BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 382

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Beoordeling van godsdienstige dogma - verdelings

3159 Slegs weinig mense besef die waarde van die goddelike openbaringe en selde neem hulle die boodskappe onvoorwaardelik aan. Talryke moontlikhede bly so onbenut en dit het beperkte insig tot gevolg, wat dikwels in `n dooiepunt eindig, terwyl daar egter vooruitgang gemaak kon word. Die geestelike onkunde van die mense kan opgehef word en die duistere toestand kan in lig verander word en tog verkies hulle die nag en is sku vir die lig. Hulle opponeer nog die wêreld van die lig, wat sorgsaam aan elkeen gee wie sy vertroue daarin plaas..

Dit is as gevolg van `n gebrek aan geloof in God se barmhartigheid en Sy gewilligheid om mense by te staan in nood. Hierdie nood is nietemin bewese en bestaan uit die feit dat tallose dwalinge die mense verhinder om God korrek te verstaan, om Hom lief te hê en om hierdie liefde te openbaar deur ander mense blymoedig te help. Hierdie nood bestaan uit `n dooie geloof wat sal faal as dit op die proef gestel word, want as die mens `n ernstige besluit moet maak, sal hy slegs standvastig kan bly as hy `n rotsvaste oortuiging het dat sy kennis en sy geloof waardevoller is as dit wat hom opponeer. En daarom moet die geloof met die kennis ooreenstem, d.w.s. wat die mens glo, moet ook geloofwaardig wees, dus die wysheid openbaar wanneer hy ernstig daaroor nadink. God verwag nie van die mens om iets te glo wat hy nie met ernstige nadenke sou kon aanneem nie. En daarom moet wat onaanneembaar lyk en waaraan, by ernstig ondersoek, die wysheid ontbreek, as menslike toevoeging beskou word, wat bygevoeg is by dit wat God van ons vereis om te glo.

Nietemin is die geloofwaardigheid van dogma duidelik deur die liefde wat daaruit straal, deur God se liefde vir alles wat Hy geskape het, en gevolglik toon liefde en wysheid dus `n goddelike Wese wat besorg is oor sy lewende skeppings.

En so kan elke geloofsleer aanvanklik hieraan beproef word. En elke leer moet so ondersoek word, omdat julle slegs dit moet onderrig wat julle self as waarheid identifiseer het. Dit is egter `n voorwaarde wat meestal verontagsaam word en vir daardie rede alleen die verspreiding van dwalinge aansienlik begunstig. Elke leraar moet ten volle oortuig wees van dit wat hy onderrig. En oortuiging kan slegs deur ernstige ondersoek verkry word. Dan kan die leraar met veiligheid die waarheid wat hy herken het, aan mense oordra wat minder bekwaam is vir sulke waarnemings, maar wat, indien korrek geleer word, nietemin kan weet dat die lering wat vir hulle aangebied word, geloofwaardig is, want dit bevestig God se Liefde en Wysheid aan hulle. Wie opreg dogma wil ondersoek, sal nie tekortskiet aan die vermoë om te dink wanneer hulle die waarheid wil ken nie, op voorwaarde dat die ondersoeker ook in liefde sal leef, andersins kan hy nooit die waarheid verteenwoordig nie, maar sal leuens en dwalinge verteenwoordig, omdat hy homself deur liefdeloosheid oorgelewer het aan die een wat teen God veg.

In die lig hiervan is dit nou begryplik waarom die oorspronklike suiwer en onvervalste leer wat aan die mens gegee was, nou aansienlik verander is en waarom dit nie moontlik was dat die geskrewe rekords outentiek gebly het nie, want ernstige ondersoek rakende hul betroubaarheid en waarheid was ontwyk, deur te eis dat die mense alles kategories moes glo wat vir hulle geleer was.

Die suiwer waarheid sal elke toetsing kan deurstaan en derhalwe onveranderd bly. Maar met verloop van tyd het skeuringe ontstaan, verskillende denkskole en hul afsonderlike leerstellings het aanhoudend geleentheid gebied om te vergelyk en as dit met die goddelike wysheid en liefde vergelyk was, sou elke ernstige ondersoeker ingesien het watter leerstellings menslike werk was en sou dit dus as dwalinge gebrandmerk kon word. Gevolglik is die mense wat bevoeg was om die waarheid te bevestig, maar wat daarin gefaal het en leerstellings gewetenloos oorgedra het, wat by nadere ondersoek verwerp moes gewees het, meestal te blameer en hulle sal ook verantwoordelik gehou word daarvoor, want as gevolg hiervan het hulle foute en leuens versprei.

Daar was egter altyd mense wat uit hul eie sulke ondersoeke onderneem het en as hervormers die ou bestaande leerstellings probeer verander het. En weereens het dit afgehang van hul graad van volwassenheid in hoeverre hulle in die waarheid gelewe het en in staat was om dit as sulks oor te dra. Gevolglik word die mens oor en oor die geleentheid gebied om standpunt in te neem teenoor godsdienstige leerstellings, want as gevolg van geskille tussen die verskillende denkskole, deur skeuringe binne die kerk, was hulle opmerksaam gemaak oor die verskillende leerstellings, maar wat nietemin vereis het dat hulle dit moes glo.

