BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 133

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Goddelike ingryping – Voorspelling (gegee op 14 Mei 1940)

1418 Dit is `n vergeefse oorlog wat die mense van die wêreld teen mekaar voer, want dit sal nie lei tot `n bevredigende uitkoms nie. Die Heer van hemel en aarde het besluit dat dit op `n ander manier sal eindig as waarop die wêreld hoop. Maar hierdie einde sal onbeskryflik wees. Die strydgeraas sal verdring word deur God se stem wat van bo af sal weergalm, dit sal geweldige verwarring onder die mense veroorsaak, aangesien geen menslike opdrag in staat sal wees om dit te stop nie, en mense sal magteloos wees en sal hulle moet onderwerp aan alles wat deur God aan hulle gestuur word. En dan sal dit oorgelaat word aan elke individuele persoon om die hand van God te herken en hom daaraan te onderwerp of in opstand te kom teen sy persoonlike lot. Want dit is bedoel dat die menslike gedagtes na God gedwing sal word, en geseënd is hy wat hierdie weg vind en God herken as die Skepper van alle gebeure en homself aan Hom en Sy barmhartigheid oorgee.

Maar daar sal slegs weinig wees, want die mens is geestelik mislei, hul moderne verklarings het gemaak dat hulle geloof verloor het in `n Wese wat alles bepaal wat op die aarde gebeur, en hulle verhewe houding maak dit moeilik vir hulle om die weg terug na God te vind, en hierdie geestelike arrogansie sal hulle ondergang wees. Slegs iemand wat klein en magteloos voel en God aanroep om hulp, sal sy lewe behou, selfs al sal hy dit fisies verloor. Maar hulle wat glo dat hulle nie God se hulp nodig het nie, sal hul stoflike en geestelike lewe verbeur. En selfs al sal God hom toelaat om sy aardse lewe te behou, sal dit net `n daad van die grootste barmhartigheid wees, sodat hy nog insig kan kry op aarde.

Want God ken die harte van mense, Hy kyk in die verste hoeke, Hy herken elke roering en sal nie toelaat dat enigiets omkom wat nog gered kan word nie. En enigiemand wat te midde van angs `n beroep om hulp op God doen, sal `n wonderlike kalmte in sy hart voel inkom, hy sal skielik die waardeloosheid van die aardse lewe besef wanneer dit nie gepaardgaan met `n diepgaande geloof nie, en hierdie besef sal hom alles gewilliglik laat oorgee wat voorheen vir hom begerenswaardig was.

Hy sal homself geredelik aan God oorgee en aanvaar wat hy uit Sy hand ontvang, - lewe of dood. Maar hy sal slegs sy liggaam oorgee en in die hiernamaals opstaan tot lewe. En so sal sy vertrek van die wêreld nie sy ondergang wees nie, maar sy opstanding in `n beter lewe. Die goddelike wil plaas almal in hulle plek, Hy neem `n persoon van die wêreld, wanneer die tyd vir die einde van sy lewe gekom het en Hy behou in die wêreld diegene wie se aardse lewe nie verby is nie. Want niks gebeur willekeurig nie, maar alles word bepaal deur God se Wysheid en Liefde. Maar as `n mens selfs dan nie God se hand herken nie, sal sy siel ernstige ontbering ly, want hy sal geen ander manier van verlossing hê nie. Hy het sy afstand van God oneindig verleng tydens sy aardse bestaan en het weer gestreef na die toestand van verbanning, daarom is sy lewe op aarde ook heeltemal nutteloos, aangesien hy God nie herken het nie. En ter wille van sulke siele sal God sy kragtige stem laat hoor, maar as hierdie oproep ook nog ongehoord wegsterf, sal die lot van hierdie siele slegs die ewige verdoemenis wees. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205