BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 425

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Vertroosting - God se Woord is ’n bewys van sy liefde

3295 As jy die lewe van jou siel ernstig opneem, sal elke dag en elke uur vir jou seënryk wees, want Ek beloon jou volgens jou wil. En as jy glo om in gevaar te wees, geestelik of aards, moet jy steeds daaraan dink dat Ek Self naby jou is, omdat jy alreeds deur jou wil jouself as myne getoon het, omdat jy dus tot diegene behoort wat van My wil wees, wat daarna verlang om onder My vaderlike beskerming te staan. En hierdie kinders laat Ek nie in hulle nood nie. Inteendeel, Ek red hulle, wanneer dit vir hulle siele bevorderlik sal wees.

Ek het `n geweldig groot liefde vir jou, daar hoort egter `n sekere mate van leed daarby, wat aan jou siel opgelê moet word om volwasse te kan word. En daarom kan die nood nie heeltemal uitgeskakel word in jou lewe nie. Jy sal `n mate daarvan op jouself moet neem, omdat dit nodig is vir die loutering van jou siel. En daarom moet jy leed nie as `n gebrek aan liefde beskou en glo dat Ek jou verlaat het nie. Inteendeel, Ek is in nood nader as ooit aan jou en Ek versterk ook jou siel, sodat sy die moeilike tye sal kan oorwin.

En daarom word jy steeds weer daaruit gelei, sodra jy jouself oorgegee het aan My wil en alles sal dra wat Ek tot heil van jou siel toelaat. Die liefde vir My bepaal jou lot. En hierdie liefde sal jou ook nie hulpeloos laat as jy hulp nodig het nie. Vertrou daarom steeds op My Liefde en laat jou nie terneerdruk deur die nood en die lyding van die tyd nie, want Ek sal dit op die regte oomblik beëindig. My Woord is die mees waardevolle ding wat jy op aarde besit. En hierdie Woord moet alles vir jou wees, want die Woord is Ek self. As jy My het, moet jy na niks anders meer strewe nie, omdat jy andersins die liefde vir My dan deel met dit waarna jy verlang. Maar as Ek in die Woord by jou is, staan die hoogste mate van genade jou ter beskikking. En dus moet jou hunkering na die goedere van die wêreld gestil word. Want wat is dit in vergelyking met My Woord, met die bewys van My innigste liefde vir jou, met die gawe van krag en genade?

Jy het die hoogste as jy My Woord het. En jy moet buiten dit niks meer begeer nie. Want met My Woord kom ook die beloftes na jou toe, naamlik dat Ek vir jou liggaamlike en geestelike welsyn sal sorg. En omdat My Woord waarheid is, moet jy jou nie bekommerd maak oor dit wat jou liggaam nodig het nie, maar slegs oor dit wat dienstig is vir jou siel.

En wees tevrede met My Woord, wat waarlik die kosbaarste is wat My Liefde jou op aarde kan bied. As jy My Woord het, dan sal dit jou ook nie aan krag ontbreek om jou aardse lewe baas te raak nie, want dan het jy immers My Self en daarom sal jy tog kragtig moet wees en sal die stryd om te bestaan met sukses deurstaan.

Laat jou deur niks die geloof en die vertroue ontneem dat My Woord die enigste kragbron is waaruit jy daagliks en elke uur sal kan skep en wat jou nooit swak sal laat nie. Want as jy my Woord in jou opneem, dan neem jy My self op. En waar Ek is, daar kan geen geestelike en geen aardse nood meer wees nie, alhoewel jy jouself ook oënskynlik in laasgenoemde bevind.

Laat My by jou wees in die Woord en jou lewe sal slegs `n voortdurende positiewe ontwikkeling wees. Die aardse nood sal geen indruk meer op jou maak nie, want jy ag die liggaam geringer as jou siel wat met My verbonde is. Jy het `n sekere bewys van My Liefde vir jou in die hand en My Liefde is waarlik die kosbaarste wat jy kan kry. Sy gryp jou vas en verlaat jou nimmermeer, totdat jy heeltemal met My verenig is en die aarde kan verlaat.

Dit sal nie meer lank wees nie, of die lewe op aarde sal beëindig word. Maar die tyd daarvoor sal `n tyd van stryd wees wat jy sal moet deurstaan. As Ek egter in die Woord by jou sal wees, sal dit jou nie bevrees maak nie. Inteendeel, slegs bemoedig, want Ek het jou my hulp beloof en Ek sal jou nie verlaat nie. En al sal jy nog deur so baie dreigende gevare omring word, solank My Woord na jou toe kom, sal jy ook weet dat Ek Self by jou is en dat jy dit wat vir jou dreigend lyk, nie hoef te vrees nie.

Maar jy sal ook niks anders mag begeer nie, om nie in die mag te kom van hom wat jou probeer benader, deurdat hy die begeerte in jou laat opkom na aardse vreugdes en aardse besit nie. Skenk geen aandag aan alles wat nog tot die aarde hoort nie. En stuur met al jou sinne, met al jou liefde, slegs op My af. Omvorm jou tot liefde, sodat Ek heeltemal verblyf in jou kan neem. Luister na jou innerlike, sodat jy My kan hoor en neem My Woord aan as onderpand van My Liefde, wat ewig na jou uitgaan en jou ook deur alle gevare van liggaam en siel heen sal lei. Want My Woord is waarheid en My Woord belowe die ewige lewe aan almal wat dit gelowig in hul harte opneem en daarvolgens lewe. Verkwik en laaf jou met dit wat My Liefde jou bied. En verlang niks anders as My Woord waaraan jy jouself kan optrek nie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205