Nou moet die intellek en die hart aktief word as daar `n evaluasie gemaak moet word en daarvoor is die wil en verlange om die waarheid te ken nodig. Elke volgeling van `n leerstelling ondersteun sy leerstelling en tog kan verskillende leerstellings nie aanspraak maak om waarheid te wees nie, want daar is slegs een waarheid. En elke mens moet poog om hierdie waarheid te bekom. Daarom is dit ook inderdaad noodsaaklik vir `n mens om `n persoonlike opinie te vorm rakende elke godsdienstige instruksie, anders kan dit nooit sy geestelike besit word nie, selfs al sou hy dit met woorde bely. Maar dan is sulke woorde nie `n innerlike oortuiging nie, aangesien oortuiging verstandelike beredenering verg en hierdie denkproses kan slegs korrek gelei word deur `n beroep te doen op die goddelike Gees.

As `n leraar egter die suiwer waarheid aanbied, sal `n persoon dit baie makliker vind om tot innerlike oortuiging te kom, indien hy self daaroor sou nadink, aangesien dit `n sterker wil en begeerte vir waarheid verg om misleiding as verkeerd te identifiseer. En dit is waarom die leraar ten volle verantwoordelik is as hy, as gevolg van sy eie ongeërgdheid of nalatigheid, nalaat om `n beoordeling te maak en dan geestelike inligting versprei waarvan hy self nie heeltemal oortuig is nie. Want as hy homself aangebied het vir onderrig, mag hy alleenlik dit onderrig wat hy self, na ernstige oorweging, aanvaarbaar vind, anders sondig hy teenoor hulle wat glo om wysheid van hom te ontvang en by wie hy met verkeerde denke indring met verkeerde leerstellings. Verder is dit sy plig om mense aan te spoor om die leerstellings ook te evalueer, sodat hulle op hulle beurt ook oortuig kan word van `n lewende geloof en in staat gestel kan word om te onderskei tussen dwaling en waarheid.

(17 Junie 1944.) Intellektuele kennis wat die mense verwerf, sonder om tot God te bid vir geetelike verligting, is onvolledig en kan daarom nie as konsekwent beskou word nie. Vandaar dat daar nog onopgeloste vraagstukke is en dit gee in besonder aanleiding tot twyfel, want verskillende ondersteuners verduidelik dit verskillend. Hieruit blyk dus vanself dat die verskillende resultate ook beoordeel moet word deur enigeen wat slegs die waarheid wil aanvaar. Menslike kennis is nooit onaantasbaar nie en daardie omstrede aangeleenthede hou altyd verband met menslike kennis, menslike interpretasies, en is voor die hand liggend deur die feit dat dit betwis word, want suiwer waarheid vanuit God is altyd dieselfde en sal nooit verskillende resultate oplewer nie. `n Mens sonder `n goeie wil en `n begeerte vir waarheid sal God se oorgedraagde waarheid verkeerd ontvang, aangesien sy gedagtes onderworpe is aan bose invloede wat hom verwar en dit maak die waarheid onverstaanbaar. Maar aan die ander kant sal `n persoon wat opreg streef na waarheid, ook verkeerde kennis bevraagteken. Hy sal nie volledig verseker wees van die waarheid nie en daarom beoordeel hy dit, op voorwaarde dat hy nie verbied word om dit te doen en onvoorwaardelike aanvaarding van hom vereis word nie, wat egter te alle tye, sonder twyfel, satan se invloed is. Want dit sal nooit `n onreg voor God wees om die waarheid ernstig te soek, of dat `n mens `n opinie moet vorm van wat hom aangebied word as waarheid of as deel daarvan nie. Ook mag die mens ook nie gelei word deur ander mense se idee van waarheid nie, maar hy moet sy eie oordeel fel, veral as daar van hom verwag word, of hy homself aanbied, om kennis te versprei en ander mense te onderrig.

God weier nooit Sy hulp aan die mens wie nederig vra vir Sy barmhartigheid nie, maar of die gerespekteerde hooggeplaaste van die wêreld, of die wetenskaplike wat `n hoë wêreldse posisie beklee, hetsy in `n geestelike of sekulêre posisie, homself in die diepste nederigheid sal buig voor God as die enigste Voorsiener van waarheid en dus daardeur voldoen aan die eerste voorwaarde vir die ontvangs daarvan, is te betwyfel, wanneer sy leerstellings nie foutlose verduidelikings aanbied of teenstrydig is met mekaar nie.

Dwaling bestaan al so lank as wat daar verdeeldheid en verskillende interpretasies bestaan, want daar is slegs een waarheid, en om jouself te vergewis van die waarheid, moet die mens kontak maak met die Godheid Homself, hy sal Hom moet vra vir geestelike verligting en deur `n Godgewillige lewenswyse waardig word om direk deur Hom onderrig te word. God weet egter hoe en op watter wyse hy die mens sal onderrig wat streef en bid vir waarheid, maar die eindresultaat sal altyd die suiwer waarheid wees, aangesien dit God se wil is dat sy lewende skeppings in waarheid sal leef, aangesien Hy hulle ook verlig in ooreenstemming met hulle wil. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205