BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 323

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Slaap die dode?

2553 Die geloof dat siele slaap na die dood is slegs in soverre waar, naamlik dat die onvolmaakte siele in `n heeltemal werklose toestand verkeer, omdat hulle geen krag het nie. Dit is egter geen toestand van gemaklike rus nie, maar `n toestand van kwelling, gebondenheid en magteloosheid en daarom geen toestand om na te strewe nie.

Die siele in die hiernamaals word eers toegelaat om aktief te word by `n bepaalde graad van volwassenheid, waar hulle voortdurend krag ontvang om te werk. Maar dan kan hulle hierdie krag sonder beperking gebruik.

Omdat hul werk egter nie van aardse materie afhanklik is nie, moet dit ook anders wees as werk op die aarde. Dit kan ook nie met laasgenoemde vergelyk word nie, want in die geesteryk is daar heeltemal ander voorwaardes wat werk toelaat of vereis. Dit is `n konstante onderrig en oordra van geestelike kennis, dit is `n suiwer geestelike proses wat baie geluk en saligheid gee aan die siele wat gee en verminder die siele wat ontvang se kwelling deur self ontvangers van krag te word.

Dit is inderdaad `n arbeid van liefde, maar kan slegs met aardse aktiwiteit vergelyk word terwyl die siele in hul toestand van duisternis glo dat hulle nog op aarde lewe, waar hulle, as gevolg van hul eie begeertes, `n denkbeeldige omgewing skep in hul verbeelding en in hierdie denkbeeld ook goeie dade moet verrig.

Maar hoe meer verlig die siel egter word, des te verder verwyder sy haarself van die aarde en aardse denke, en nou is haar aksies nie meer afhanklik van aardse materie nie, nie eers in haar verbeelding nie. Die werk van hierdie siele in die hiernamaals, in die geestelike realm, bestaan dus daaruit om suiwer geestelik ontvange kennis oor te dra. Elke géwende en krag-ontvangende siel het betroubare beskermlinge op aarde of in die hiernamaals vir wie hulle liefdevol met onvermoeide toewyding versorg. Sy moet probeer om haar beskermlinge geestelik te lei na die waarheid, sy moet hulle denke beïnvloed en daardeur duidelikheid skep, sonder om die wil van die siele te forseer en dit vereis onuitspreeklike geduld en liefde, want dit is twee heeltemal geïsoleerde wesens wat teenoor mekaar staan en wat heeltemal onafhanklik kan dink en handel en daarom mag korrekte denke nie onder dwang oorgedra word nie, om nie te verhoed dat die nog onontwikkelde gees net so `n hoë graad van volwassenheid kan kry nie.

Geestelike kennis moet so aan die nog oningeligte siele aangebied word, dat dit sonder weerstand aanvaar word en moet die verlange na meer gawes opwek. Die ontvangende wese moet dit dus heeltemal vrywillig aanvaar, want eers dan sal die oordra van kennis krag word en verlig. En hierdie daad van oordrag is `n poging wat slegs in liefde oorgedra kan word, want dit is meestal baie moeisaam.

Maar die toestand van `n siel wat verdoem is tot onaktiwiteit, is so betreurenswaardig dat die ligwesens onvermoeid die veeleisende arbeid aanvaar om hierdie siele te verlos uit hul situasie. Andersyds verhoog dit hul saligheid wanneer hul werke van liefde suksesvol is, want hierdie werksaamhede brei so onvoorstelbaar uit, omdat elke ontvangende wese weer op sy beurt sy kennis deurgee in die nou ontwaakte drang om ook die siele wat in duisternis verkeer te help en om so verlossend besig te bly. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205