaroor nadink en vrywillig besluit om goedhartige dade te verrig, want op aarde ontbreek dit haar nie aan krag om sy wil tot uitvoering te bring nie. Dan sal die siel geestelike krag ontvang en haar ontwikkeling voortsit.

Maar dit is anders in die hiernamaals waar die hulpelose siel niks anders kan doen as om te wil hê nie. En of die wese krag sal ontvang al dan nie, hang dus van hierdie wil af. Die siel in die hiernamaals is dus afhanklik van die hulp van meer volwasse wesens, terwyl die mens op aarde sy wil sonder die hulp van geestelike wesens kan gebruik. Daarom mag die mens nie sorgeloos lewe in die mening dat, as hy nie sy doel op aarde bereik het nie, hy in die hiernamaals kan inhaal wat hy op aarde nagelaat het aan sy ontwikkeling. Dit is valse hoop wat hom eens bitter sal berou, ofskoon die toestand in die hiernamaals nie heeltemal hopeloos is nie. Die siel sal nog onuitspreeklike kwellinge moet deurmaak, wat sy maklik op aarde kon voorkom het, deur ernstig omhoog te strewe. Die toestand van hulpeloosheid is onbeskryflik droewig, dit is `n toestand waarin die siel nie willens genees kan word nie, omdat sy van die liefde van ander wesens afhanklik is. En hierdie liefde is soms maar vaag te herken vir die siel en is in ooreenstemming met haar eie liefde teenoor ander lydende siele wat ook ly.

So `n liefdelose siel kan dus ewighede in haar hulpelose toestand deurbring, sonder dat `n besorgde wese haar sal nader, indien sy vashou aan haar selfsugtige liefde, as sy slegs aan haarself en aan haar eie lot dink, sonder medelye oor die lot van `n ander siel. Volgens die goddelike wet kan sy nie ontvang wat sy onwillig is om aan ander siele te gee nie en haar selfsugtige benadering verhoed dus toenadering deur ligwesens om verligting te bring. En omdat sy nie bereid is om aan haarself te gee of om haarself te help nie, kan ook niks aan haar gegee word nie, of nog minder kan sy gehelp word. En die ergste van alles is dat die woord van God ook nie aan haar gegee kan word sodat haar geestelike blindheid verwyder kan word nie, aangesien die woord van God lig is en as gevolg van haar liefdeloosheid, is die siel nog nie ontvanklik vir lig nie. Op aarde daarenteen, word die woord van God ook vir die liefdelose mense aangebied, want dit is die barmhartigheid wat God aan die verlore siele op aarde skenk, wat dit kan aanneem of verwerp volgens hul eie wil. Terwyl die wese in die hiernamaals slegs geraak sal word deur die barmhartigheid van God in soverre sy vry is om liefdevolle gedagtes in haarself op te wek, waarna sy ook krag sal ontvang. Menige siel is egter so verhard, dat sy nie in staat is om liefdevolle gedagtes op te wek nie en dan is dit vir haar `n onhoudbare toestand wat sy nie self kan beëindig nie.

Hierdie siele is egter deur ander mede-lyers omring, wat hul liefde kan laat ontbrand en daardeur kan hulle hul toestand te enige tyd verbeter, indien hulle hulself toelaat om lief te hê, want selfs die geringste wil om hierdie mede-lyers te help, sal aan hulle krag gee. En sodra hulle hierdie invloei van krag opmerk, word hulle meer hulpvaardig en hierdie hulpvaardigheid teenoor ander siele veroorsaak `n innerlike vreugde, en dan het hulle hul hulpelose toestand oorkom, naamlik die toestand van volkome traagheid. Vanaf hierdie oomblik af aan kan hulle ook die Woord van God ontvang, sodat die ligwesens wat onderrig gee, hulle nou ook kan nader en God se wette aan hulle openbaar en waarom dit nagekom moet word. Die ligwesens se onderrig moet dan begin, sodat die oningeligte siele lig en krag kan ontvang, dit is kennis wat hulle nou met liefdevolle sorg verder kan deurgee om die lot van lydende siele te verbeter. Maar sulke hulpelose siele mag vir ewighede sonder hulp gelaat word, maar hierdie toestand kon egter gemaklik vermy gewees het, indien die mens die beste sou gemaak het van sy geleenthede op aarde, ten einde die hiernamaals volwasse in te gaan wat aan hom lig en krag sou gegee het en wat hom in staat sou gestel het om salig aktief te wees in die geestelike sfeer. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205