BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 430

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Verskillende gebiede in die geesteryk

3316 Onmiddellik na die liggaamlike dood verlaat die siel die liggaam en sweef weg in die geesteryk en na gelang van haar toestand van volwassenheid (rypheid) sal sy naby of ver van die aarde verwyder wees. Dit kan nie ruimtelik verstaan word nie, maar die afstand ontstaan deur die verskille tussen die sfere, ofskoon hulle almal aan die geesteryk behoort, en omdat hulle weg van en buite die stoflike wêreld geleë is. En die siel wat nog onryp is, het wat tyd aanbetref, nog `n baie lang weg om te gaan voordat sy in die ligsfeer sal aankom.

`n Voltooide siel daarenteen word bliksemsnel na haar liggaamlike dood na hierdie sfere oorgeplaas, want sy het geen tyd of ruimte nodig om die afstand vanaf die aarde tot in die ligsfeer te oorkom nie. Slegs die krag wat aan die siel haar toestand van volwassenheid gegee het, is voldoende. Die onvolwasse siele daarenteen, kan nie so vinnig van die aarde skei nie, omdat hulle te kragteloos is om hulleself opwaarts te verhef en tewens ook nog met hul sinne aan aardse dinge gebonde is. Hulle wil nie van die aarde af wegbly nie en vertoef sodoende nog `n lang tyd in die nabyheid van die aarde, gewoonlik in die omgewing wat hulle tydens hul lewe beset het.

Derhalwe ervaar hulle ook nie dadelik die oorgang van die aardse na die geesteryk nie, want hul blyplek lyk vir hulle nog aards en daarom is die siele dikwels nie bewus daarvan dat hulle geen liggaamlike lewe meer het nie. En hulle verstaan nie waarom hulle geen kontak met die mense op die aarde kan maak nie, dat hulle nie gehoor kan word nie en dat die mense geen aandag aan hulle skenk nie. En hierdie situasie bring hulle langsaam tot die besef van hul toestand waardeur hulle dan insien dat hulle nie meer op die aarde is nie, maar in die geesteryk.

Solank die siel nog wêreldsgesind is, kan sy egter nie uit hierdie omgewing wegkom nie. Sy is nog aan die aarde gebind en dit is vir haar `n pynlike toestand, want alles wat sy begeer of dink dat sy besit, is nou vir haar onbereikbaar. Sy moet nou langsaam haar verlange na aardse goedere oorkom en eers wanneer sy daarin geslaag het, verwyder sy haarself meer en meer van die aarde. Die sfere neem dan ander vorme aan en die oog sien geen aardse skeppings meer nie, maar geestelike skeppings, na gelang van die toestand van volwassenheid van die siel. Die geestelike oog van die siel is nou in staat om geestelike dinge te aanskou, wat sy as onvolwasse wese nie kon sien nie, alhoewel dit tog aanwesig was.

Sterf 'n ryper siel egter op aarde, dan is sy direk in staat om in die geesteryk haar omgewing te onderskei, omdat die geestelike oog hierdie bekwaamheid besit, as gevolg van die volwassenheid of rypheid van die siel. So `n siel sal dan ook siele herken wat haar in die hiernamaals ontmoet, terwyl omgekeerd die onryp siele dit nie kan doen nie. Hulle herken slegs siele wat net soos hulle in die duisternis vertoef, wat hulle dus in dieselfde onvolwasse toestand bevind. Maar ligvolle wesens is vir hulle onsigbaar en selfs wanneer hulle hul benader en hul lig bedek, herken hulle hul nie.

Die geestelike oog open eers by ’n bepaalde graad van volwassenheid, dan is daar egter ook lig om die siele, terwyl geestelike duisternis die siele omring wat nie kan sien nie, omdat die geestelike gesigsvermoë nog by hulle geslote is. Maar aardse dinge kan hulle sien, omdat hulle daarna verlang, dit is egter net hersenskimme wat in werklikheid nie bestaan nie, maar deur die verlange van die siel verskyn dit as skadubeelde en vergaan dit sodra die siel dit wil gryp of gebruik. Want deur hul verganklikheid moet die siele insien dat hulle na iets hoër moet streef as aardse verganklike goedere. Solank as wat die siel nog sulke dinge begeer, sal die ligwesens haar ook nie benader nie, want materieel gesinde siele luister nie na die woorde van ligwesens wanneer hulle die evangelie wil bring nie. Slegs deur die gebed van `n mens, kan hulp aan hierdie siele in hierdie toestand gebring word. Dan eers wend hulle hulself van die materie af en soek hulle in die geesteryk na iets anders in plek daarvan.

En dan sal hulpvaardige wesens hulle ook tegemoetkom, wat hulle onderrig en aan hulle die weg omhoog wys. En hoe meer gewillig hulle die onderrigting van die ligwesens aanneem, des te gouer sal hul geestelike oog geopen word en dan word hulle aan die duisternis ontruk. Hulle sal dan gebiede binnegaan waar hulle lig sal uitstraal.

Hulle het dan die weg afgelê wat ’n kort, maar ook `n baie lang tyd kan duur, na gelang van die hardnekkigheid waarmee die siel die stoflike goedere nastreef en wat hulle vir solank aan die aarde sal bind, totdat hierdie begeertes oorwin is. Eers dan sal hulle deur die ligwesens vertroud gemaak word met die suiwer waarheid om dan in die hiernamaals te kan werk vir die ryk van God, waarin die siel nou haar kennis deurgee aan behoeftige siele wat nog in die duisternis van gees verkeer. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205