BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Gebed

188 Ons ondersteun jou so goed as wat ons in staat is om dit te doen, daarom is al jou vrees en bekommernis onnodig, dit hang net van jou gebed af. As jy altyd jou toevlug hierin soek, hoef jy nie bekommerd te wees nie, want almal se opregte gebed om lig sal beantwoord word. Liewe kind, geestelike magte wil tydelik van jou gebruik maak, hulle wil verhewe leringe van God se wysheid aan jou skenk. Gee aandag aan hoe dit aan jou gegee word. Want die Vader het vir Sy kinders een ding gegee as hulle deur onheil bedreig word - gebed - wat `n barmhartige bewys is van Sy goddelike liefde, om toegelaat te word om Hom te vra! Hy bied aan elkeen die geleentheid om gehelp te word, bloot deur te eniger tyd opregte gedagtes aan Hom te stuur. Met deernis kom die Vader elke persoon tegemoet wat Hom in sy nood roep. Wie onder julle hierdie barmhartigheid verwerp, verbeur elke moontlikheid dat goddelike helpers sy aktiwiteit op die aarde sal verlig. Oorgelaat aan homself sal hy al die nodige kennis mis, hy sal sy lewensweg in valsheid en geestelike duisternis bewandel.

Wat God julle gee deur die seën van gebed, is van onskatbare waarde vir julle, want dit is die kontak tussen die hemelse Vader en Sy aardse kinders. Net iemand wat mislei is, sal so `n barmhartigheidsmiddel verwerp. Elke kind van God sal egter die Vader dank vir hierdie groot barmhartige bewys van Sy liefde en dankbaar aanvaar wat hy aangebied word. God wil julle in gebed toets, omdat die formele gebede wat julle gebruik, nie voldoende is nie, hulle dring nie deur tot die Vader so lank as wat julle hart nie spreek nie. Dit is slegs waardevol en effektief as julle kinderlik pleit in gebed, hetsy dit in woorde of in gedagtes is. Julle moet altyd uit die hart met God spreek, dan sal Hy julle gebed beantwoord en aan julle gee volgens Sy Wysheid. Om hierdie rede moet julle vertrouend al julle bekommernisse aan julle Vader gee, Wie julle gebed sal beantwoord soos wat dit julle vir ewig sal baat. En onderwerp julle altyd aan Sy wil, want Hy alleen weet wat goed is vir julle, en Hy sal sodanig aan julle gee dat dit `n seën vir julle sal wees. Beskou gebed altyd as `n seën, die brug waarop God julle toelaat om na Hom toe te kom, en gebruik hierdie geleentheid so dikwels as wat julle kan en aan die einde van julle dae, sal julle besef hoe geseënd julle lewe op aarde daardeur geword het. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205