BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 310

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Leuen - Waarheid - Bestry die dwaling

2474 Daar moet teen die dwaling gestry word, want dit is in die wêreld gebring deur hom wat die waarheid wil verdring. Maar die Waarheid is God en wie vir God is, moet ook in die waarheid wandel en die leuen verafsku. Leuens is alles wat teen die waarheid gerig is, leuens is die werk van diegene wat die verste van God af staan en wat ook die mense van God wil verwyder. Die leuen is die produk van die duisternis, sy is skaam vir die lig, omdat sy nie kan bestaan waar die waarheid soos die helderste lig uit die hemel straal nie. En daarom moet die leuen bestry word, want die leuen is opsetlike misleiding wat nie genoeg verafsku kan word nie. Wie in die waarheid wandel, sal ook die leuen herken en daarteen te velde trek, want die waarheid duld nie dat die dwaling naas haar voortgaan nie.

Maar die vors van die leuen wend alle middele aan om te verhinder dat die waarheid veld wen. Hy klee die leuen in so `n vorm dat dit moeilik is om te herken deur diegene wat nie uitsluitlik na die waarheid strewe nie, want die leuen doen haar aan hulle voor as waarheid.

Maar die mens herken haar nie as dit wat sy is nie, omdat hy nog geen diep verlange na die waarheid het nie. En so wen die dwaling veld en hou hom solank staande, totdat `n yweraar vir die waarheid daarteen te velde trek.

Want hy herken die dwaling as die werk van die teenstander en hy verafsku dit. En omdat hy vir God veg, kan hy ook die ondersteuning van die kant van God verwag, omdat dit God se wil is dat die waarheid in die wêreld versprei moet word. Want waar onwaarheid is, is duisternis en duisternis is onwetendheid en die duisternis moet deur die lig verdring word, want die suiwer waarheid moet versprei word.

Alles wat deur die teenstander onder die mense as dwaling rondgestrooi word, moet vir die suiwere waarheid wyk en die waarheid moet na God lei, Wie Self die Waarheid is. En elke mens wat God dien, moet hom ook beywer vir die waarheid, hy moet ophelderend werksaam wees, hy moet die dwaling blootlê en die mense onderrig waar die suiwere waarheid alleen te soek en te vinde is, want slegs deur die waarheid kan die mens tot insig kom, slegs deur die waarheid kom hy tot `n ware geloof en slegs deur die waarheid kan die siel haarself positief ontwikkel.

Maar waar die leuen die denke van die mens beheer, word die mens self op `n dwaalspoor gebring, want nooit wys die leuen na God nie, inteendeel verwyder sy die mens steeds meer van Hom tot Wie hy moet terugkeer. En dus verhinder die dwaling die mens om sy bestemming te sien, hy kan nooit die doel bereik wat op aarde aan hom gestel is nie, want nooit sal hy dit nastreef wat die doel en sin is van die aardse lewe nie, omdat die kennis daarvoor hom ontbreek.

Waar die leuen is, daar het die teenstander die oorhand en die siel verkeer in gevaar. En daarom lei God Sy stryders op, sodat hulle teen die leuen te velde kan trek, sodat hulle vir die waarheid kan opkom en sonder verskoning die dwaling brandmerk as `n produk van die teenstander.

Want slegs so kan die waarheid versprei, deurdat die leuen verdring word deur die waarheid. Wie egter in die waarheid vasstaan, sal nie bevrees wees om teen die leuen op te tree nie, want dit is sy taak om ook die medemens uit die duisternis van die gees in die helder lig in te lei. En om in die lig te wees, beteken om die suiwere waarheid te ken, omdat slegs die waarheid die mense na God toe kan voer. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205