BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 350

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

God verlang geloof in voorspellings

2850 Laat alle bedenkinge vaar en glo sonder om te twyfel wat Ek aan julle deur My Woord aankondig. Dit is van die grootste belang dat julle, wat My Woord moet deurgee, self geheel en al oortuig sal wees van die waarheid. Want julle kan slegs daarvoor opkom, wanneer daar geen twyfel in julle is nie, wanneer julle self `n diep geloof in My en My Woord het. Wat Ek aan julle bekendmaak, is vir die hele mensdom bestem, want Ek wil nie afsonderlike mense waarsku en vermaan nie, maar deur `n mens wil Ek tot alle mense praat en hulle wys op die tyd van die nabye einde. Ek wil aan hulle bekendmaak wat Ek sedert ewigheid beplan het. Ek wil hulle tyd en geleentheid gee om voor te berei vir die einde en daarom stuur Ek My boodskappers aan hulle, wat moet aankondig wat Ek besluit het.

En dus moet Ek ook van die komende gebeurtenis melding maak. Ek moet aan die mense die verandering van hul lewensomstandighede voorspel en gee daarom enkele mense die vermoë om in die toekoms te kyk om die komende gebeurtenisse aan te kondig, omdat Ek wil hê dat die mense die nabye einde voor oë sal hou en nou ywerig aan hul siele begin werk, d.w.s. streef na hul voltooiing deur `n lewenswandel wat My welgevallig sal wees. En daarom gee Ek deur My Woord, deur die Stem van die Gees, `n beskrywing van wat gaan gebeur.

Ek kondig `n natuurkatastrofe aan, waarvan die omvang `n algehele verandering van die lewensomstandighede sal beteken en wat daarom `n onvoorstelbare uitwerking sal hê. En die wat Ek daarvan in kennis stel, moet dit deurgee. Hulle moet sonder skroom en sonder bedenkinge daaroor praat met almal. Hulle moet almal baie nadruklik inlig dat hierdie gebeurtenis enige dag kan plaasvind en dat die mens voor `n groot gebeurtenis staan. Hulle moet hulle geen lang tyd meer gee nie, maar die katastrofe as baie naby aankondig. Hulle moet daagliks en van uur tot uur bereidwillig wees, sodat hulle in staat kan wees om hul leeraarsamp te alle tye te aanvaar, wanneer die groot bewing van die aarde plaasgevind het. En hulle moet nie terugdeins vir bedreigings van welke aard ookal nie, want dit is My Wil dat die mensdom die boodskap moet kry.

Dit is My Wil dat mense hulself bereid sal verklaar om hul medemens daarop te wys en daarom onderrig Ek my dienaars ooreenkomstig die waarheid, sodat hulle hulleself vanuit `n diep geloof daarvoor beskikbaar kan stel. En daarom spreek Ek nie met hulle in beelde nie, maar Ek gee helder en verstaanbaar `n beskrywing van die gebeure, wat net so duidelik en verstaanbaar oorgedra kan word, sodat die mens, aan wie die taak opgedra is om My bekendmakinge aan die mense oor te dra, in die ware geloof sal vasstaan. Want dit is My Wil dat daar openlik daaroor gepraat sal word, sodat die mensdom in kennis gestel kan word van die komende, wat onafwendbaar is, omdat die geestelike nood van die mensdom dit vereis.

Die geloof in My Woord moet diep en onwrikbaar in jou wees, sodat Ek Self deur jou kan spreek. Want as jy gelowig is, sal jy net sê wat my Gees jou ingee. En dus kan Ek Self deur jou praat. Maar as jou geloof oppervlakkig is, sal jy maar net huiwerig praat. En dan sal dit ook sonder uitwerking bly by diegene wat jou hoor. Maar hulle moet deur jou gewaarsku word. Hulle moet daaroor nadink en hulself besin. Hulle moet die moontlikheid van `n natuurkatastrofe in oorweging neem, selfs wanneer hulle nie daarvan oortuig is nie, sodat hulle, wanneer die katastrofe begin, hulle hul gedagtes na My sal wend en My daarin herken.

Ek wil dat hê dat jy praat en die mense daarop wys. Ek wil hê dat jy alle bedenkinge of twyfel sal laat gaan. EK wil hê dat jy jouself aan My Woord hou en glo, want slegs `n diepgelowige mens kan met ware ywer opkom vir dit wat My Gees hom ingegee het. Maar die geloof moet verwerf word in gebed. Daar moet met vaste wil daarna gestreef word. Die mens moet sy hart heeltemal aan My toevertrou, sonder enige weerstand, sodat Ek in hom werksaam kan word.

Die mens moet My Liefde voel. Hy moet weet dat Ek nie die mense mislei nie, maar die waarheid vir hulle wil bring en dat Ek hulle wie na My verlang, sal beskerm teen dwaling. En Ek is slegs daarop bedag om die mensdom van die dwaling weg te trek en hulle die waarheid in plek daarvan te laat toekom.

Maar verkeerd is die denke van diegene wat glo dat hulle ongehinderd hul aardse lewe kan voortsit sonder geloof in My en sonder om te glo dat hulle hulleself later sal moet verantwoord teenoor My. Ek poog om hierdie dwaling reg te stel en daarom stuur Ek aanmanings vir die mensdom, wat hul opmerksaam sal maak, en wat `n bewys van My Krag en Sterkte is, maar wat ook My Liefde moet aankondig. Want slegs dit wat vooraf aan hulle bekend gemaak was, kan hulle dan daartoe bring om in My te glo.

En daarom moet daar van die komende dinge melding gemaak word. Steeds weer moet julle daaroor praat, naamlik dat Ek My deur `n natuurkatastrofe sal uiter, om te bewys dat Ek bestaan en die lot van alle mense bestuur, sodat hulle My sal herken, as hulle egter nie koppig en verstok is nie. My Liefde beweeg My daartoe om die mense daarop opmerksaam te maak. Maar voor dit moet Ek My van gewillige mense bedien, om die mense nie in hulle geloofsvryheid te beperk nie. Maar hulle sal namens My praat. Hulle sal My moet aanhoor en dan My Woord deurgee, want Ek bring die waarheid vir hulle, wat nou deur hulle aan hul medemens gebring moet word. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205