BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 49

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die werksaamhede van natuurkragte in die Heer se Wil - Katastrofe

661 Vir die lewensweg van die mens geld die wette wat God aan die begin van die wêreld as noodsaaklik gegee het, steeds vir die geestelike ontwikkeling van die wesens daarop. Dikwels is daar kragte aan die werk daarteen, maar hieroor is `n onsigbare mag geplaas, hulle sal altyd die uitwerking van hulle optrede wat in stryd is met die wette van God, as nadelig vir hulself voel, of hulle sal hulself wend na die Heer se wil, of hul sal volhard in boosheid, en sal dan steeds die Mag van die Heer sterker voel. So ook is die werksaamheid van die natuurkragte altyd en ewig onderworpe aan die Wil van die Heer, want sou dit aan die vyandige mag prysgegee word, dan sou alles spoedig net `n werk van vernietiging wees, omdat die vyandige kragte altyd net vernietigend werksaam is; die Heer se Wysheid en Wil geld egter vir die instandhouding van alles wat geskape is.

Waar die natuurkragte tog `n vernielende uitwerking het, is die Wil van die Heer ook altyd werksaam, maar nooit is die verwoesting `n toelaat van bose kragte nie, omdat daar `n wyse rede is wat die Heer so laat ingryp, wat egter altyd net `n sekere begunstiging van geestelike wesens is, of as die ontwikkeling van menslike wesens dien. Ook het die verwoestings hul goeie en veelvoudige sin. Natuurgeeste word vrygelaat uit die vorm wat hulle onuitspreeklik lank gekluister het, ander natuurgeeste mag in `n groot mate aan die werk kom en daardeur hul bestemming nakom, omdat slapende geeste uit hulle rus wakker geskud word, wat vir hulle skadelik was. Dat sulke verwoestings vir die mensdom dikwels `n uitwerking vol leed het, is ook `n toelating van God, `n wyse om sy teenwoordigheid aan te dui vir die heeltemal ongelowiges en om `n toetssteen te wees vir die gelowiges wie se krag en geloof as gevolg daarvan moet sterker word; want slegs sulke buitengewone verskynsels, wat almal sulke natuurkatastrofes is, is in staat, om die mensdom in `n toestand van nadenke te bring. Wanneer alle kragte van die mensdom nie toereikend is om dit te stop nie en arm en ryk, hoog en laag, om te ewe aan sulke deur God gewilde katastrofes blootgestel is, bly die vraag tog by die een of ander opkom, naamlik waarom so `n strafgerig die mense getref het en in hoeverre `n goddelike Mag erken kan word. En sulke vrae kan tot `n totale verandering van denke lei en die mense op die weg van insig bring.

By alle natuurkatastrofes gaan kleiner gebeurtenisse dit vooraf, wat die mens se denke vergemaklik, elke voorafgaande gebeurtenis is m.a.w. `n voorbereiding om dit te beleef wat daarop gaan volg. As `n mens nou eenmaal duidelik insien dat geen wêreldse mag in staat is om die kleinste verandering te weeg te bring by sulke basiese uitwerkings van die natuur nie, maar dat almal wat hulle in die gebied van die katastrofe bevind, hieraan oorgelewer is, dan behoort die mens sy gedagtes na bo te rig en moet poog om geestelike opheldering te verkry, maar die mensdom het al so ver gegaan in hulle denke, hulle gebruik hoogstens vir so `n duidelik werksaamheid van die ewige Godheid, die woord "werking van natuurkragte" en poog daarmee om met alles weg te doen wat hul geestelike ingesteldheid nie goed geval nie. Hulle beskou hulself alwetend en wat vir hulle onbegryplik is, is maar net `n uiting van die natuur, in die seldsaamste gevalle egter as `n sigbare ingryping van `n goddelike Geestelike. Die verklaring van alle natuurverskynsels wat hulle die beste pas is: Wat homself verder ontwikkel onder die invloed van die sonstrale, wat weer `n nog onondersoekte kragbron in die heelal is en al die lewe op aarde tot stand gebring het, maar gevolglik ook dat die mens niks anders is as lewende wesens wat deur sulke natuurkragte gewek is nie en wat hulle begin en einde op hierdie aarde het.

Dat in die hele heelal daar `n Geestelike is wat aan die hoof staan van alles, Wie volgens `n wyse plan, deur Sy Wil en Sy Almag, elk van die skepsels, van die kleinste kreatuur af tot by die kroon van die skepping, die mens, alles op hierdie aarde geplaas het met `n bepaalde doel, verstaan sulke (deur hulle eie skuld) onwetende mense nie. Hulle erken nie so `n Geestelike nie en daarom sien hulle ook nooit hoe die Wil van God Hom uiter in die werking van die natuurelemente nie. Hulle wat ver weg woon en nie daardeur getref word nie, skenk glad geen besondere aandag aan sulke katastrofes nie, hulle voer altyd net soortgelyke gevalle aan en daarmee is sulke gebeure vinnig afgehandel. En die Heer moet na steeds duideliker middele gryp. Hy moet sulke katastrofes steeds vinniger op mekaar laat volg en die mense nog skade berokken, as hierdie verskynsels `n indruk moet maak.

Dit is betreurenswaardig hoe min die leed van sy medemens `n werklik gevoel van medelye opwek en hoe `n aanduiding van bo uit gewoonte aangeneem word. En so sal die tekens steeds `n meer geweldige omvang moet aanneem, as dit die mensdom uit hul rus moet wakker skud. Eers wanneer hul eie lewens in gevaar is, heg hulle meer betekenis aan so `n saak en daarom sal nog baie leed en angs die lot van die mensdom moet wees en daar sal dinge aan die lig moet kom waaraan die mense ag sal moet gee en wat nie weerstaan kan word nie. Maar selfs heel buitengewone natuurverskynsels sal met die grootste vanselfsprekendheid verklaar en aangeneem word, want die "wyse manne van die wêreld" is onmiddellik bereid om `n heel natuurlike verklaring te gee vir alles wat vir die mens onbegryplik is, maar nooit sal so `n verduideliking betrekking hê op die werksaamhede van die Heer en Sy Wil nie. Hulle verbeel hulle hulle is daarbo verhewe en het daarom `n totaal verkeerde mening, wat ook vir die mense wat deur hulle onderrig word, nie van nut kan wees nie. So sal menigeen nog sy opvatting verander en daarom ook nog baie offers moet bring, totdat hy die volle insig kry; en om dit te bespoedig, gryp God nou meer dikwels as ooit in en skud en skok die wêreld, sodat almal wat daarop lewe, sal oplet en ag slaan op die goddelike Stem wat aan hulle die Wil van God wil bekendmaak, van sy Almag en Wysheid, en wie in hierdie sin elke natuurverskynsel en die onstuimige raas van die elemente beskou, sal al so-iets as die Stem van God herken en sy bes doen om altyd die korrekte voor God te doen. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205