BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 244

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Bid vir mense wat ver van God af staan

2172 Die mees verste verwyder van God is die mense wat dink dat hulle `n verhewe God (daar bo in die hemel) aanroep om hulp, wie nie glo aan `n Mag Wie hulpvaardig en almagtig is nie, wie nie in die gebed `n brug sien wat lei na die ewige Godheid nie, wie daarom ook geen verbinding aanknoop nie en daarom heeltemal alleen staan wanneer hulle met `n swaar lot gekonfronteer word, waarby aardse hulp niks meer kan vermag nie. Want as die mens nie in hierdie nood die weg na God kan vind nie, is dit `n bewys dat hy nog in `n erge weerstand volhard teen God, dat die lewe op aarde hom nog geen hoër ontwikkeling opgelewer het nie, dat hy derhalwe in `n baie gebrekkige toestand sal wees wanneer hy sy aardse lewe moet opgee. Hy het nog niks bewustelik aan homself gedoen om op `n hoër vlak te kom nie en daarvoor kort hy ook die krag, omdat hy dit nie in gebed gevra het nie.

En tog sal die mens ook die seën van gebed bespeur, want hulle sal `n merkbare meelewing van hulle wese ervaar, sodra `n medemens vir hulle bid. Hierdie voorbede vermag baie en die grootste deel van die mensdom sou gered gewees het, as die een vir die ander by God om liefde en barmhartigheid sou gevra het. Die afwysende wil sou dan nie meer so groot gewees het nie, want God verhoor die gebed waaruit onselfsugtige naasteliefde blyk, wanneer daar vir die medemens vir die gawe van insig gebid word.

God se oneindige Liefde is dadelik bereid om so `n gebed te verhoor, omdat dit getuig van liefde tot die medemens. Die verwydering van God is egter net deur liefde te verklein en as die wese self faal, dan kan hy nog op aarde deur voorspraak gehelp word en op die regte weg gewys word. Hoe verder die mens van die ewige Godheid verwyder is, des te onvoorstelbaarder is die gedagte aan hulp ook vir hom. En daarom wend hy homself ook nie in gebed tot God nie. Omdat daar egter slegs `n verandering in die denke deur innige gebed bereik kan word, moet die mens geen moontlikheid versuim om vir sy medemens, wat nog swak is in die geloof, innig te bid nie. Die krag van die gebed is enorm en deur die gelowige gebed bereik die mens alles en in die besonder het dit sy uitwerking op die geestestoestand, d.w.s., die mens sal sy weerstand teen die gees opgee, hy sal beweeg word om na te dink en dit wat hy tevore voortdurend afgewys het, nou goed oorweeg en sal dan tot `n ander gevolgtrekking kom as voorheen.

Die mens wat vir sy medemens om geestelike verligting bid, het `n buitengewone invloed op sy medemens en dit blyk dan dat hy nou gewillig aanhoor wat aan hom oorgebring word, ook wanneer sy ingesteldheid aanvanklik daarteen was, sodat hy nou grondig daaroor sal nadink en as dit later weer in sy bewussyn kom, dit graag en met vreugde sal aanneem. En daardeur word die afstand tot God verklein. Innige gebed lewer die grootste krag op en moet derhalwe sy uitwerking op die medemens hê, betreffende die gebed.

Daarom is die mense wat ver van God af staan, nie hopeloos verlore nie, want sodra daar iemand te vinde is wat hulle groot geestelike nood besef en hulle daaruit wil bevry, het hyself `n doeltreffende middel byderhand: Die innige voorspraak by God vir die mens wat voorheen koppig was, word uiters weldadig onderneem, terwyl hy homself nie vir hierdie liefde kan afsluit nie. En hy sal op die regte weg gelei word en tog nog tot insig kom, al is dit ook eers na `n lang tyd; hy is egter nie hopeloos aan die invloed van die vyand oorgelewer nie, veeleer sal die goeie wesens, wat om hom worstel, die oorwinning behaal en die mens help om bevry te word vanuit sy toestand van verwydering van God. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205