BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 252

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Geboorte en sterwe.

2206 Die lot van alles wat vir julle sigbaar is, is verbygaande, maar dit kan nie sinneloos en nutteloos genoem word nie, want die verganklikheid van elke skeppingswerk is tegelyk die voorvereiste vir die ontstaan van nuwe lewe. Dit moet geestelik sowel as fisies verstaan word, want sodra die lewe uit een vorm uitgaan, kom iets nuuts tot stand uit die uiterlike vorm in kombinasie met ander ontbindings van uiterlike vorme, en die ontsnapte geestelike substansies verenig met ewe volwasse geestelike substansies en so ontstaan weereens nuwe uiterlike vorme, en so kom nuwe skeppings tot stand sodra ou skeppings oplos.

Geboorte en sterwe is die ewige siklus wat daarop gemik is om voortdurend hoër ontwikkeling te bereik. Geboorte en sterwe affekteer slegs dit wat vir julle sigbaar is. Die geestelike substansie weggesteek binne-in is ewiglewend; sy bly bestaan vir alle ewigheid. Gevolglik sal alles wat sigbaar is, die materiële vorm, in werklikheid die geestelike substansie vrylaat na `n spesifieke tyd, maar die geestelike substansie self gaan egter oor in `n nuwe vorm, d.w.s. in aardse materie, totdat sy die materie nie meer vereis nie. Slegs dan sal die ware lewe begin wat nooit sal eindig nie, maar wat vir ewig sal duur. Die siklus van geestelike substansies deur die vorm sal ewighede neem, aangesien hierdie tyd so oneindig lank is vir die menslike begrip, dat `n mens inderdaad kan praat van ewighede. En tog is dit net `n vlietende oomblik in vergelyking met die nimmereindigende ewigheid in die toestand van vryheid.

Alles sigbaar streef na die toestand van vryheid, terwyl alle vrye geeste weer omsien na alles wat sigbaar is, d.w.s. na die verbande geeste daarin en voorsien hulle met nuwe moontlikhede vir bevryding. Dus laat die vrye geeste sigbare skeppings na vore kom vir die gebonde geeste, wat die gebonde geeste moet oorkom om hulself vry te laat. Om sulke skeppings tot stand te bring, is die aktiwiteit van die geeste wat in `n toestand van volmaaktheid en in harmonie met God se wil, gebruikmaak van die krag van God vir die skep en lewe gee aan baie verskillende soorte skeppingswerke.

Daarom hang geboorte en sterwe af van die wil van die vrye geeste wat weens hul liefde vir die gebonde geeste en in diepe wysheid, net skep wat die voordeligste is vir laasgenoemde in ooreenstemming met God se wil. Dit is waarom die kom en gaan van sigbare werke van die skepping altyd `n reëlmatigheid sal demonstreer, want dit word met groot wysheid gedoen en niks in die skepping ontstaan toevallig of sonder betekenis en doel nie. So `n goedbeplande skeppingswerk moet dus ook die grootste geleentheid bied vir ontwikkeling vir die onvolwasse geestelike substansie, die vergaan van sigbare dinge sal net so noodsaaklik en suksesvol moet wees as hul ontstaan; afsterwe hoef nie `n einde aan te dui van wat bestaan nie, maar slegs `n transformasie, omdat wat uit die goddelike skeppende krag na vore gekom het, nie kan ophou om te bestaan nie, selfs al lyk dit so vir die menslike oog. Gevolglik vind daar slegs `n konstante transformasie plaas van dit wat geestelike substansie huisves, net soos wat die geestelike substansie aanhoudend verander deur te groei, aangesien die geestelike substansie wat uit `n vorm kom, verenig met ander substansies van dieselfde soort en sal daarom altyd nuwe uiterlike vorme benodig sodat dit die graad van volwassenheid kan bereik wat weer sal lei tot die eenwording met ewe volwasse geeste.

Die skynbare vergaan van sigbare skeppings dui dus geestelike vooruitgang aan, d.w.s. die samesmelting van geestelike kragte, en dus is die afsterwe van alle sigbare dinge net so noodsaaklik as die ontstaan van nuwe skeppings. En indien selfs oneindige tye verbygaan, sal die liefde van die vrye geeste steeds die nog gebonde geeste elke geleentheid van ontwikkeling bied en gevolglik sal selfs hierdie geeste eendag vrykom en weer die nog onverloste geeste help. En vir hierdie tydperk sal die sigbare skepping ook bestaan, wat voortdurend sal verander, omdat slegs deur middel van deurlopende verandering dit moontlik is vir die geestelike substansies om verder te ontwikkel.

Geboorte en sterwe. Daarsonder kan daar geen verlossing wees nie. Want alle gebonde geeste sal slegs vry wees wanneer hulle ontwaak het tot die ewige lewe, wanneer hulle die weg deur die skeppings op aarde gegaan het, deur die voortdurende verandering van hul uiterlike vorm, deur voortdurende ontstaan en vergaan. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205