BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 77

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Weg van die siel op aarde -Leer van herbeliggaming (3)

788 Hoe ver die sorg van die hemelse Vader vir Sy kinders op aarde strek, kan julle sien daarin dat alle vooraf beliggamings alreeds die grootste moontlike geestelike ontwikkeling waarborg wat in hierdie vorm bereik kan word, sodat die siel van die mens by die binnegaan van die vleeslike liggaam, haarself in `n bepaalde graad van volwassenheid bevind en dat die laaste beliggaming heeltemal voldoende is om kindskap van God te verkry wanneer die mens gebruik daarvan maak om die aardse lewe na vermoë te benut om geestelik vooruit te gaan. Verstryk hierdie tyd van genade deur eie wil of weerstand, is dit nutteloos of van weinig sukses vir die siel, en is dit dan des te meer betreurenswaardig, omdat die siel die gevolge van haar weerstand nou self moet dra en dit is dat al die onryp en onvolmaakte sieledele in haar terselfdertyd ook leed en straf sal voel. Die siel sal in dieselfde mate ly wanneer sy haar swakhede en foute insien en haarself nie meer hiervan kan bevry, soos op aarde nie. Die tyd van genade van eie verlossing is verby en as die werk van verlossing en liefde van die volmaakte geeste nie sou begin om die siel by te staan om haar opwaarts te help nie, dan sou die siel nou reddeloos verlore gewees het.

Dit is egter `n verkeerde aanname om `n nutteloos deurgebringde aardse lewe na willekeur weer te kan opneem om die versuimde self-verlossing in te haal. As so iets sonder uitsondering deur God van die skepping voorsien sou wees, was die verlossingswerk van die goddelike Verlosser waarlik nie nodig nie, want dit staan dan alle wesens sonder meer vry om die eens mislukte of sleg benutte aardse lewe na willekeur te herhaal en dan sou die enorme groot Seën van die verlossingswerk so aansienlik verminder gewees het, terwyl juis vir die korte duur van die aardse lewe, deur die werk van verlossing, buitensporig baie genade vir die mens verwerf is, om juis `n algeheel vrywording van die materie in hierdie tyd moontlik te maak, hoewel dit aan alle mense oorgelaat word om hierdie weg van genade te kies, om dit nuttig te gebruik, of die tyd van lyding met alle kwellinge in die hiernamaals op hulleself te neem. Die oneindige Liefde van God laat geen siel aan die ewige ondergang ten prooi val nie en daar is eindeloos baie geleenthede tot loutering, maar om die tyd op aarde te gebruik, sal net eenmaal toegelaat word, op weinige gevalle na, waarby God `n besondere taak of bedoeling daaraan verbind en wat egter nie te veralgemeen is nie.

Die leer van reïnkarnasie is beslis skadelik vir die mense, want hulle sal vanuit `n sekere luiheid van gees altyd hul troos of motivering daarin soek, dat hulle eendag al hul onvolmaakthede en foute kan goedmaak. En so `n leer sal nooit seënryk wees nie, want slegs onvermoeide werk aan hulleself is in staat om die resultaat op te lewer, sodat hulle eens tevrede op hul lewens kan terugkyk, terwyl die leer van herbeliggaming steeds `n agterdeurtjie ooplaat, waarvan die swakkes, nalatiges en luies hul bedien. Geen minuut van jul lewe moet julle jul doel vergeet nie; julle moet steeds net die vereniging met God nastreef en poog om die tyd op aarde tot die uiterste te benut. Slegs dan maak julle jul waardig om die sorg en liefdevolle steun van God ten deel te val, gedurende die oneindig lang weg wat julle op aarde gegaan het. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205