BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 485

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Woorde van liefde van die Vader

3532 Jy het 'n geweldige Helper aan jou sy en desondanks wil jy moed verloor? Jy sal te alle tye nader aan My kan kom deur gebed. Jy hoef hierdie genade maar net te gebruik en wanneer jy My aanroep, sal jy verseker wees van alle bystand, in watter gevaar jy ookal mag verkeer.

My krag is groter en kan elke onheil binne 'n oomblik besweer. Hierdie mag sal jy voor oë moet hou as dit dreigend word sodat jy angstig en kleinmoedig raak. Jou Vader in die hemel sal jou nie verlaat nie. Hy is in die nood nader aan jou as ooit, solank as wat jy jou as een van Sy kinders beskou en Hom vol vertroue aanroep om hulp. Steeds weer verseker Ek julle van My beskerming en steeds weer sal Ek julle opbeur deur My woord. En steeds weer sal Ek julle die krag gee om weerstand te bied teen die bose. En inniger as ooit sal My liefde jou omsluit wanneer jy jouself in die nood van liggaam en siel bevind en wanneer jy na My toe sal vlug in die vertroue dat Ek jou sal help. Jy sal jou te alle tye geborge mag voel wanneer die wêreld om jou heen raas, wanneer aardse maatreëls jou ontstel en bangmaak.

Steek dan slegs jou hand uit na My, sodat Ek jou korrek kan lei, en Ek sal jou lei op 'n pad waar die onheil van jou sal wyk.

Want Ek loop langs jou en met My kan die mag van die bose waarlik nie wedywer nie. Hy sal My ontvlug en hy sal vir hom mense uitsoek wat, net soos hy, in die duisternis wandel. En hy sal geen ag slaan op hulle wat aan My kant loop nie, in die lig, en wie daarom onbereikbaar vir hom sal wees. Glo en vertrou My en laat jou nie terneerdruk deur aardse nood nie. Let slegs op jou siel en laat die sorg vir jou aardse lewe aan My oor. En gee My die reg om vir jou sorg, deurdat jy jou wil heeltemal aan My kan oorgee. Dan sal die aardse lewe vir jou draaglik wees.

Want Ek sal steeds by jou wees, solank as wat jy jou gedagtes na My verhef en begeer om met My verbonde te wees. Ek roep na My skapies en wanneer Ek hulle gevind het, wanneer hulle na hul Herder teruggekeer het, laat Ek hulle nie meer verdwaal nie. Ek bly by almal wat by My wil wees en verlaat hulle nimmermeer nie. Wanneer Ek jou hierdie versekering gee, waarom is jy dan nog bang? My woord is waarheid en sal ewig waarheid bly. Ek buig My steeds vol liefde oor na My kinders, sodra hul sagste roep tot My deurdring. Kom daarom steeds na My toe wanneer julle belas en belaai is.

My Liefde is steeds bereid om te gee. My Liefde is steeds bereid om te help. Ek kan jou help en Ek wil jou help en vra net jou geloof en jou vertroue, sodat die krag van My Liefde in jou werksaam kan word. Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205