BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 189

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die mense glo dat die Woord van God afgesluit is

1857 Dit is volkome verkeerd om die woord van God as afgeslote te beskou en elke goddelike openbaring af te wys as `n maaksel van bose kragte. Daar bestaan wel goeie en bose kragte wat hulle invloed op die mens probeer uitoefen, maar slegs die goeie kragte voer die wil van God uit, die bose kragte werk teen God se wil.

Onwetende kragte, wesens uit die tussenryk, kan julle dus geen goeie gedagte laat toekom nie. Hulle is in hulle duistere geestelike toestand nog in die ban van God se teenstander en staan dus meer onder sy invloed as onder die van die ligwesens, maar sodra hulle hul blindheid ingesien het, gee hulle hulself oor aan die ligwesens en voeg hul dan volgens die goddelike wil. En vanaf daardie oomblik sal hulle net deurgee wat hulle deur ligwesens ontvang het.

Dit moet eers verklaar word om die verkeerde mening te weerlê dat die magte van die ander kant hulself willekeurig kan uiter, indien die goddelike openbaringe aan die mense gegee word. Jesus het Self op aarde onderrig en Sy woord tot die mense nader gebring, dit was Sy wil dat die woord neergeskryf word om vir die nageslag bewaar te word. Hy het egter ook deur Sy woord die mense steeds die werke van Sy Gees beloof. Hy het hulle die sekerheid gegee deur as Woord by hulle te bly tot in alle ewigheid, want Hy het tog Self gesê: “Ek sal aan julle die TROOSTER stuur, die Gees van die Waarheid!”.

Julle kan op vele plekke in die Bybel lees dat Jesus steeds weer tot die mense wil spreek, daar is egter geen enkele uitspraak te vinde waaruit afgelei kan word dat Sy woord as afgeslote beskou moet word nie. Weliswaar moet Sy woord onveranderd bly bestaan, d.w.s. daar mag aan die evangelie wat Hyself tot die mense gebring het, geen woord toegevoeg word nie, nog mag daar `n woord daaruit weggelaat word wat die betekenis of sin van Sy woord sou kon verander. Dit beteken egter nie dat Sy woord of Sy boodskappe afgesluit is nie.

Daar mag niks verander word en geen woord toegevoeg word aan die woorde wat Jesus destyds op aarde gespreek het nie. Maar die hoogmoed van die menslike verstand probeer voortdurend te verander en te verbeter, om God se woord duideliker aan die mensdom te maak. Heel dikwels het die sin van hulle woorde misvormd of versluier geword, wat daartoe gelei het dat die werke van Sy Gees, wat deur Hom verkondig is, nie meer verstaan word nie en daarom ook nie meer erken word nie. Vir die mensdom het die begrip verlore gegaan dat God ook vandag nog tot die mens wil spreek, dat die hoor van Sy woord die persoonlike verbinding is wat reeds op aarde nagestreef moet word. Maar in plaas daarvan deins die mense daarvoor terug om te luister na die boodskappe van die goddelike wil. God benader die mense deur Sy woord, maar hulle herken Hom nie, omdat Sy woord nie meer lewend in hulle is nie. Die woord word nog wel dapper gelees, maar die betekenis word nie verstaan nie. Daar het `n geestelike verstarring ingetree, omdat die “bron van die lewende water” self deur die mense verstop is.

God erbarm Homself egter oor die mensdom en laat `n straal van die “lewende water” ontspring uit die rotse, (van die geloof) Hy laat strale van die lewende water uit die lendene vloei van hulle wat verlangend na Sy verkwikkende drank vra, wie hul hart en oor open om Sy goddelike woord in ontvangs te neem. Daarmee word die belofte in die Heilige Skrif ook vervul, anders sou die woord van Jesus tydens Sy verblyf op aarde ook gebrekkig en ongegrond gewees het as Hy Homself nie meer sou openbaar nie en Hy nie telkens weer in die Woord by die mense sou wees en onder hulle vertoef nie.

Die mens het dus nie die reg om God se werke as afgeslote te beskou nie, want doen hulle dit, dan openbaar hulle daarmee hulle onwetendheid en onbegrip oor die inhoud van die geskrewe woord. Want die talryke verwysings na die werke van die goddelike Gees sou hulle daardeur tot niet maak en sodoende bevestig dat hy God se woord nie volgens sy betekenis verstaan nie. En gevolglik behoort hulle dan tot diegene wat dwaal, maar wat hulle dwaling nog selfs aan hulle medemens sal deurgee. Hulle sal dan nie die suiwer waarheid insien nie en dit dan ook van hulle medemens weerhou.

Die Liefde van God is egter onbeperk en wil Haarself steeds weggee, maar sal daarom nooit minder word nie. Die Liefde van God is onuitputlik en God sal Homself steeds weer in Sy Liefde openbaar en liefde wil skenk. Daarom sal elke wese wat self in die liefde leef, ook Sy Liefde mag ontvang, want God is die Liefde en God is die Woord. Wie dus na die Liefde van God verlang, verlang ook na Sy Woord en hy sal dit mag ontvang tot in alle ewigheid. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205