BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Geleerdes - Ryk en arm - Geld

191 In ooreenstemming met ons God en Verlosser gee ons jou vandag `n boodskap wat jou in staat sal stel om ook aan leerlinge te bevestig dat jou werk verordineer is deur God en welbehaaglik vir Hom is. So baie mense stry `n harde en moeilike stryd om te kan bestaan, terwyl goeie geluk in ander mense se skoot val, en hulle het min simpatie met die swaarkry en lyding van eersgenoemde. As jy glo dat hulle deur God verlaat is, dan moet jy van naderby kyk en jy sal sien dat waar die mens moet veg vir sy daaglikse bestaan, hy baie meer geneig is om die gebooie te onderhou, as waar mense `n makliker lot toegestaan is.

En so sal julle agterkom dat `n bekommerde mens ver meer geneig is om sy gedagtes sodanig te rig dat dit sal lei tot sy heil, maar dat `n persoon wat `n sorgvrye lewe het, van mening is dat regverdiging voor die Hemelse Vader ongerieflik is en sal die idee vinnig verwerp wanneer dit in hom opkom. As jy dit vergelyk met hoe gewillig Christus Sy lot deur Sy liefde vir die mensdom aanvaar het, omdat Hy daardeur die lyding van die aardse kinders se lewensloop wou verlig, dan wys dit hoe min God julle wou belas en hoe baie hy probeer om hierdie las te verminder, deur geduldig die lyding van die mensdom op Homself te neem.

Die omvang van Sy liefde was in staat om ander wesens se lyding te dra, en om Homself te offer vir ander, laat God Homself aan die kruis vasspyker. Gevolglik neem almal wat gedweë en geduldig hul lyding op aarde dra, deel in Christus se daad van verlossing, want die mens sal slegs volmaaktheid bereik deur lyding en duisende en duisende siele sal vir die ewige koninkryk gered word deur lyding. Die ander mense wat nie deur enigiets belas word nie, sal nie baie seëninge van hul lewe op aarde verkry nie, want hulle sal hulself sluit vir al die vermanings wat in hul hart geplaas word en sal ver agterbly by voorgenoemde.

As jy dus wonder waarom God so anders sorg vir Sy eie, waarom Hy een persoon volwasse laat word deur teenspoed en hartseer, maar die ander beskerm teen hartseer en probleme, dan sal God dit Self beantwoord: "Ek het elkeen `n pond gegee, sodat hy dit sal gebruik." Op dieselfde manier as wat die mens se verhouding tot God is, sal hy ontvang. "Is daar iemand onder julle aan wie se hart Ek nie geklop het nie? Is daar iemand onder julle wie Ek nie genader het om deur hom toegelaat te word nie?" Die arm man gee van die bietjie wat hy het, maar die ryk man slaan `n dowe oor vir die pleidooie van hulle wat hom om hulp vra. En so sal God toegelaat word deur die armes, maar verwerp word deur die ryke, wanneer Hy begeer om deur hom toegelaat te word. Daarom kies God die wat getroue diens aan Hom gee en bly ver weg van diegene wat hardnekkig geweier het om Sy roepstem te hoor. Maar binnekort sal julle ervaar hoe die Vader Sy eie beskerm en hulle van Sy liefde inlig. Dan sal julle ook ontwaak, julle wat vir so lank gehuiwer het om God in julle harte toe te laat. Want die tyd wat julle op hierdie aarde verleen is, is kort.

Maar nou werk verskillende kragte in op die menslike hart, die goeie stry teen die bose, en baie dikwels het die kwaad inderdaad groot mag oor die mens. `n Persoon is baie meer geneig om dit te aanvaar wat hom sal distansieer van God, as sy omstandighede in die lewe hom nie dwing om God in opregte gebed om hulp te vra nie. So sal die krag waarmee die mens in staat sou wees om die versoekings van die bose te weerstaan, geleidelik verminder en die versoeker se krag en invloed sal steeds meer word. Gebed word dikwels vergeet deur `n persoon wie se lewe min stryd vereis om te bestaan. Met verloop van tyd sal hierdie arme siele hulle harte heeltemal verhard vir die voordelige invloed van die geestelike wesens wat aan hulle opgedra is vir hulle beskerming.

Dit is waarom ons julle baie dringend aanraai om afstand te doen van die wêreld en sy aardse plesiere, want slegs dit sal die krag verhoog om te werk vir die redding van die siel. Alle mense wat geseën is deur aardse besittings het die drang om hulself te geniet, wat `n groot gevaar is, want hoe meer hulle hul bedoelings en pogings op die wêreld fokus, hoe meer sal hulle hulself distansieer van die geesteryk, en as hulle bewus gemaak word van die feit dat die ware doel van die lewe eintlik `n ander een is, dan probeer hulle twee maal so hard om sulke gedagtes te verdryf wat hulle op die regte weg wil lei. Met aardse plesier leef hulle hul lewe asof hulle vir ewig sal lewe. En tog sal elke persoon genoeg aanduidings ontvang en hulle sal kan sien, deur die lot van die skielike afsterwe van hul medemens, hoe noodsaaklik dit is om hulself vertroud te maak met die gedagte van `n hiernamaals. Die uur sal vir almal kom, vroeg vir party, laat vir ander, en om `n lang lewe te geleef het sonder om die betekenis daarvan te begryp, sal onbeskryflik pynlik wees.

Dit is die rede waarom die werk om hierdie siele te wen twee keer so hard is, maar ook prysenswaardig. Om so `n siel weg te trek van die teenstander, vereis baie liefde en geduld en lojale uithouvermoë. Enigiemand met die geleentheid om sulke harte te beïnvloed, moet nie nalaat om dit te doen nie, alhoewel hulle oneindig meer hulp op aarde nodig het, omdat hierdie arme siele wie se gedagtes meer verflou is, maklik wegdraai van geestelike sake. Die ontvangs van hierdie inligting veroorsaak vir jou probleme, ons sal jou meer gee wanneer die tyd reg is. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205