BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 58

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Mikrokosmos (die gees se vordering deur verskillende vorms noodsaaklik)

716 Jou Vriende van die anderkant wend Hulle liefdevol na jou toe om jou begeerte te vervul; ontvang dus:

Die wêreld op sigself het maar net een doel, naamlik om die baie lewende wesens, wat draers is van geestelike substansie, tot `n hoër ontwikkeling te bring. Dit kan slegs in `n sodanige omgewing plaasvind waar weerstande van allerlei aard aanwesig is. En hierdie weerstande het die wêreld voldoende tot beskikking, hetsy op hierdie aarde, of op die baie ander hemelliggame. Oral stamp die lewende wesens teen onverwagte probleme en om dit te oorwin, moet alle krag aangewend word.

Hoe dit ookal sy, in elke lewende wese is sulke krag voorhande, deur die kragtoevoer wat elke lewende wese verkry om ten minste te kan bestaan. Maar die verdere ontwikkeling hang nou af van in hoeverre die lewende wese die innerlike krag gaan gebruik, d.w.s., hoe vinniger die opdrag vervul word wat aan die wese opgelê is, hoe vinniger word die geestelike substansie van sy omhullende vorm bevry en kan die volgende stadium van ontwikkeling begin.

Nou is die vraag natuurlik te wagte, naamlik in watter vorm is dit die vinnigste ontwikkeling vir die lewende wese moontlik? Maar hierdie vraag kan slegs hiermee beantwoord word, dat die deurloop van elke vorm onvermydelik is, dat slegs dan `n grens gestel is, wanneer die aaneensluiting van tallose sielspartikeltjies weer `n heeltemal oplewer; wanneer alle siele substansies dus aanwesig is om die laaste beliggaming, die vorm van die mens, te besiel.

Die diepste emosie en die teerste gevoelens in die mens het sy oorsaak in die allerfynste instelling van die siel, wat daarom saamgestel is uit die allerfynste sielspartikeltjies wat vir die opbou van die heeltemal van belang is. Want hulle waarborg die nou gevormde siel, die allerfynste gevoelens en waarnemingsvermoë vir die kleinste skeppingswondere van die goddelike liefde.

Waar hierdie fynste bestanddele nie aanwesig sou wees nie, daar sou die begrip die mens volledig ontbreek het vir die reeds aanwesige en nog te ontstane wonderwerke. Hy sou eenvoudig nie dit kon sien wat nie reeds lewend in hom is nie. Hy moet dus ook alles wat in die skepping aanwesig is, tot in die nietigste bestanddele in homself hê, d.w.s., elke substansie moet in sy siel aanwesig wees, andersins sou hy dit nie buite homself kon waarneem nie.

En hierdie onderrig laat weereens die vraag opkom; maar wat is die aard van die bestanddele van hierdie klein lewende wesens? Dit is egter maklik uit te lê, deurdat hulle weer al die substansies van nog kleinere wesentjies in hulself dra, waar hulle dienooreenkomstig instinkmatig slegs dit bespeur wat in die ontwikkeling (geestelike evolusie) reeds verder gevorder het en dit wat as substansie in hierdie “klein” lewende wesens aanwesig is, weer oorheers.

En die kennis van so `n belangrike skeppingsleer is vir die mens van groot voordeel, want hy leer daardeur eerstens die wese van die mens in sy veelvormigheid ken. Hy kan deur hierdie feit al insien dat die mens die “kroon” van die goddelike skepping is, dat hy innerlik, d.w.s., “sy siel” so buitengewoon fyn saamgestel is, dat so `n “kunswerk” onmoontlik slegs vir die duur van `n aardse lewe deur `n wyse Skepper geskape kon gewees het, want alles wat hy in die natuur beskou, hetsy in die minerale-, plante- of diereryk, is in atome in homself aanwesig.

Die mens het dus die algehele skeppingswerk in die allerfynste verkleining in homself. Hy moet dus in homself ook die weerstande oorwin wat van buite af deur die wêreld op hom neerkom; wat so opgeneem moet word, naamlik dat tallose gevare van buite die mens tot groter weerstandskrag sal aanspoor, dat die geestelike atmosfeer egter netso deur voortdurende weerstande van die onafgebroke in stryd verkerende afsonderlike siele substansies in beweging gehou word; want slegs so kan die siel haarself versterk en vir hoër doeleindes toeganklik gemaak word. Soos wat ook elke lewende wese, ook die kleinste, `n bepaalde werksaamheid het om te verrig, so geld dit ook vir die mens as draer van al hierdie bestanddele. En hierdie opdrag bestaan uit die vergeesteliking van die siele substansies wat nog `n groot weerstand het tot die eintlike doel, wat veel liewer dieselfde wil doen as wat hulle voorheen in `n vroeëre vorm gedoen het.

Juis daarom moet die mens teen soveel swakhede, gebreke en ondeugde stry, omdat die neigings van die substansies wat in die siel gekluister is, steeds weer tot deurbraak wil kom en die vlees, “die aardse omhulsel”, tot toegewing wil verlei, waarteen daar in die aardse lewe uiterste weerstand gebied moet word.

Slegs so is te begryp watter buitengewone verantwoording die mens in die aardse lewe dra, hoe daar blywend geworstel moet word om ten slotte vergeestelik as oorwinnaar oor alle gevare te kan triomfeer en elke verleiding te kan weerstaan. Want hoe dikwels is “die gees gewillig, maar die vlees te swak”. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205