BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 153

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die poort na die ewigheid kan al voor die dood deurgegaan word

1559 Vir wie die poorte na die ewigheid oopgaan, sy aardse bestaan hoef nie noodwendig beëindig te wees nie, want hy mag ook al in hierdie lewe insae hê in die ryk wat buite die aardse lewe bestaan. Hy kan van alles op hoogte wees, sonder om hom van die aardse bestaan te onttrek, want die mens kan nog op aarde `n toestand van volmaaktheid bereik wat hom `n blik in die ewige ryk sal toelaat. Om hom met die ryk buite die aarde en met die bewoners daarvan te kan verbind is `n bewys daarvan dat die poorte na die ewigheid nie eers met die liggaamlike dood deurgegaan word nie, maar dat daar vir baie mense glad geen hindernisse bestaan wat hulle verhinder om die ryk van die ewigheid binne te gaan nie. Hulle lewe op die aarde en is tog ook in hierdie sfere tuis, omdat die goddelike Gees in hulle alle hindernisse oorwin en oral en te alle tye teenwoordig kan wees. Hy bly dus in die ryk van die ewige, ook wanneer die liggaam nog op die aarde vasgehou word. So `n mensekind sal ook geen vrees hê vir die dood, naamlik die liggaamlike dood waarvoor die mensdom vrees nie. Hy sal toegerus wees met kennis van die ewige lewe, sodat hy baie sal verlang na die oomblik waarop hy alle bande met hierdie aarde kan verbreek. Die gees sal sy intrek in sy ware vaderland neem. Hy sal nou voortdurend daar wees, waar hy gedurende sy bestaan op aarde slegs vir kort tye kon vertoef en dus as te ware slegs kon binnekom in daardie gebiede, wanneer die wil van die mens dit toegelaat het. Nou kan hy egter voortdurend daar wees waar sy vurige verlange op aarde hom heen laat dwaal het. En so het die mens dan die verskrikking van die dood oorwin, wanneer hy bewustelik gedurende sy bestaan op aarde in hierdie gebied probeer binnedring, wat die woonplek is van alle gees na die beëindiging van hul lewe op aarde.

Hy is nou nie meer bang vir die onsekerheid van die voortlewe aan die anderkant nie en hy beskou die voortlewe ook nie as iets twyfelagtigs nie. Hy weet verseker en dit beteken dat hy ook die werksaamheid van die ligwesens herken en dat hy homself aan hierdie ligwesens oorgee, juis omdat hy die gevolge van sy onkunde besef en hy homself wil bevry uit `n onwaardige toestand wat sy lot op aarde is, sodat hy aan homself kan werk om die verbinding met die geestelike in die hiernamaals te kan aangaan. Die mens wie se geloof hom die goddelike liefde en barmhartigheid laat insien en wat na hierdie liefde en barmhartigheid verlang, is baie beter af, want dit val hom al op aarde ten deel. Die mens mag sien in `n gebied wat getuig van die oneindige Wysheid van God. Hy mag self geestelike kennis uitdeel op aarde en dus die versperrings afbreek wat die mense op aarde skei van hierdie ligwesens. Hy mag al op aarde die poorte na die ewigheid deurgaan, want hy neem iets in ontvangs wat direk aangebied word deur hierdie wesens wat die ligryk bewoon. En dus verloor die dood alle verskrikkinge vir die mense wat slegs vir God wil dien en in diens van God ware oorwinnaars van die dood is. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205